![]() |
||||
|
||||
|
Daar kom tye in elkeen se lewe wanneer ons voor 'n kruispad te staan kom, oomblikke waartydens die pad vorentoe onduidelik lyk en ons onseker voel oor watter rigting om in te slaan. In hierdie tye van onsekerheid en twyfel is dit ’n groot troos en gerusstelling om te weet dat ons nie alleen hoef te wandel nie. Ons het die Woord van die Here as ’n betroubare bron van leiding en wysheid waarop ons kan steun. Die psalmdigter herinner ons in Psalm 119:105 dat God se woord 'n lamp vir ons voet en ’n lig vir ons pad is. Hierdie beeldryke beskrywing illustreer so pragtig hoe die Skrif ons deur die donkerste oomblikke kan begelei. Net soos ’n lamp nie die hele pad verlig nie, maar slegs die volgende paar treë, so wys God ook dikwels nie vir ons die volledige prentjie vooruit nie, maar gee Hy ons genoeg lig om die volgende stap met vertroue te neem. Ons menslike natuur maak dat ons graag ver vooruit wil sien. Ons wil die eindbestemming ken, die volle roete verstaan, en elke draai van die pad vooraf weet. Maar dit is juis in hierdie oomblikke, wanneer God slegs die onmiddellike weg voor ons verlig, dat ons geroep word om Hom werklik te vertrou. Dit is in onsekerheid waar geloof getoets en versterk word. Watter wonderlike sekerheid vind ons nie in Psalm 139:16 nie, waar die Skrif ons verseker dat God reeds in elke môre is wat nog moet aanbreek. Voor ons eerste asemteug geneem is, toe geeneen van ons dae nog daar was nie, het Hy almal reeds bepaal. Hierdie waarheid moet ons harte met vrede en rus vervul: Ons toekoms is nie onbekend aan God nie. Hy ken die begin en die einde, en Hy loop elke tree saam met ons. Mag ons die moed en geloof hê om een tree op 'n slag te neem, in die wete dat Hy wat ons geroep het, getrou is om te voltooi wat Hy begin het. |
||||
![]() |
||||
|
||||
Ds. Schalk Strauss Elke mens het ’n behoefte om aanvaar te word. Om “uit” te wees, is vir niemand lekker nie, maar wat maak dat ‘n mens regtig “in tel” is? Om ’n presteerder te wees, is een manier om belangrik te wees. Is dit nie so dat die kinders wat eerstespan rugby of netbal speel of goeie punte kry, die gewildste by die skool is nie? Hulle is “in tel”. Almal wil graag saam met hulle gesien wees. Nie almal van ons presteer egter op sport of akademiese gebied nie, maar ons almal weet as jy “in tel” wil wees, moet jy op een of ander manier presteer. As jy nie ‘n sekere prestasie lewer nie, sal jy nooit raakgesien word nie. Daarom is dit vir baie van ons vreeslik belangrik om die regte haarstyl te dra, die nuutste modegiere na volg, die nuutste en beste selfoon te hê of om eerste ons motorlisensie te kry. Dit is die dinge wat ons reken ons status verhoog sodat ons makliker deur ander mense aanvaar word. Selfs die rebelle onder ons het ’n behoefte om aanvaar te word. Hulle lewer net ander “prestasies” om “in tel” te wees. Hulle rook of hulle spog oor hoeveel hulle kan drink en saam met hoeveel meisies hulle al in die bed kon spring. Ook wanneer ons foute maak en mense teleurstel, probeer ons om onsself te regverdig. Ons dink verskonings uit, ons vertel leuens of ons verdraai die waarheid sodat ons darem nie te sleg lyk nie. Ons doen dit alles omdat almal van ons ’n begeerte het om “reg” te wees met ander mense. Ons optrede word oorheers deur wat ander mense van ons verwag. Dit is natuurlik baie moeilik om op hierdie manier “in tel” te bly, want ons is mense. Ons maak gereeld foute en ons voldoen nie altyd aan ander mense se standaarde nie. Sommige mense pleeg selfs selfmoord as gevolg hiervan. Maak nie saak wat ’n mens doen nie, dit voel net asof dit nooit genoeg is nie. As dit dan so moeilik is om “in tel” by mense te wees, hoe moeilik is dit nie om by God “in tel” te wees nie? Hoe kan ek ooit “goed genoeg” wees om deur God aanvaar te word? Mense probeer baie hard. Party dink as hulle goed is vir ander mense, of as hulle baie geld vir arm mense gee, of as hulle net gereeld in die kerk kom, gehoorsaam is en Bybel lees, sal hulle reg wees by God. Martin Luther het ook só gedink, maar hoe harder hy probeer het om “in tel” by God te wees, hoe meer het hy misluk. Hy het ontdek dat niemand deur “die werke van die wet” voor God geregverdig word nie (Rom. 3:23). Dit maak ’n mens moedeloos, want hoe kan ek dan “in tel” wees by God? Martin Luther het ook die antwoord op hierdie vraag ontdek. Ons is nie “in tel” by God deur iets wat ons doen nie, maar deur wat Jesus Christus vir ons gedoen het. Hy was volmaak gehoorsaam aan al die dinge wat maak dat ‘n mens “in tel” by God is. Elkeen wat in Hom glo, word deur God vrygespreek en regverdig verklaar. Daarom leer die Woord ons dat die regverdige uit die geloof sal lewe (Gal. 2:16). Glo jy in Jesus Christus? | ||||
|
Laaste bestellings vir 2025 Maak seker jou bestelling is geplaas teen 5 Desember sodat alles betyds afgelewer word voor 2025 eindig. Moenie uitstel nie! Alle bestellings wat daarna geplaas word, sal eers in Januarie 2026 uitgevoer word. | ||||
Redakteursforum Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers en redakteur van die AP Kerk se kerkblad, Die Boodskapper, gesels van Liezil van der Schyff van PretoriaFM op Redakteursforum oor die Oktober-uitgawe van Die Boodskapper. Luister hier.Die Boodskapper Lees hier om te sien wat die toepassing jou alles bied. Laai gerus die toepassing by Google Play Store of Apple App store af.
| ||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
||||
![]() |
||||
|