 |
|
|
Salig is hulle wat treur
Die saligsprekinge kan beskryf word as die karaktereienskappe van die saliges. Dit is nie eienskappe wat net deur sommige gelowiges openbaar word nie, maar soos die vrug van die Gees behoort ál hierdie eienskappe by ál God se kinders teenwoordig te wees.
Om te treur, lees ons in Matthéüs 5:4, is een van hierdie eienskappe. Dit val vreemd op die oor dat die Here Jesus sê “salig” of “gelukkig” is hulle wat treur, want iemand wat treur is tog nie gelukkig nie. Dit gaan egter nie hier soseer oor mense wat hartseer is oor een of ander verlies nie, maar het te doen met hartseer oor die sonde. Dit is ’n eienskap van ’n gelowige dat sy eie sonde en die sonde wat hy rondom hom sien, hom treurig maak. Hy treur daaroor, want dit is juis sonde wat die mens se kanse op ewige geluk en vreugde in die wiele ry. Dit is sonde wat ons vir God laat wegkruip, soos Adam en Eva in die tuin van Eden, en ’n verhouding met God onmoontlik maak.
Vir hulle wat oor die sonde treur, is daar hoop. Christus sê dat hulle vertroos sal word. Hy het immers gekom om al die trane wat deur ons sondes en die gevalle werklikheid van die sondige wêreld rondom ons veroorsaak word, af te droog. Hy het betaal vir ons sonde sodat ons toegang tot die vreugde van ’n ewige lewe kan hê. Daarom is die wat waarlik oor hulle sonde treur ook die gelukkigste onder die gelukkiges.
’n Wêreld wat soek na geluk en blydskap het nodig om eers te leer om oor die regte dinge hartseer te wees. As ons oor die sonde hartseer is, sal ons bekers oorloop wanneer ons besef dat Christus juis vir daardie sonde versoening gedoen het. Daarin lê ware vreugde en word die evangelie met reg die “blye boodskap” genoem. Wie treur oor sy sonde, verbly hom uiteindelik in die Here (vgl. Filip. 4:4). |
|
 |
|
UITSTALLINGS EN BEDRYWIGHEDE
GEDURENDE JANUARIE
|
|
Besoeke
Ds. Schalk Strauss sal vanaf 25 Februarie tot 5 Maart verskillende AP kerke in die Kaap besoek om Lig in Duisternis Uitgewers bekend te stel. Kom maak gerus ʼn draai as jy in die omgewing is:
- AP Kerk Tygerberg 26 Februarie
- Piketberg 4 Maart
- Tygerberg basaar 4 Maart
- Hugenotevallei (Wellington) 5 Maart
Hou gerus ons sosiale media dop vir meer inligting hieroor.
Bedrywighede
- Die Lig in Duisternisprys vir Bybelkennis is vanjaar vir die eerste keer tydens die CVO Skool Pretoria se prysuitdeling toegeken. Ds. Schalk Strauss is hier saam met die wenners: Barend van den Berg (hoërskool) en Christian van der Walt (laerskool).

- Lig in Duisternis Uitgewers het hierdie skool ook tydens die eerste skooldag besoek. Ds. Schalk het onder andere met een van die splinternuwe graad 1’tjies gesels en een gelukkige maatjie het ʼn kopie van Appelkie losgeslaan. Loer gerus hier na die kostelike video.

- Ds. Schalk se artikel, Manwees in ʼn ontmande wêreld, verskyn in Juig! se nuutste uitgawe. Skaf gerus ʼn kopie aan om die artikels te lees.

|
|
|
BOEKFOKUS
|
|
Ons fokus vandeesmaand op Die avonture van Appelkie die muis (Génesis).
Appelkie die muis is ’n baie nuuskierige klein muisie wat soms dapper, soms bang, en selfs ’n bietjie stout kan wees. Hy is altyd baie lief vir die Here en volg die storie van God dwarsdeur die Bybel. Hy word egter nie duisende jare oud nie, maar in die opeenvolgende muisgeslagte is daar telkens ’n Appelkie wat saam met die Bybelkarakters die handelinge van die Here beleef en daaruit leer wie God is, wat Hy doen en wat Hy van almal verwag.
Die avonture van Appelkie die muis poog om die goue draad van God se genade deur die Bybelse geskiedenis na te speur. Hierdie uitgawe fokus spesifiek op Génesis.
Die doel van hierdie boek is om God se Naam groot te maak wanneer elkeen wat dit lees besef dat die goue draad van God se genade ononderbroke vanuit die Bybelse geskiedenis tot in ons eie lewens loop.
Skuif gerus nader om na ʼn voorlesing van hierdie besonderse kinderboek deur die skrywer, ds. Jannie Bisschoff, te luister.
Jy kan ook jou kopie teen R170 op ons webwerf aanskaf.
|
|
| |
|
VALENTYNSDAG |
Het jy geweet waar Valentynsdag eintlik vandaan kom?
Toe keiser Claudius II baie jare gelede geëis het dat Christene hul geloof verloën en heidense afgode aanbid, het Valentinus geweier. Hy is gearresteer en tot die dood veroordeel. Verder het hy die keiser nóg kwater gemaak deur om die soldate in die geheim met hul jong bruide te laat trou, iets wat in daardie tyd verbied is.
Lees gerus die interessante artikel hieroor verder op ons webwerf.
|
|
AANLYN WINSKOPIES |
|
|
TAALWENK VAN DIE MAAND |
|
|
OORWEEG SÓ ‘N GESKENK |
| |
Het jy geweet jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys vir iemand per e-pos stuur?
Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.
|
|
|
 |
|
|