 |
|
|
Neem uit die verlede ...
Twee weke voor sy dood op 14 Julie 1904, skryf die eertydse president van die ZAR, Paul Kruger, sy laaste boodskap aan sy volk vanuit sy woning in Clarens, Switserland. Hy rig sy volksgenote, wat platgeslaan was ná die Anglo-Boereoorlog, se oë op die toekoms en skryf onder meer:
“Want wie vir hom ’n toekoms wil skep, mag nie die verlede uit die oog verloor nie. Daarom: Soek in die verlede al die goeie en skone wat daarin ontdek kan word, vorm daarna u ideaal en probeer om daardie ideaal in die toekoms te verwesenlik ...”
Op 10 Oktober (pres. Kruger se verjaarsdag) herdenk ons Heldedag. Dit bied ’n ideale geleentheid om terug te kyk, uit die verlede “die goeie en die skone” te neem en dan met daadkrag die toekoms tegemoet te stap. Daarom fokus Lig in Duisternis Uitgewers nie net op Christelike publikasies nie, maar ook op leesstof waarin die Afrikaner se geskiedenis binne die groter konteks van die Suid-Afrikaanse geskiedenis opgeteken is. Christene is immers nie identiteitloos nie. Wie egter nie ingelig oor sy verlede is nie, wie toelaat dat sy geskiedenis afgebreek en verdraai word, se identiteit gaan sonder vrees vir teenspraak daaronder ly. Laat ons dus nie ons herkoms en geskiedenis ignoreer nie. Ons hoef nie oneerlik daaroor te wees of dit oordrewe te romantiseer nie, maar ons mag en móét “die goeie en die skone” daaruit neem.
Hebreërs 13:7 beskryf wat “die goeie en die skone” dinge is waarna ons moet soek: Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. |
|
 |
|
NUWE PUBLIKASIES
|
|
Openbaring: Die boek van die voleinding
Geskryf deur professor Koos Adendorff

Die boek Openbaring word dikwels as onverstaanbaar beskryf, terwyl sommige weer voorspellings daarin sien wat in hulle tyd besig is om waar te word. Openbaring: Die boek van die voleinding wil die boek Openbaring vanuit 'n openbaringshistoriese perspektief verklaar. Hiervolgens is die Bybel die progressiewe of ontvouende openbaring van God. Dit het sy beginpunt in die skepping, die hoogtepunt in Christus en die eindpunt in die wederkoms en nuwe skepping.
Die boekbekendstelling het plaasgevind by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, Arcadia.
Koop jou gedrukte kopie op ons webwerf, of die e-weergawe op Amazon.
Idiomepret

Jy gaan beslis nie 'n kat in die sak koop as jy hiérdie bordspeletjie aanskaf nie! Idiomepret is 'n bordspeletjie wat onlangs by Lig in Duisternis Uitgewers die lig gesien het en vir ure se pret en plesier vir die hele familie sal sorg. Podiumpret het die speletjie met 144 spreekwoorde en idiome ontwikkel en dit bestaan uit ses afdelings.
Hou ons Facebook-blad dop vir besonderhede oor 'n kompetisie wat in samewerking met Maroela Media geloods word. Span jou idiome in om dalk die wenner van 'n Idiomepret te word, of koop dit aan op ons webwerf!
|
|
|
LIG IN DUISTERNISPRYS: 2021
|
Die Lig in Duisternisprys vir 2021 is toegeken aan die skrywers wat bydraes gelewer het vir Die Boodskapper se Oktober en November 2021-uitgawes.
Hierdie uitgawes is hier te lees.

|
|
|
UITSTALLINGS
|
|
UITSTALLINGS GEDURENDE SEPTEMBER
Ds. Schalk Strauss en Albert Bierman het Lig in Duisternis Uitgewers by die afgelope BCVO-onderwysberaad op Nylstroom verteenwoordig. Publikasies beskikbaar by Lig in Duisternis Uitgewers is uitgestal en ds. Strauss het die afgevaardigdes by die beraad toegespreek.

|
|
|
SPESIALE AANBIEDINGE |
|
|
OORWEEG SÓ ‘N GESKENK |
|

Het jy geweet jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys vir iemand per e-pos stuur?
Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.
|
|
|
 |
|
|