Plaas media@liginduisternis.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

03 - 2024

Wanneer ons oor die betekenis van Paasfees en Christus se kruisdood nadink, kom ons gewoonlik tot die gevolgtrekking dat die Here Jesus vir ons sondes gesterf het. Ons dink oor die Paasfeesgebeure as iets wat Christus vir ons gedoen het, waarvan ons die voordeel kan geniet, maar wat nie noodwendig enige betrokkenheid van ons vereis nie. 

In Romeine 6 herinner die apostel Paulus ons egter dat ons nie Christus se kruisdood bloot van 'n afstand af kan beskou nie. Hy skryf dat ons, omdat ons deur die geloof aan Jesus Christus verbind is, saam met Hom begrawe is (vgl. v. 4). Sy dood is dus iets wat ons betrek, want jy kan nie sê dat Hy vir jou gesterf het, as jy nie ook saam met Hom gesterf het nie. Net soos Christus se menslike liggaam gesterf en Hy met 'n verheerlikte liggaam opgestaan het, net so moet ons ou mens met sy sondige geaardheid en geneigdheid saam met Christus aan die kruis vasgespyker word.

Die vraag wat ons onsself tydens Paasfees moet vra, is nie net of ons seker is dat Christus vir ons sondes gesterf het nie, maar of ons saam met Hom die dood ingegaan het.

Is ek bereid om my ou lewe, my lewe van sonde en opstand en vyandskap teen God, volledig op die altaar te plaas sodat dit saam met Hom kan sterf en ek as 'n nuwe mens kan opstaan?

Dagboek vir April

  • 22 - Uitstalling, Dinky Dots
  • 22 - Uitstalling, CVO Pretoria
  • 27 - Uitstalling, AP Kerk Wonderboom 

Boekfokus

Ter viering van Lig in Duisternis Uitgewers se nuutste publikasie, Die avonture van ApPelKie die muis: Exodus tot Deuteronómium (Boek 2), hou ons 'n opwindende kompetisie wat jou die geleentheid bied om Die Avonture van ApPelKie die muis: Génesis (boek 1) én die splinternuwe boek 2 van hierdie kleurvolle en Bybelgetroue kinderboekies te wen. 

Appelkie die muis is 'n baie nuuskierige klein muisie wat soms dapper, soms bang en soms selfs 'n bietjie stout kan wees. Appelkie is baie lief vir die Here en volg die verhaal van God dwarsdeur die Bybel. Hy word egter nie duisende jare oud nie, maar in die opeenvolgende muisgeslagte is daar telkens 'n Appelkie wat saam met die Bybelkarakters die handelinge van die Here beleef en daaruit leer wie God is, wat Hy doen en wat Hy van almal verwag.

Appelkie die muis sal vir 30 dae êrens op Lig in Duisternis Uitgewers se webblad wegkruip. Hy skuil dalk op die tuisblad, agter 'n boek in die kinderafdeling, of in die hoekie van die Kontak Ons-blad. Klik dadelik op Appelkie as jy hom op die webblad raaksien, vul jou e-posadres in en word outomaties ingeskryf vir die kompetisie om boek 1 én 2 van Die avonture van ApPelKie die muis, te wen.

Die vyf gelukkige persone wat gedurende die verloop van 30 dae die meeste keer op Appelkie die muis geklik het, sal op 30 April as wenners van Lig in Duisternis Uitgewers se kompetisie, “Waar’s Appelkie die muis?” op ons Facebook-blad bekendgemaak word. 

Boek 1 en 2 is nou in Lig in Duisternis Uitgewers se boekwinkel in Makoustraat 516, Monument Park, Pretoria, beskikbaar. 

Die avonture van ApPelKie die muis (Boek 1 en 2), kan ook op Lig in Duisternis Uitgewers se webwerf gekoop word. Dit is ook as e-boek op Amazon beskikbaar.

 

E-boeke

Het jy geweet dat ’n hele paar van Lig in Duisternis Uitgewers se boeke ook as e-boeke beskikbaar is?

Om hierdie boeke op Kindle te kry, doen die volgende:

  1. Installeer die Kindle-toep op jou rekenaar, selfoon of tablet
  2. Besoek Amazon se webblad en tik “Lig in Duisternis Uitgewers” (tussen aanhalingstekens) in die soekfunksie vir 'n lys van ons e-boeke.
  3. Of besoek ons webwerf en loer onder die afdeling “Kindle e-boeke” om joune aan te skaf.

Taalwenk van die Maand

Oorweeg só 'n geskenk

 

 

Jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys per e-pos vir iemand stuur! Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.