Plaas media@liginduisternis.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn weergawe.

09 - 2026

Ons ewige erfenis

Wanneer ons in Suid-Afrika oor erfenis praat, dink die meeste mense dadelik aan grond, geld of familiebesittings. As gelowiges weet ons egter dat ons ware erfenis veel dieper lê. Die Skrif herinner ons in 1 Petrus 1:4 dat ons ’n onverganklike erfenis het – een wat “onbesoedel en onverwelklik in die hemele bewaar word” vir ons.

Suid-Afrika se geskiedenis is ryk aan verhale van moed en deursettingsvermoë. Ons voorgeslagte het groot beproewinge deurstaan, van die uitdagings van die Groot Trek tot die opbou van gemeenskappe in verafgeleë dele van die land. Met groot opoffering het baie van hulle hul geloof en waardes aan die volgende geslagte oorgedra. Dit is 'n lewende erfenis, nie een van klip en beton nie, maar gevorm deur gebed, Skrifkennis en ’n lewe voor die aangesig van God.

As gelowiges glo ons dat elke geslag geroep word om hierdie geestelike erfenis te bewaar en te versterk. Psalm 78 herinner ons daaraan dat ons die Here se groot dade aan ons kinders moet vertel. Só sal hulle op hul beurt hul hoop op God stel en sy werke nie vergeet nie. Dit is ’n opdrag wat oor die grense van taal, kultuur en tyd heen strek.

As gelowiges bly ons roeping onveranderd: om die evangelie van Jesus Christus getrou aan die volgende geslag oor te dra. Dit is ‘n erfenis wat nooit vergaan nie – die enigste een met werklike ewigheidswaarde.

Laat ons dan, net soos die psalmdigter, ons kinders leer om hul vertroue op God te stel eerder as op mense of verganklike dinge. Dit is die kosbaarste erfenis wat ons vir die volgende geslag kan agterlaat.

Algemeen

Lig in Duisternis Uitgewers-pryse (2022-2025) bekendgemaak

Die wenners van die Lig in Duisternis Uitgewers-pryse (2022-2025) is op 2 September tydens 'n glansgeleentheid by die AP Kerkverband se Sewentiende Sinode bekendgemaak.

Ds. Schalk Strauss, Publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers, het gesê dit is ’n voorreg om hierdie pryse toe te ken, en dat dit verblydend is dat skrywers aanhou om Afrikaanse en Christelike boeke te skryf wat ’n betekenisvolle impak op lesers het.

Wenners:

  1. Artikel in Die Boodskapper: Prof. HG Stoker (Christelike getuienis teenoor ’n Moslemnaaste) Jul./Aug. 2024
  2. Dagstukkies: Ds. PR Buitendag (Augustus 2025 in Volg hulle geloof na)
  3. Vertalings: Mev. C Möller (Troue God: ’n Inleiding tot vebondsteologie)
  4. Niefiksie: Ons Tuis (Dek die tafel)
  5. Kinderboeke: Dr. AJ Swanepoel (Die katte van Kathu sit hul dorp oppi mêp)
  6. Teologies/Filosofies/Akademies: Ds. F Bijzet (Tussen doop en nagmaal)
  7. Algehele pryswenner: Dr. AJ Swanepoel, met Die katte van Kathu sit hul dorp oppi mêp

Spesiale vermeldings is toegeken aan proff. JAE Adendorff, CA Swanepoel en J Bosman.

Die gasspreker, dr. Pieter Mulder, het oor sy eie skryfwerk gesels en beklemtoon dat skryf ’n genadegawe van die Here is. Hy het ook uitgewys hoe die lees en skryf van Afrikaans die taal help voortleef.

Lig in Duisternis Uitgewers bedank AfriForum vir ’n aansienlike finansiële bydrae wat vanjaar se prysgeld moontlik gemaak het, asook Reformeer vir die skenking van geskenkpakkies vir die wenners.

Die prysuitdeling sal voortaan elke vier jaar saam met die sinode plaasvind. Lig in Duisternis Uitgewers stel publikasies vry wat kerke volgens die Skrif bemagtig en van hulpbronne voorsien.


Nuwe potgooi: Die lewe ná “amen”

Ons is opgewonde om die eerste episode van ons splinternuwe potgooi bekend te stel: Die lewe ná "amen".

Met hierdie potgooi wil ons teologie hande en voete gee. Ons glo teologie hoort nie net in boeke of agter kansels nie, maar in ons alledaagse lewens. Daarom rus ons gelowiges toe om waarlik ‘n lig in die duisternis te wees. Ons bring teologie grond toe – daar waar dit werklik saak maak: in ons huise, ons werkplekke en ons gemeenskappe.
Ons is dankbaar om saam met ons goeie vriende by Boermedia aan hierdie projek te werk. Ons  poog om die potgooi maandeliks vry te stel, sodat daar telkens iets is om na uit te sien.

In hierdie eerste episode, en met die oog op die plaaslike verkiesing, gesels ds. Schalk Strauss met Willie Spies van die Vryheidsfront Plus oor geloofwaardige leierskap. Dit beloof om ’n insiggewende gesprek te wees oor leierskap met integriteit en die rol wat geloof daarin speel.

Kyk gerus en deel gerus.

Vaste Fondamente


Nuwe publikasies

Dinamiese Afrikaans

Afrikaansonderrig in die Intermediêre Fase vereis meer as kennis van taalreëls. Die Afrikaansonderwyser moet taalonderrig kan beplan en assesseer, taalvaardighede verbind, taalkundige kennis toepas en tekste doelgerig gebruik. Dinamiese Afrikaans benader hierdie verantwoordelikhede vanuit ’n Christelike lewens- en wêreldbeskouing.

Hierdie handboek benader taalkunde, taalonderrig, letterkunde, assessering en pedagogiek as geïntegreerde kennisgebiede. Met praktiese voorbeelde en onderrigstrategieë wys dit presies hoe die teorie in die klaskamer toegepas word. Kernonderwerpe sluit in luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied, asook spelling, grammatika en letterkunde. Daar word ook deeglike aandag geskenk aan assessering en die verantwoordelike gebruik van kunsmatige intelligensie (KI) in die taalklaskamer.

Dinamiese Afrikaans rus onderwysstudente, dosente en onderwysers toe met die vakkennis en praktiese riglyne wat nodig is vir die doelgerigte onderrig van Afrikaans. Koop nou teen R585.


Redakteursforum

Ds. Schalk Strauss, Publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers en Redakteur van die AP Kerkverband se kerkblad, Die Boodskapper, gesels met Martin Jansen van Pretoria FM op Redakteursforum oor die nuwe publikasie, Eva in ballingskap: Die herstel van vroulikheid.

Kyk hier.

Luister hier ▶


Die Boodskapper

Lees hier om te sien wat die toepassing jou alles bied.

Laai gerus die toepassing by Google Play Store of Apple App store af.

Winskopies

Oktober se winskopies tref die kol:

Dagboek

5 Oktober: Onderwysersdag
10 Oktober: Paul Kruger is op hierdie dag in 1825 gebore
16 Oktober: Die Slag van Vegkop het op hierdie dag in 1836 plaasgevind
18 Oktober: Koning Lodewyk XIV herroep die Edik van Nantes op hierdie dag in 1685
31 Oktober: Hervormingsdag

Skrywer van die maand

Pieter van Deventer is getroud met die liefde van sy lewe, Amy. Hulle het twee kinders, Marita en Pieter jr. Hy is predikant van die AP Kerk Grootfontein (Tvl.) en is tans besig met ’n meestersgraad in Ou Testament by Noordwes-Universiteit. Hy hou van goeie stories, goeie kos en goeie geselskap.

Koop sy publikasie, Pietie die padda, hier.

Borg ’n Boek by Lig in Duisternis Uitgewers

Lig in Duisternis Uitgewers bied besighede, organisasies, maatskappye en individue ’n unieke geleentheid om deel te wees van iets blywends. Wanneer u ’n boek borg, word die boodskap van hand tot hand en van geslag tot geslag gedra.

As borgvennoot ontvang u erkenning in die gepubliseerde boek, blootstelling op ons webtuiste, ruimte in ons nuusbrief, erkenning tydens die boekbekendstelling en ’n toegewyde plasing op ons sosialemediakanale. Dit is ’n vennootskap wat geloofwaardigheid bou, want die gemeenskap sien wie ons hande sterk en onthou dit.

Sommige beleggings lewer wins. Hierdie belegging lewer betekenis en vorm die toekoms.

Besoek ons webblad indien u belangstel of stuur ’n boodskap aan hoof@liginduisernis.co.za.

Handelaarsregistrasie

Verdien ʼn ekstra geldjie met Lig in Duisternis Uitgewers se handelaarsregistrasie.

Registreer as ʼn handelaar op ons webwerf en kry 15%-30% afslag op ons publikasies. Jy kan die publikasies teen die winkelprys verkoop en die handelaarsafslag as wins in jou sak steek.

Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie. Klik hier.

Lees … enige plek, enige tyd!

Ons het ʼn verskeidenheid publikasies wat as e-boeke op Amazon beskikbaar is.

Laai gerus die Kindle-toep op jou selfoon, rekenaar of tablet af om ons verskeidenheid e-boeke te lees.

Klik hier om jou e-boekversameling aan te vul.

Taalwenk van die Maand

Aangekondig of afgekondig?

Nuus, gebeure en nuwe ontwikkelings word aangekondig. Wette, regulasies en ’n noodtoestand word egter afgekondig. Dit gaan dus oor die aard van dit wat bekend gemaak word.

Skryf ʼn resensie

Ons waardeer elke stem en elke stukkie terugvoer wat ons van ons lesers ontvang. Ons moedig jou graag aan om jou ervaring met ons te deel. Terugvoer dien as inspirasie en bemoediging vir ons hele span. Ons wil graag van jou hoor. Laat gerus vir ons ʼn resensie op ons webblad.

Jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys per e-pos vir iemand stuur! Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.