![]() |
||||
|
||||
|
Vroegherfs Die jaar word ryp in goue akkerblare, Die goue seisoen is op ons voorstoep ... Binnekort gaan hy sy goudgeel en goudbrons tapyt oor die aarde sprei. Herfs bring sy korter en koeler dae, maar sy glorie strek ver: 'n seisoen van genade; 'n tyd vir geestelike groei. NP van Wyk Louw verwoord dit so mooi in hierdie gedig, dat net soos die blare verkleur en val, en die bome se stamme kaal en bleek word, so bid die digter vir geestelike groei, net soos die rypwordingsproses wat in die natuur plaasvind. Mag herfs vir jou geestelike vernuwing bring. |
||||
![]() |
||||
Indien u ’n groter impak wil maak deur u bydrae te verhoog of iemand ken wat dieselfde visie deel en ’n verskil wil maak, nooi ons u uit om met ons in verbinding te tree. Stuur gerus ʼn e-pos aan hoof@liginduisternis.co.za. | ||||
|
||||
|
Lig in Duisternis Uitgewers (LIDU) wil dankbaar terugploeg met ‘n handelaarsregistrasie. Indien jy aktief betrokke is by ʼn skool of in jou plaaslike gemeenskap, en op soek is na ʼn geleentheid om ʼn ekstra geldjie te verdien, moet jy nie verby die video blaai nie. LIDU het op 12 Februarie sy handelaarsregistrasie-inisiatief bekend gestel. Dit behels dat jy nou ook as ʼn handelaar op ons webwerf kan registreer, LIDU-publikasies teen ‘n handelaarsafslag van 15% – 30% kan aankoop, om dit dan binne jou gemeenskap teen die winkelprys te verkoop. Dit beteken dat jy die geld wat jy op die handelaarsafslag gespaar het, as wins in jou sak kan steek. Kyk gerus na die video vir meer inligting oor wat die registrasie behels en hoe jy as handelaar daarby kan baat. Agter die skerms: Radiogesprek Op 17 Februarie het ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers, by Sarina Bosman van Pretoria FM besoek afgelê om luisteraars ‘n bietjie meer te vertel oor wie Lig in Duisternis Uitgewers is, en waarvoor ons staan. Hier is ʼn agter-die-skerm-kykie hoe dinge in die ateljee werk. Om die onderhoud te kyk, klik hier. Boekbespreking: Ewige Beginsels om suksesvolle kinders groot te maak Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers, het op 21 Februarie waardevolle insigte uit die boek van Yavor Rusinov, Ewige beginsels om suksesvolle kinders groot te maak, met ouers en opvoeders van CVO Gromar te Groblersdal, gedeel. Om na die volledige praatjie te kyk, klik hier. Druk-op-aanvraag-diens Elkeen van ons het vriende of familie wat ʼn nuwe tuiste iewers in die buiteland gevind het. Baie van hulle woon in lande waar Afrikaanse literatuur nie geredelik beskik baar is nie en Christenskap soms 'n stiefkind is. Lig in Duisternis Uitgewers (LIDU) het ʼn manier gevind om grense te oorbrug om Afrikaanse, Christelike publikasies op ʼn bekostigbare wyse in die hande van ons geliefdes te plaas. Met Amazon se druk-op-aanvraag-diens kan jy en jou geliefdes in die buiteland, LIDU-publikasies sonder invoerkoste aankoop. Of jy net die afstand tussen jou en jou geliefdes met 'n kosbare geskenk wil verklein, en of jou vriende in die buiteland op groot maat vir Bybelstudiegroepe wil bestel, die druk-op-aanvraag-diens het geen beperking op die hoeveelheid boeke wat bestel of gedruk word nie. Sodoende kan jy moeiteloos ʼn LIDU-publikasie op die druk-op-aanvraag-diens bestel. Klik hier vir ‘n lys van beskikbare boeke.
Die Boodskapper Lees hier om te sien wat die toepassing jou alles bied. Laai gerus die toepassing by Google Play Store of Apple App store af.
ʼn Toegeruste gelowige is ʼn toegewyde gelowige Die Bybel herinner ons keer op keer dat geloof ʼn voortdurende proses van toewyding en toerusting is. In Efésiërs 6:11 lees ons: Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Dit is ʼn duidelike oproep dat ons voorbereid moet wees, want ons leef in ʼn wêreld waar ons geloof daagliks getoets word. By LIDU glo ons dat ʼn toegewyde gelowige ʼn toegeruste gelowige is. Sonder die regte toerusting is ons soos ʼn soldaat sonder sy wapen, of ʼn reisiger sonder ʼn padkaart. Dit is nie altyd maklik om toegewy te bly nie. Daarom wil LIDU jou toerus met die nodige hulpmiddels om jou geloof in die Here te verdiep en te versterk. Volg ons gerus op Facebook, Instagram en TikTok om op hoogte te bly van ons nuutste Bybelgetroue publikasies, wat jou op jou geloofsreis sal versterk. | ||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
Tedd Tripp se insiggewende boek, Shepherding a Child’s Heart, is in Afrikaans vertaal en binnekort op LIDU se webblad beskikbaar. Herderskap vir ʼn kinderhart is ʼn handleiding vir Christusgesentreerde ouerskap en is deur ʼn ouer, aan ouers met kinders van enige ouderdom, geskryf. Die publikasie wys ouers hoe om tot hul kinders se harte te spreek en hulle so groot te maak dat hulle as volwassenes volgens God se voorskrifte vir die lewe, sal leef. Die skrywer gee aan die hand van praktiese voorbeelde en vrae, Bybelgefundeerde raad vir die verskillende fases van kinderontwikkeling, wat ouers maklik self kan toepas. Voorafbestellings vir Herderskap vir ‘n kinderhart is nou reeds beskikbaar. Klik hier om jou kopie te bestel. |
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
||||
![]() |
||||
|