Plaas media@liginduisternis.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

07 - 2024

Vir die vroue
 
Spreuke 31 beskryf ’n vrou wat nie net haar gesin se steun en sterkte is nie, maar ook ’n lig en voorbeeld vir haar gemeenskap. Sy is bekwaam, deernisvol en onselfsugtig.

Ek wil jou uitdaag om selfondersoek te doen en jouself af te vra hoeveel van die eienskappe van die waardige Spreuke 31-vrou jy het. In vandag se uitdagende wêreld, waar die vrou ‘n voorbeeld vir haar gesin en diegene om haar moet wees, is die “waardige vrou” so nodig.

Hoe kan jy die eienskappe van moed, deernis en wysheid méér in jou eie lewe beliggaam? Hoe kan jy, deur jou dade en keuses, ’n positiewe impak op jou gesin en gemeenskap maak?

Vrouemaand is die ideale tyd om te reflekteer oor jou eie reis en groei. Verken hierdie maand die ideale van die "waardige vrou", en vier jou vrouwees deur die unieke rol wat God daarvoor geskep het, vol te staan.

Gebeure

Lig in Duisternis Uitgewers het op 23 Julie by Solidariteit Helpende Hand se Helpende Kerke Kongres gekuier.

Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers en redakteur van Die Boodskapper, die AP Kerk se kerkblad, het op 10 Julie met Sarina Bosman van Pretoria FM oor die nuutste uitgawe van Die Boodskapper gesels.

Luister hier na die onderhoud:  https://fb.watch/tDhNtirLuF/

Die opwindende nuutste uitgawe van JUIG!  bied lesers 'n rykdom van inspirerende en insiggewende artikels.
Lees gerus ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers, se artikel “Alle  gelowe is mos maar dieselfde?”

Klik hier om jou kopie (gedruk of digitaal) aan te skaf.

Dagboek vir Augustus

  • 9 | Vrouedag
  • 14 | Taaldag
  • 23-24 | St. Bartholomeusnag
  • 26 | Bybel in Afrikaans (1933)

Boekfokus

In Troue God, Lig in Duisternis Uitgewers se nuutste publikasie, wys Antonio Coppola hoe God se verbondsbelofte, dat Hy vir ons ’n God en ons vir Hom ’n volk sal wees, die ganse Skrif oorspan en in Jesus Christus in vervulling gaan.

“Hierdie boek sal jou help om beter te verstaan hoe God met sy kinders bemoeienis maak, jou geloof in Christus verryk en jou insig in die evangelie verdiep. Dit sal jou ook help om die groot oorkoepelende verhaal wat in die Skrif afspeel, te verstaan, wat jou sal dring om ons getroue God en Verlosser, Jesus Christus, wat altyd sy beloftes nakom, te aanbid,” aldus ds. Schalk Strauss.

Verskeie vooraanstaande internasionale teoloë beveel die boek aan, wat beskou word as ‘n uitstaande hulpbron wat die essensie van die Bybel se verbondsverhoudings met diepe insig verduidelik. Dit word ook beskryf as ‘n bondige en Christusgesentreerde verkenning wat die verlossingsgeskiedenis vanuit ‘n nuwe lig laat skyn. Daar word beklemtoon hoe die boek ‘n welkome bydrae tot die teologiese diskoers in Suid-Afrika is deurdat dit ‘n suiwer konfessioneel-gereformeerde perspektief bied. Antonio Coppola se werk word verder aangeprys vir die toeganklikheid en praktiese waarhede wat dit aanraak. Dit is ‘n noodsaaklike hulpbron vir diegene wat ‘n dieptebestudering van God se verbondsverhoudings wil onderneem.
Troue God is nou by Makoustraat 516, Monument Park in Pretoria te koop.

Die boek kan ook op ons webblad by www.liginduisternis.co.za of as e-boek bestel word..

Vir buitelandse lesers is Troue God ook op Amazon se druk-op-aanvraag-opsie beskikbaar.

Taalwenk van die Maand

Skryf ‘n resensie

Amazon druk-op-aanvaag

E-boeke

Het jy geweet dat ’n hele paar van Lig in Duisternis Uitgewers se boeke ook as e-boeke beskikbaar is?

Om hierdie boeke op Kindle te kry, doen die volgende:

  1. Installeer die Kindle-toep op jou rekenaar, selfoon of tablet
  2. Besoek Amazon se webblad en tik “Lig in Duisternis Uitgewers” (tussen aanhalingstekens) in die soekfunksie vir 'n lys van ons e-boeke.
  3. Of besoek ons webwerf en loer onder die afdeling “Kindle e-boeke” om joune aan te skaf.

Jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys per e-pos vir iemand stuur! Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.