 |
|
|
|
Taal is ’n gawe van God
Internasionale Moedertaaldag word jaarliks wêreldwyd op 21 Februarie gevier. Dit is ’n dag wat ons herinner aan een van die mooiste gawes wat die Skepper aan die mensdom gegee het, naamlik ‘n eie taal. Jou moedertaal is die taal waarin jy as kind jou eerste woorde gefluister het, die taal waarin jy droom, bid en aanbid. Dit is die taal wat jou anker en uiteindelik die taal waardeur God se stem tot jou hart spreek.
By Lig in Duisternis Uitgewers glo ons dat woorde meer is as net letters op ’n bladsy. Die Woord self het mens geword en onder ons kom woon. En wanneer dié Woord, die Woord van lewe en hoop, in jou eie moedertaal tot jou spreek, is dit asof God self jou by die naam roep.
Afrikaans is ’n taal wat deur sy sprekers as ’n erfenis en ’n roeping gedra word. Elke boek wat in Afrikaans geskryf word om mense na die lig te lei, elke storie wat hoop bring in donker tye, is ’n daad van gehoorsaamheid aan die God wat ons geroep het om sy lig te versprei, ook deur die geskrewe woord.
Ons roep jou op om dankbaar te wees vir die taal waarin jy grootgeword het, vir die Bybel wat in daardie taal tot jou spreek en vir die verhale wat ons geloof van geslag tot geslag lewend hou. Want soos daar geskryf staan: U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad (Ps. 119:105). |
 |
|
|
Lig in Duisternis Uitgewers-pryse by die BCVO se geleentheid |
|
|
|
Die Lig in Duisternis Uitgewers-pryse is in Januarie by die BCVO se glansgeleentheid toegeken.
Eunica van der Baan van CVO Gromar ontvang die LIDU-prys vir Bybelkennis. |
|
|
|
|
Die laerskoolwenner van CVO Skool Pretoria was Christiaan van der Walt en die hoërskoolwenner, Elzani Vermaak. |
|
|
|
|
By die CVO Skool Lichtenburg is Izabel van der Westhuizen as die laerskoolwenner aangewys en Kirsten van der Westhuizen as die hoërskoolwenner. |
|
|
|
|
Die wenners by CVO Gromar was Nic Erasmus (hoërskool) en Izbeth Coetzer (laerskool). |
|
|
|
|
By CVO Orania was die laerskoolwenners Sias Nieuwoudt, Saul Murphy, Christiaan Comrink en Jurie Badenhorst (afwesig) |
|
|
|
|
CVO Orania se hoërskoolpryswenners is Migael Murphy, Idalise Marx, Emma de Villiers. |
|
|
Die boek Ester: ’n Ryk verbondshermeneutiek |

|
Prof. Alwyn Swanepoel het tydends die AP Akademie se Teologiese Dag op 26 Januarie agtergrond oor die boek Ester en die ryk verbondshermeneutiek daarrondom gegee. Dit het deel gevorm van die bekendstelling van die publikasie, Gebore vir ’n tyd soos hierdie: ’n Kommentaar op die boek Ester.
Kyk hier na sy aanbieding.
Bestel jou kopie teen slegs R250. |

|
|
Redakteursforum
Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers en redakteur van die AP Kerk se kerkblad, Die Boodskapper, gesels met Liezil van der Schyff van PretoriaFM op Redakteursforum oor sy tien jaar aan die stuur van sake asook die uitgawe van Die Boodskapper wat op dissipline fokus.
Luister hier.

Die Boodskapper
Lees hier om te sien wat die toepassing jou alles bied.
Laai gerus die toepassing by Google Play Store of Apple App store af.

|
|
|
Maart se winskopies sal jou beslis twee keer laat kyk. Dit is ’n heerlike verskeidenheid met iets vir elke leser se smaak. |
|
|
|
|
|
15 Maart: Die Geloftekerk in Pietermaritzburg is vandag 185 jaar gelede in 1841 in gebruik geneem. |
|
|
|
|
|
|
Johan Janse van Rensburg is lidmaat van die Nederduitse Gereformeerde
Kerk. Hy is skrywer van agt boeke en talle wetenskaplike artikels, waarvan meer as vyftig in geakkrediteerde tydskrifte gepubliseer is. Hy verwerf drie doktorsgrade (1979, 1887, 1992)
en word in 1993 na die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van die Vrystaat as dosent
in Praktiese Teologie beroep. Wanneer hy die kans kry, skilder hy graag en het oor die jare verskillende kalenders oor diere gepubliseer. Hy is getroud met Magdalena Johanna en het een dogter, Johanna.
Bestel sy jongste publikasie, Kla jou moeder aan, hier. |
|
|
|
|
|
|
|
Verdien ʼn ekstra geldjie met Lig in Duisternis Uitgewers se handelaarsregistrasie.
Registreer as ʼn handelaar op ons webwerf en kry 15%-30% afslag op ons publikasies. Jy kan die publikasies teen die winkelprys verkoop en die handelaarsafslag as wins in jou sak steek.
Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie. Klik hier. |
|
|
|
Lees … enige plek, enige tyd!
|
|
|
|
|
Ons het ʼn verskeidenheid publikasies wat as e-boeke op Amazon beskikbaar is.
Laai gerus die Kindle-toep op jou selfoon, rekenaar of tablet af om ons verskeidenheid e-boeke te lees.
Klik hier om jou e-boekversameling aan te vul. |
|
|
|
|
|
|
|
Wanneer ’n persoonsnaam as ’n eienaam of aanspreekvorm gebruik word, word dit met ’n hoofletter geskryf. Dit is ’n reël wat dikwels verwarring veroorsaak, maar eintlik heel logies is.
Kyk na hierdie twee sinne:
My oupa hou van lees. Dit is lekker wanneer Oupa lees.
In die eerste sin is oupa ’n algemene beskrywende woord. Dit sê bloot wie die persoon in verhouding tot die spreker is. Dit funksioneer soos enige ander selfstandige naamwoord en kry dus ’n kleinletter.
In die tweede sin word Oupa egter direk as eienaam gebruik. Dit staan in die plek van die persoon se naam en kan sonder betekenisverlies met byvoorbeeld “Hendrik” of “oom Jan” vervang word. Nou is dit ’n aanspreekvorm of eienaam en kry gevolglik ’n hoofletter.
Dieselfde reël geld vir woorde soos Ma, Pa, Tannie, Oom en Doktor wanneer dit as naam, eerder as ’n beskrywing gebruik word.. |
|
|
|
|
|
|
Ons waardeer elke stem en elke stukkie terugvoer wat ons van ons lesers ontvang. Ons moedig jou graag aan om jou ervaring met ons te deel. Terugvoer dien as inspirasie en bemoediging vir ons hele span. Ons wil graag van jou hoor. Laat gerus vir ons ʼn resensie op ons webblad.
|
|
|
|
|
Jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys per e-pos vir iemand stuur! Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.
|
|
|
| |
|
|