 |
|
|
Getuies van die Lig
In Johannes 1 beskryf die apostel die koms van Jesus Christus. Hy getuig van Hom: In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense (Joh. 1:4). In dieselfde hoofstuk praat hy ook oor Johannes die Doper wat as wegbereider vir die Messias gekom het. Hy word soos volg beskryf: Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig (Joh. 1:8).
Wanneer ons gereedmaak om die feestyd in te gaan, is dit belangrik om hierdie onderskeid in gedagte te hou. Kersfees is gewoonlik ’n tyd waar baie mense hul huise met Kersliggies versier. Party se huise is so mooi versier, dat dit skares besoekers lok. Daar is egter geen versiering wat opweeg teen Christus wat as Lig van die wêreld gekom het nie. Só geweldig is sy glans dat Johannes oor Hom getuig: En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie (Joh. 1:5).
Elkeen wat deur die Gees met dieselfde heerlikheid as Hy verlig word, se taak is om, soos Johannes, ’n getuie van die Lig te wees. Ons is nie die Lig nie, maar ons lewens behoort soos ’n stad op ’n berg en soos ’n lamp op ’n lampstaander te wees. Waar Kersliggies ná Kersfees verwyder en weggepak word, behoort hierdie Lig die hele jaar uit ons lewens te straal. Dit gee meer vreugde en ontlok groter verwondering as wat die mooiste Kersliggies kan! |
|
 |
|
NUWE PUBLIKASIES
|
|
Die avonture van Appelkie die muis
Appelkie die muis en sy familie stap deur die wonderwêreld van Génesis. Dit is ’n wipplankrit vol avonture met laagtepunte en hoogtepunte, maar uiteindelik sal jou mond, soos Appelkie s’n, oopval van verwondering oor wat God in die geskiedenis gedoen het. Koop jou Appelkie-boek hier vir R170.
|
|
|
GEBEURE GEDURENDE NOVEMBER
|
|

Lig in Duisternis Uitgewers het in samewerking met Maroela Media ʼn kompetisie aangebied waar deelnemers ʼn opstel van 150 woorde moes skryf en soveel as moontlik idiome gebruik.
Die wenner (Jeanette Loock) het met ʼn Idiomepret-bordspeletjie asook die boek, Met een voet in die Bybel, weggestap.
Marietjie Dempers het haar net so goed van haar taak gekwyt en was in die tweede plek.
Baie geluk aan ons wenners!
Lees gerus die twee wenstories hier.
|
|
|
HET JY GEWEET?
|
|
Die korrekte idioom is “om iemand te wys waar Dawid die wortels gegrawe het” en nie begrawe nie.
|
|
|
SPESIALE FEESTYD WINSKOPIES |
|
Ons spesiale aanbiedinge is nog tot 9 Desember geldig.
|
|
OORWEEG SÓ ‘N GESKENK |
|

Het jy geweet jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys vir iemand per e-pos stuur?
Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.
|
|
|
|
ONS SLUIT VIR FEESTYD
|
|
Lig in Duisternis Uitgewers vat ʼn blaaskans oor die Feestyd en sal gesluit wees vanaf 16 Desember tot en met 3 Januarie.
Ons gun ook elke kliënt, ondersteuner en betrokkene ʼn ruskans en wens elkeen ʼn spesiale tyd saam met geliefdes toe. Baie dankie dat ons paaie in 2022 kon kruis. Ons sien daarna uit om mekaar weer in 2023, aanlyn of in persoon, raak te loop.
Geseënde Kersfees!
|
|
 |
|
|