Vanaf Moses en die profete (Graad 7)

VBO
R135

Die groot verhaal van God se verbondsdrama gemik op graad 7’s. ‘n Behandeling van die hoogtepunte van die heilsgeskiedenis in een jaar.

In stock

Vanaf Moses en di...

Loading...

SKU: VBOG07
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)
  • Amazon E-boek

Beskrywing

Die Bybel is die groot verhaal van God se voortgaande verbondsdrama waarvan elke kleiner verhaal deel uitmaak. Hierdie leerboek vir verbondsonderrig het ten doel om die graad 7-verbondskind juis hierdie waarheid te laat besef. Die volle heilsgeskiedenis word deur die jaar behandel en in ‘n siklus van drie jaar word telkens by ‘n ander deel van dieselfde tydvak stilgestaan. So dien dit om geestelike verdieping by die verbondskind aan te help volgens die kind se groei. Uiteindelik kyk die kind nie net na “foto’s” uit die geskiedenis nie, maar sien die hele “film” van God se plan van verlossing. Hierdie leerboek beklemtoon veral die krag van die eenvoudige, mondelinge oorvertelling van Bybelverhale – om die verbondskind weer te laat hoor en leer deur die verhaal self. Daar gebeur iets heiligs wanneer ‘n kind hoor hoe God deur die eeue met sy volk gehandel het. Die formaat van die lesplan is ook so opgestel dat dit die verbondskind se aandag vasvang sodat die verstandskennis wat uit die Bybelverhale verkry word, tot hartskennis verdiep.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan

Amazon E-boek

Amazon skakel: https://www.amazon.com/dp/B0G4497S6X