 |
|
|
Ons leef in ’n wêreld waarin mense nie baie daarvan hou as dinge vir hulle te moeilik of te filosofies is nie. Mense wil nie graag uitgedaag word om dieper na te dink oor die betekenis van dinge nie. Ons soek baiekeer maar net die oppervlakkige en voor die hand liggende betekenis, want dit maak dit vir ons makliker en eenvoudiger – veral in die “kitswêreld” waarin ons leef.
Tog leer die Bybel ons anders. In Psalm 119:148, byvoorbeeld, lees ons dat die digter skryf dat sy oë “die nagwake” voor is om die Woord van die Here te oordink. Dit beteken dat hy reeds voor sonop wakker is om met God en sy Woord besig te wees en dit te bepeins. Tydens die Here Jesus se geboorte, nadat die herders aan Hom hulde bewys het, lees ons in Lukas 2:19 dat Maria al hierdie dinge gesien het, in haar hart bewaar het en oor die betekenis daarvan nagedink het.
Daar is baie meer aan die evangelie as maar net die voor die hand liggende. Kersfees is veronderstel om ons dieper te laat nadink, want ons is so maklik besig net met die clichés. Kersfees gaan oor baie meer as net die romantiese idee van ’n Kindjie wat in ’n stal gebore is en in ’n krippie lê. Dit gaan uiteindelik oor ’n Verlosser wat die wêreld betree het.
Dit is daarom Lig in Duisternis Uitgewers se gebed dat ons in hierdie Feestyd vir mekaar dit sal bid wat Paulus vir die gemeente in Éfese gebid het: ... [dat] julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref ... (Efés. 3:18-19). |
|
 |
DIT HET GEBEUR |
|
Lig in Duisternis Uitgewers is trots om deel te wees van Solidariteit Helpende Hand se nasionale Skooltassie-projek van 2022. Solidariteit Helpende Hand plaas sedert 2007 ’n skooltassie met die nodige skryfbehoeftes in, in behoeftige graadeentjies se hande. So verseker die organisasie ʼn gelyke wegspringkans vir al ons kinders.
Lig in Duisternis het vanjaar hiertoe bygedra deur ook duursame inhoud beskikbaar te stel. Ons het’n wonderlike leesboekie, Die Wit Rokkie, vir elke tassie wat gepak word, beskikbaar gestel. Hierdie boekie, geskryf deur Annamarie du Toit, slaag baie goed daarin om die evangelieboodskap op ’n subtiele wyse aan kinders bekend te stel. Gaan lees gerus hier hoe jy ook betrokke kan raak.

Ds. Schalk Strauss (links) Publikasiehoof van LiDU en mnr. Hannes Noëth, hoof van Solidariteit Helpende Hand. |
|
|
|
ONS LIG LUISTERSTORIES
BRING VREUGDE VIR OUD EN JONK
|

Lig in Duisternis Uitgewers het in November, in samewerking met Ons Tuis Aftree-groep, ’n innoverende luisterstorie-projek geloods.
Die interaktiewe boekrak met vier voorlesings — opgeneem deur verskeie inwoners van ouer as 80-jaar— word op ’n gebruikersvriendelike, interaktiewe manier, tesame met grafika, as ’n kort video voorgestel en kan gratis hier afgelaai word.
Die vier titels: Die Wit Rokkie, Bekkie begeer alweer, Honkidôrie Hus en Millie se ontdekking, is ook in harde kopie by Lig in Duisternis se aanlyn boekwinkel beskikbaar en sal die perfekte geskenk vir kinders wees om lekker saam te lees.
Vir meer inligting oor die boekies en voorlesers gaan klik gerus hier.
|
|
|
BOODSKAP VAN LiDU |
|
Lig in Duisternis se kantore sluit tot 5 Januarie 2022 vir die Feestyd. Enige bestellings wat vanaf 13 Desember 2021 tot 5 Januarie 2022 gedoen word, sal ongelukkig eers na 5 Januarie 2022 uitgevoer word. Dankie vir u begrip.
|
|
|
 |
|
|