Plaas media@liginduisternis.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn weergawe.

07 - 2025

Klein keuses dra groot gevolge. Dis juis daardie alledaagse, oënskynlike onskuldige besluite wat met verloop van tyd ons karakter vorm of afbreek. Dinge soos ’n wit leuentjie hier, ’n stukkie skinder daar, ’n greintjie jaloesie wat broei of onmin wat op subtiele wyse gesaai word. Dit is daardie “klein jakkalsies” waarvan die Bybel praat, die dinge wat die wingerd van ons geloof, verhoudings en geestelike groei stil-stil begin verniel.

Ons is dikwels nie eers bewus van hul teenwoordigheid nie totdat ons die gevolge in ons gedagtes, gesindhede en lewenskeuses begin oes. Daarom bid ons dat God ons elkeen sal help om met oop oë en nederige harte te onderskei waar hierdie gewoontes begin posvat. Mag Hy ons leer om dit uit te wys, uit te roei en te vervang met keuses wat sy karakter weerspieël – keuses van waarheid, sagmoedigheid, barmhartigheid en vrede.

Mag ons dít wat klein begin, gebruik om groot lig in ons lewens en dié van ander te laat skyn. Want waar God heers, maak selfs die geringste gehoorsaamheid ’n groot verskil.

Hooglied 2:15 - Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.

Gebeure

Publikasie behaal top 10 van Skryfnet-kompetisie

Die katte van Kathu sit hul dorp oppi mêp is gekies as een van Skryfnet se top 10 gewildste Afrikaanse jeugverhale van die eeu!

Dié publikasie maak deel uit van die 100 jaar, 100 beste Afrikaanse boeke-projek ter viering van Afrikaans se 100ste verjaarsdag. Die wenboek word later vanjaar aangekondig.

Klik hier om meer te lees.


In gesprek met dr. Joel Beeke

Lig in Duisternis Uitgewers het op 18 Julie 2025 ’n spesiale gesprek met dr. Joel Beeke gehad tydens die bekendstelling van die Afrikaanse vertalings van Volg God voluit: 'n Inleiding tot die Puriteine; Een man en een vrou: Die huwelik en selfdegeslagverhoudings; Huisgodsdiens en Kerkgeskiedenis 101: Twintig eeue se hoogtepunte.

Dr. Beeke is die medeskrywer van die Engelse weergawes, asook verskeie ander toonaangewende publikasies. Hy is die voormalige rektor van Puritan Reformed Theological Seminary waar hy ook homiletiek doseer. Hy dien as redaksionele direkteur van Heritage Reformed Books en is leraar van die Heritage Reformed Congregation in Grand Rapids, Michigan.

Kyk hier na ’n opname van die gesprek.


Toekomsberaad

Ds. Johan Schütte, direkteur van Lig in Duisternis Uitgewers, het Solidariteit Helpende Hand se toekomsberaad op 18 Julie geopen. Ons het ook die voorreg gehad om ‘n stalletjie tydens dié geleentheid te beman. 


Ons is by die Voortrekkermonument!

Lig in Duisternis Uitgewers is opgewonde deel van die grootste verjaarsdagviering ooit, want: Afrikaans is 100!

Kom basaar saam met ons op Saterdag 9 Augustus van 08:00 tot 19:00 by die Voortrekkermonument. Kyk uit vir  ons boekuitstalling met ’n verskeidenheid van geestelike boeke, fiksie, jeug-, kinderboeke, geskenke en spesiale aanbiedinge.

Redakteursforum

Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers en redakteur van die AP Kerk se kerkblad, Die Boodskapper, gesels met Liezil van der Schyff van Pretoria FM op Redakteursforum oor die Julie- en Augustus-uitgawe van Die Boodskapper.

Luister na die volledige onderhoud hier.

Augustus Winskopies

Dagboek vir Augustus

9 Augustus: Nasionale Vrouedag

14 Augustus 1875: Nasionale Taaldag: Die dag waarop die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) gestig is. Dit het gelei tot die standaardisering en erkenning van Afrikaans as ’n amptelike taal.

23-24 Augustus 1572: St. Bartolomeusnag: Die nag waarop die wrede moorde van die Rooms-Katolieke Kerk op tienduisende Hugenote (Franse Protestante) plaasgevind het.

26 Augustus 1933: Die eerste Afrikaanse Bybelvertaling word bekendgestel.

Handelaarsregistrasie

Verdien ʼn ekstra geldjie met Lig in Duisternis Uitgewers se handelaarsregistrasie.

Registreer as ʼn handelaar op ons webwerf en kry 15%-30% afslag op ons publikasies. Jy kan die publikasies teen die winkelprys verkoop en die handelaarsafslag as wins in jou sak steek.

Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie. Klik hier.

Lees … enige plek, enige tyd!

Ons het ʼn verskeidenheid publikasies wat as e-boeke op Amazon beskikbaar is.
Laai gerus die Kindle-toep op jou selfoon, rekenaar of tablet af om ons verskeidenheid e-boeke te lees.

Klik hier om jou e-boekversameling aan te vul.

Taalwenk van die Maand

Skryf ‘n resensie

Gebruik: Verwys na die nutting of inwerkstelling van iets. Dit kan ’n selfstandige naamwoord of ’n werkwoord wees: Ek sal gebruik maak van die aanbod om jou motor te gebruik.

Verbruik: Verwys na die hoeveelheid van iets wat gebruik word, wat meetbaar is, byvoorbeeld: Alle lewensmiddele word verbuik en die verbruik van kos het toegeneem.

Bron: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

Ons waardeer elke stem en elke stukkie terugvoer wat ons van ons lesers ontvang. Ons moedig jou graag aan om jou ervaring met ons te deel. Terugvoer dien as inspirasie en bemoediging vir ons hele span. Ons wil graag van jou hoor. Laat gerus vir ons ʼn resensie op ons webblad.

Jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys per e-pos vir iemand stuur! Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.

Die Boodskapper

Lees hier om te sien wat die toepassing jou alles bied.

Laai gerus die toepassing by Google Play Store of Apple App store af.