|
|
|
|
Woeker met dit wat God vir jou gegee het
In Matthéϋs 25 vertel Jesus die gelykenis van die talente. Een kneg
ontvang vyf talente, ’n ander twee, en nog een slegs een. Dié wat
hulle talente gebruik en vermeerderhet, word deur hul heer geloof:
“Mooi so, goeie en getroue dienskneg!” Maar die een wat sy talent
uit vrees begrawe het, het niks om te wys nie. Hy word deur die heer
verwerp.
Hierdie gelykenis raak ons almal. God het elkeen van ons op ’n
unieke manier met gawes geseën, of dit nou ’n vaardigheid, ’n
kreatiewe gawe, ’n liefde vir mense, of ’n hart vir gebed is. Geen
gawe is te klein nie, en geen gawe is bedoel om nutteloos te lê nie.
Die apostel Petrus skryf in 1 Petrus 4:10:
Namate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar
daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van
God. Ons gawes is dus nie net vir onsself nie. Dit is gegee om ander
te seën en God te verheerlik.
Miskien voel jy dat wat jy het, nie veel werd is nie. Maar onthou:
God gebruik nie die bekwaamste mense nie. Hy bekwaam dié wat Hy
gebruik. Die vraag is net of ons bereid is om ons hande uit te steek
en te sê: “Hier is ek, Here. Gebruik my.”
|
|
|
|
|
Lig in Duisternis Uitgewers stel ’n Hemelvaartmanifes
bekend
|
|
Lig in Duisternis Uitgewers stel ’n landswye veldtog bekend
rondom die hemelvaart van Christus, met ’n openbare manifes
wat alle Christene, skole, gemeentes, organisasies en owerhede
oproep om die Koningskap van Jesus Christus openlik te erken
en prakties te eer.
Die veldtog, wat ’n aanlyn petisie en ’n aflaaibare manifes
insluit, het ten doel om bewusmaking te skep oor die betekenis
van Hemelvaartdag in die openbare lewe van Suid-Afrika.
Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis
Uitgewers, verduidelik die motivering agter die veldtog: “Die
hemelvaart van Christus is nie ’n klein liturgiese fees vir
vrome mense nie. Dit is die grootste troonsbestyging in die
geskiedenis. Wanneer ons Hemelvaartdag stilmaak of van ons
openbare kalenders verwyder, is dit nie neutraliteit nie. Dit
is ’n keuse teen die erkenning van die ware Koning.”
Die manifes, getiteld
Die hemelvaart van Christus: ’n Openbare belydenis van
troonheerskappy , is gegrond in die Skrif en die Drie Formuliere van Eenheid
en spreek vyf kernwaarhede aan: Die troonsbestyging van
Christus as die grootste gebeurtenis in die geskiedenis, die
politieke en openbare aard van Hemelvaart, die mandaat wat
Hemelvaart aan die kerk gee, die bevestiging van die waarde
van menswees en die krag van gebed wat in Christus se
hemelvaart geanker is.
“Ons sien ’n toenemende tendens waar Hemelvaartdag uit skole,
instellings en die openbare bewussyn verdwyn,” aldus Strauss.
“Maar die kerk kan nie hieroor stilbly nie. Jesus Christus het
die troon bestyg. Hy regeer nou oor alle dinge. Dit is ’n
werklikheid wat ons openbaar en herhaaldelik en sonder
verontskuldiging moet bely.”
Die veldtog rig homself spesifiek op vier teikengroepe: Kerke
en gemeentes wat Hemelvaartdag amptelik wil vier en die
manifes wil gebruik as grondslag vir prediking en gemeentelike
betrokkenheid; skole en opvoeders wat Hemelvaartdag op hul
kalenders en in skoolprogramme wil herstel; gesinne wat die
dag bewustelik as ’n geloofsdaad wil vier; organisasies en
leiers wat openbare standpunt inneem rondom die Koningskap van
Jesus Christus.
Strauss benadruk dat die veldtog meer is as ’n eenmalige
geleentheid: “Ons hoop dat hierdie manifes ’n beweging sal
begin, nie ’n beweging van mense nie, maar ’n herbevestiging
van die ewige waarheid: Jesus Christus is Here. Aan Hom
behoort die heerskappy, die mag en die heerlikheid, nou en vir
ewig. Ons roep elke gelowige, elke gemeente en elke instelling
op om dit hardop te sê.”
Die manifes is gratis beskikbaar as ’n aflaaibare PDF op die
veldtogwebblad, en die aanlyn petisie is nou oop vir
ondertekening. Hierdie petisie sal uiteindelik aan
verteenwoordigers in die regering gestuur word.
Laai die manifes
hier
af.
|
|
|
Lig in Duisternis Uitgewers inisieer skryfkursus
Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers,
het by ’n skryfkursus wat op 28 Januarie by die AP Akademie
aangebied is, algemene skryfwenke en riglyne gegee oor belangrike
slaggate wat skrywers behoort te vermy.
Kyk
hier.
|
Lig in Duisternis Uitgewers kan by jou uistalling wees!
Lig in Duisternis Uitgewers kom na jóú toe!
Ons is passievol oor ons roeping om Christelike literatuur en
geskenke vir elke gemeenskap toeganklik te maak. Of dit nou ’n
kerkbasaar, ’n kultuurnaweek, ’n sportdag, ’n skoolbyeenkoms of
enige ander gemeenskapsgeleentheid is – ons is gereed en gretig om
deel daarvan te wees.
By ons uitstalling bied ons ’n verskeidenheid van ons toonaangewende
Christelike publikasies, boeke, Bybels en inspirerende geskenke aan.
Alles werk saam om geloof te versterk, harte aan te raak en lewens
te verander. Ons bring nie net produkte nie – ons bring ’n boodskap
van hoop.
Enige individu, organisasie, skool, gemeente, sportklub of
kultuurvereniging wat ’n openbare funksie reël, is welkom om ons te
kontak. As jy glo dat ons teenwoordigheid waarde sal toevoeg en ’n
verskil sal maak, wil ons graag van jou hoor.
In ’n veranderende wêreld waar die Christendom baiekeer die
stiefkind is, is dit noodsaaklik dat kwaliteit Christelike leesstof
en geskenke nie net in boekwinkels nie, maar altyd byderhand is.
Saam kan ons sorg dat die regte boodskap op die regte tyd die regte
mense bereik.
Kontak ons vandag om meer uit te vind oor hoe ons jou geleentheid
kan bywoon en verryk. Ons sal saam met jou reëlings tref om alles
vlot en professioneel te laat verloop.
|
|
Redakteursforum
Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis
Uitgewers en redakteur van die AP Kerk se kerkblad,
Die Boodskapper, gesels met Liezil van der Schyff van
PretoriaFM op Redakteursforum oor die jongste uitgawe van
Die Boodskapper.
|
|
|
|
Luister
ook na die gesprek oor die publikasie,
Gemaak vir ’n tyd soos hierdie: ’n Kommentaar op die boek
Ester . Bestel jou kopie
hier .
|
|
Die Boodskapper
Lees hier
om te sien wat die toepassing jou alles bied.
Laai gerus die toepassing by Google Play Store of Apple App store af.
|
|
|
|
Saam met die seisoenverandering kom daar heerlike winskopies.
Moet nie April se winskopies misloop nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Annamarie du Toit het grootgeword in Emalahleni,
Mpumalanga, as een van agt kinders in ’n Christelike
gesin waar die Woord van God van vroeg af in haar hart
vasgelê is, veral tydens die aandhuisgodsdiens. Sy het
haar matriek behaal aan die Hoërskool Generaal Hertzog,
waarna sy twee jaar lank haar geloof verder verdiep het
aan die Dorothea Sending se Bybelskool.
Sy is getroud met Koos, en saam is hulle die trotse
ouers van drie seuns en grootouers van ses kleinkinders.
Kinderevangelisasie lê na aan haar hart, en sy was jare
lank aktief betrokke op hierdie gebied. Haar skryftalent
het ook tot volle reg gekom met die verskyning van vier
kleuterboeke en ’n aantal Bybelse blokraaiselboeke.
Sommige van haar gedigte is verder opgeneem in
publikasies van INK. Tans woon sy en Koos by hul kinders
in Kleinfontein.
Bestel haar publikasies
hier.
|
|
|
|
|
|
|
|
Verdien ʼn ekstra geldjie met Lig in Duisternis Uitgewers
se handelaarsregistrasie.
Registreer as ʼn handelaar op ons webwerf en kry 15%-30%
afslag op ons publikasies. Jy kan die publikasies teen
die winkelprys verkoop en die handelaarsafslag as wins
in jou sak steek.
Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie.
Klik hier.
|
|
|
|
Lees … enige plek, enige tyd!
|
|
|
|
|
Ons het ʼn verskeidenheid publikasies wat as e-boeke op
Amazon beskikbaar is.
Laai gerus die Kindle-toep op jou selfoon, rekenaar of
tablet af om ons verskeidenheid e-boeke te lees.
Klik hier
om jou e-boekversameling aan te vul.
|
|
|
|
|
|
|
|
Baie mense wonder of dit "baiekeer" of "baie kere" is –
en die antwoord is dat albei korrek is, maar nie op
dieselfde plek nie.
"Baiekeer" beteken dikwels en word as een woord geskryf
wanneer dit ’n gewoonte of herhaling aandui,
byvoorbeeld: Ons kuier baiekeer by hulle. "Baie
kere" daarenteen beteken talle maal en word as twee
woorde geskryf wanneer dit verwys na ’n spesifieke
aantal kere, byvoorbeeld:
Ek het jou al baie kere gewaarsku .
’n Eenvoudige toets help om te onderskei: As jy
"dikwels" in die sin kan gebruik, skryf jy dit as een
woord – baiekeer. As jy "talle" kan gebruik, skryf jy
dit as twee woorde – baie kere.
Bron: AWS
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons waardeer elke stem en elke stukkie terugvoer wat ons
van ons lesers ontvang. Ons moedig jou graag aan om jou
ervaring met ons te deel. Terugvoer dien as inspirasie
en bemoediging vir ons hele span. Ons wil graag van jou
hoor. Laat gerus vir ons ʼn resensie op ons webblad.
|
|
|
|
|
|
Jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys per e-pos vir
iemand stuur! Koop jou geskenkbewys
hier
en bederf iemand op ʼn spesiale manier.
|
|
|
| |
|
|