![]() |
|||||||||
|
|||||||||
|
ʼn Nuwe jaar beteken vir die meeste mense nuwe dinge, soos ʼn nuwe begin met nuwe moontlikhede en geleenthede. So tussen die opwinding deur, broei daar egter ook ʼn onrustigheid oor die onbekende van ʼn nuwe jaar. ʼn Mens kan nie help om te wonder wat die jaar gaan inhou nie, dinge wat ons nie kan beheer nie, want 2024 het sy deel van uitdagings gehad. Ons het egter een troos, dat ons die onbekende pad nie alleen stap nie. God se nabyheid en teenwoordigheid is ons sekerheid in elke krisis. Dink maar aan Moses en die Israeliete by die Rooisee – toe die vyand agter hulle en die see voor hulle was, het God die water geskei en ʼn pad oopgemaak. Net so sal Hy ook vir jou, in jou moeilikste oomblikke, ’n pad oopmaak. Dit is met hierdie troos waarmee ons 2025 ingaan, want, al gaan ons deur ʼn dal van doodskaduwee, sal ons geen onheil vrees nie, want die HERE is by ons (vgl. Ps. 23:4). Moenie terughou nie, skep jou geleenthede en droom groot! Teëspoed is dalk onafwendbaar, maar onthou dat dit volharding skep, en volharding geloof, en geloof hoop wat nooit beskaam nie. Voorspoedige en geseënde 2025! |
|||||||||
![]() |
|||||||||
|
|||||||||
Dans op die maat van toekomsmusiek “Hoop is om die melodie van die toekoms te hoor. Geloof is om nou reeds op die maat daarvan te dans.” – Rubem Alves (Brasiliaanse teoloog) Ons staan in die wegspringblokke – gereed vir die nuwe jaar. Niemand van ons weet wat hierdie jaar vir ons inhou nie. Ons weet nie watter hartseer daar op ons wag, watter versoekings in die donker hoekies van die toekoms skuil en watter uitdagings soos berge voor ons gaan verrys nie. Dit is ʼn onsekerheid wat jou angsbevange kan laat. Hoewel gelowiges nie hierdie onsekerheid vryspring nie, het ons egter iets vir die angs – hoop. Die apostel Petrus herinner ons dat ons deur die opstanding van Jesus Christus ʼn “lewende hoop” het (vgl. 1 Petr. 1:3). Baie verbind hierdie hoop net aan “eendag”, wanneer Christus sal terugkeer en sy kerk versamel en verlos om vir altyd by Hom te wees. Wie die Christelike hoop tot eendag beperk, verskraal egter die betekenis daarvan. Die Christelike hoop het vele fasette wat ook in 2025 vir ons vrede en gemoedskalmte bring. Dit sluit in dat ons nou reeds onder God se Vaderlike sorg en beskerming staan en dat niks ons van sy liefde kan skei nie. Dit sluit in dat ons nou reeds verlos is van ons sonde sodat ons nie langer slawe daarvan hoef te wees nie. Dit sluit in dat ons nou reeds God se geliefde kinders is en daarom nie aan ons identiteit hoef te twyfel nie. By Lig in Duisternis Uitgewers hou ons daarvan om ons lesers hierdie toekomsmusiek te laat hoor. Ons hou daarvan om die “musiek” op papier te sit sodat ons lesers hoër kan kyk, dieper kan delf en uiteindelik meer kan sien. Ons gebed is dat die Vader Lig in Duisternis Uitgewers se projekte in hierdie jaar sal gebruik sodat jy hoop kan vind, sodat jy die melodie van die toekoms kan hoor, terwyl jy gelowig op die maat daarvan begin dans.
| |||||||||
|
|||||||||
Indiëbesoek: Ons ervaring van geloof en gasvryheid Di. Schalk Strauss en Johan Schütte se besoek aan Pune, Indië, vanaf 16 tot 22 Januarie, het ’n wêreld van kontras en betekenisvolle ontmoetings vir hulle oopgemaak. In ’n stad wat nooit slaap nie – waar die winkels tot laatnag oop is en die lewe vroegoggend weer begin, met chaos op die paaie en lugbesoedeling wat die son verdoesel, het hulle ’n wêreld ontdek waar geloof en die soeke na suiwere leer ’n diep invloed op die daaglikse lewe van Christene in Indië het. Wat vir hulle bemoedigend was, is hoe die Here hul eie geloof versterk het deur te wys dat, selfs in ’n diep heidense land soos Indië, daar tog diep gelowige Christene is – mense wat die Here innig liefhet, wat opgewonde is om Hom te dien en honger is na die waarheid. Ds. Schalk beskryf dit so: “Dit was vir my besonders, dit het my hart aangeraak.” Hierdie ervaring herinner ons dat God oral werk, selfs in uitdagende omstandighede, en dat sy lig selfs in die donkerste plekke helder skyn. Wanneer dit by die kos kom, het ds. Schalk en ds. Johan dit effe verskillend ervaar. Alhoewel ds. Schalk nou nie vrywilliglik kerrie vir ontbyt, middag en aandete sal kies nie, vertel hy laggend hoe lekker hy met sy hande geëet het, al het hy ’n das aangehad: “Dit was vir ons belangrik om soos hulle te eet, want dit laat hulle voel jy is meelewend.” Daarteenoor het ds. Johan groot plesier in die geure gevind: “Hulle kos is ongelooflik geurig! Van cardamom en borrie tot geroosterde neute en klapper – elke gereg het net soveel smaak gehad.” Al was die kerrie oorweldigend, was die twee dit eens dat die ete-ervaring uniek en vreugdevol was. Beide het die gasvryheid ook as ’n groot hoogtepunt beleef. “Hulle gaan regtig uit hul pad uit om jou gemaklik en welkom te laat voel,” sê ds. Schalk. Die Christen gemeenskap is honger vir suiwer leer en hul entoesiasme om meer oor gereformeerde teologie te leer, het beide diep geraak. “Die studente se toewyding en ywer vir die suiwere leer, het werklik vir my uitgestaan. Die feit dat hulle wil leer en hulle Christenskap binne hul kultuur wil uitleef het my aangeraak,” voeg ds. Johan by. Ons is dankbaar vir die geleentheid om die evangelie verder as ons grense te kon uitdra, en so te verseker dat Christenpredikante die suiwer leer, soos wat dit in ons gereformeerde belydenisskrifte verwoord is, kan verkondig. Dankie aan elkeen se bydrae wat die toer na Indië moontlik gemaak het. Om die mediaverklaring oor die bekendstelling van die Hindi-vertaling van die Drie Formuliere van Eenheid te lees. Klik hier.
ʼn Ewige troos: Die tydlose versekering van die Heidelbergse Kategismus Op 19 Januarie 1563 verskyn die Heidelbergse Kategismus vir die eerste keer, ʼn geskiedkundige dag wat die fondasie gelê het vir die Drie Formuliere van Eenheid: die Heidelbergse Kategismus, die Nederlandse Geloofsbelydenis, en die Dordtse Leerreëls. Vandag, 462 jaar later in ʼn wêreld wat heeltemal anders funksioneer, kan ons die vraag vra: Is die Heidelbergse Kategismus nog relevant vandag? Klik hier om die volledige artikel te lees. BCVO- glansgeleentheid 2025 Jaco Duvenhage, ons boekwinkelbestuurder, het tydens die BCVO se jaarlikse glansgeleentheid op 18 Januarie 2025, die Lig in Duisternis Uitgewers-trofee aan die beste matriekpresteerder in Bybelkennis, Barend van den Berg, oorhandig. Lig in Duisternis Uitgewers het saam met die trofee ook ʼn R1000-kontantprys en ʼn kopie van die boek Ewige Beginsels - Om suksesvolle kinders groot te maak aan Barend oorhandig.
Boekuitstalling by die AP Akademie se Teologiese Dag Die jaarlikse Teologiese Dag vind DV plaas op Maandag, 27 Januarie 2025, vanaf 08:30 by die AP Kerk Grootfontein (Tvl.). Klik hier vir aanwysings. “ʼn Teologie van produktiwiteit: Bybelse balans tussen werk en rus” is vanjaar se tema en word deur die Departement: Nuwe Testament, aangebied. Die volgende relevante temas word onder die loep geneem:
Moenie hierdie leersame geleentheid misloop nie. Bespreek jou plek nou vir slegs R50 by https://bit.ly/4eSEebH Lig in Duisternis Uitgewers stal ʼn verskeidenheid van hul boeke uit. Skaf gerus ʼn kopie van ons geestelik inspirerende en kwaliteit Christelike leesstof aan.
| |||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
|
Met ʼn Huppeldans langs ʼn klaagmuur - Die lewensverhaal van Dawid Koning Dawid was ʼn “man na God se hart”, maar tog was sy lewe gevul met hartseer en struikelblokke, soos die lewens van talle ander gelowiges. Hierdie inspirerende publikasie delf diep in Dawid se geskiedenis, sy verhouding met God, en die groter prentjie van God se raadsplan om die sondaarmens te red. Hierdie merkwaardige boek stel die leser in staat om Dawid se voetspore te volg en te ontdek hoe God ook in sý lewe, reddende genade in oorvloed uitgestort het. Met ʼn Huppeldans langs ʼn klaagmuur - Die lewensverhaal van Dawid is nou op Lig in Duisternis Uitgewers se webblad beskikbaar vir slegs ’n R100. |
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
Lig in Duisternis Uitgewers se boeke is nou op Amazon se druk-op-aanvraag-opsie (print on demand) gelys. Klik hier vir ‘n lys van beskikbare boeke. | |||||||||
|
|||||||||
| Skrifgetroue teologie in die palm van jou hand! Die nuwe Die Boodskapper-toepassing bied jou vinnige en maklike toegang tot elke uitgawe van Die Boodskapper. Wat kry jy as jy die toepassing gebruik?
Laai gerus die toepassing by Google Play Store of Apple iStore af.
|
|||||||||
![]() |
|||||||||
|