![]() |
|||||||||
|
|||||||||
|
Deel jou geloof, hoop en vreugde in Christus, eerder as jou bekommernisse, met dié rondom jou. In ons daaglikse lewe het dit so maklik geword om oor ons bekommernisse te praat; dit sluip as’t ware onbewustelik by ons gesprekke in. Veral hierdie tyd van die jaar, wanneer ons moeg is en dan maklik moedeloos raak. Ons vergeet egter dat ons geloof ons iets veel dieper en kragtiger bied —’n bron van krag en hoop en vreugde wat ons wêreld kan verlig. Die Psalmdigter herinner ons daaraan in Psalm 71:15-16: My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie. Ek sal kom met die magtige dade van die Here Here; ek sal u geregtigheid vermeld, dié van U alleen. Ons het die wonderlike voorreg om vrylik, sonder vervolging, van God se liefde en teenwoordigheid in ons lewens te getuig, en tog doen ons dit heeltemal te min. Laat ons in die maand wat voorlê die krag, hoop en vreugde wat geloof in God vir gelowiges inhou, met elkeen wat oor ons pad kom, deel. |
|||||||||
![]() |
|||||||||
|
|||||||||
Indiëbesoek Lig in Duisternis Uitgewers het die besondere geleentheid om die evangelie verder as ons grense uit te dra en te help dat Christenpredikante in Indië die suiwer leer, soos wat dit in ons gereformeerde belydenisskrifte verwoord is, verkondig. Maar ons het jou hulp nodig om dit moontlik te maak. Oorweeg dit gerus om hierdie projek finansieel te ondersteun. Om meer oor die projek te lees of ’n donasie te maak, klik hier.
Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers het op 24 Oktober met Esté Gross van Pretoria FM oor hierdie merkwaardige projek gesels. Luister die onderhoud hier, of om die volledige verklaring te lees, klik hier.
Krugerdag
|
|||||||||
|
|||||||||
|
Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers en redakteur van die AP Kerk se kerkblad, Die Boodskapper, het op 13 Oktober met Pretoria FM se Esmarie Yssel gesels oor die Oktober-uitgawe van Die Boodskapper, waarin die tema van nagmaalsviering bespreek word. Luister hier oor die relevansie van gereformeerde nagmaalsviering, soos bespreek op Redakteursforum.
Lig in Duisternis Uitgewers het op 5 November, saam met duisende ouers, skole en kultuurorgasnisasies hul stem teen die BELA-wetgewing dik gemaak. “Ons stap saam vir die toekoms van ons kinders, om te verseker dat die Woord van die Here, die ewige waarhede in ons skole bly en aan ons kinders in hul moedertaal oorgedra word,” sê Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers Kyk gerus hier na die video.
| |||||||||
|
|||||||||
Lig in Duisternis Uitgewers stel die Hindi-vertaling van die Drie Formuliere van Eenheid bekend. |
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
|
Dagstukkieboek 2025 - Volg hulle geloof na Volg hulle geloof na is ʼn bemoedigende dagstukkieboek wat gelowiges opnuut bewus maak van God se oorvloedige en reddende genade. In die 365 dagstukkies word die lewens van twaalf besondere Bybelkarakters, naamlik Abraham, Jakob, Josef, Moses, Samuel, Dawid, Salomo, Daniël, Johannes, Petrus, Paulus en Jesus Christus, bestudeer. Die dagstukkies wys hoe God swakke en sondige mense gebruik om sy planne uit te voer, en hoe sy genade altyd voorop staan, selfs vir die grootste struikelinge. Elke karakter se geloofsreis weerspieël die evangelie, en ons word aangespoor om hul geloof – nie net hul dade nie – na te volg. Die studie eindig met Jesus Christus, die Gewer van geloof. Hierdie dagstukkies moedig lesers aan om deur geloof en genade te leef, net soos hul geestelike voorgangers. Begin die jaar met inspirasie en ontdek elke dag hoe God se genade in jou lewe werksaam is. Bestel jou kopie van Volg hulle geloof na vandag en beleef ʼn geloofsreis saam met die Bybel se geloofshelde! Die boek kan ook op ons webblad by www.liginduisternis.co.za bestel word. |
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
Kersfees is om die draai! Lig in Duisternis Uitgewers het ‘n uitgebreide geskenkreeks vir jonk en oud met prysverlagings op ʼn groot verskeidenheid boeke en opvoedkundige speletjies. Voorwaar reusewinskopies! Ons geskenkreeks is Skrifgetrou, inspirerend en tot groot hulp vir elkeen wat geestelik wil groei. Begin jou Kersinkopies vroegtydig en bespaar! Slegs terwyl voorraad hou. |
|||||||||
| |||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
By Lig in Duisternis Uitgewers is ons opgewonde dankbaar oor elke stem en stukkie terugvoer wat ons ontvang. Ons moedig ons ondersteuners graag aan om hul ervarings met ons te deel. Terugvoer dien as inspirasie en bemoediging vir ons hele span en daarom hoor ons graag van julle! Dankie, Engels Structural Design, vir die mooi kompliment. Dankie dat julle deel is van ons reis! ![]() |
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
![]() |
|||||||||
|