Deur die oë van ’n man*

R190.00

Description

“Deur die oë van ’n man is ’n bundel jagverhale waarin die skrywer se liefde vir jag en die natuur duidelik na vore kom. Uit die rykdom van sy pen trek hy die gordyn voor die herinneringe van gister en eergister se skootklapsensasie weg en gee die leser ’n kykie in sy pa se dagboek. Jy stap saam met hom op die voetpad na sy seun se hart en kom só onder die indruk van ’n veldkind se voorregte. Die verlange na die jagveld, die Afrika‑bos en sy hartsgeweer is geen gelukskoot nie, maar ’n leefwyse sedert sy kinderdae. Dit getuig van ’n ingesteldheid om met ander oë na die koedoebul in die digte bos, die springbok in die geel wintergras en die wêreld rondom hom te kyk.

Hierdie publikasie is met soveel finesse en styl geskryf dat dit onmoontlik is om dit neer te sit. Die skrywer se liefde vir Afrikaans word met dieselfde toewyding en vaardigheid aangewend as sy liefde vir en vaardigheid in die jagveld. Juis dít maak hierdie publikasie ’n belewenis wat nog lank by baie die herinneringe en die drome van die jagter en die opwinding van die jag, lewend sal hou.”

– Naas Bredenkamp

* Let wel: Hierdie publikasie word op 12 Augustus 2022 vrygestel. Alle bestellings voor hierdie datum, sal vanaf 15 Augustus 2022 verwerk word.

SKU DEU01 Category