Plaas media@liginduisternis.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

01 - 2024

Met die begin van 'n nuwe jaar roep die woorde "nuwe begin" 'n gevoel van verwagting en hernuwing by my op. 'n Spesifieke Bybelverhaal maal deur my gedagtes – die verhaal van Noag se ark.

In Génesis lees ons van God se belofte van herstel en 'n nuwe begin ná die vernietigende vloed. Noag, gehoorsaam aan God se opdrag, bou 'n ark en bring deur sy gehoorsaamheid bring God hoop en vernuwing vir die wêreld.

Net soos in Noag se verhaal, bied hierdie nuwe jaar vir ons die geleentheid om gehoorsaam aan God te wees. Kom ons onthou God se onvoorwaardelike beloftes en sien in geloof uit na die jaar wat voorlê.

Wanneer ons die bladsye van die kalender omslaan, laat ons nie net wonder wat in die volgende 12 maande in ons lewens gaan gebeur nie. Kom ons dink ook aan die hoopvolle beloftes in die Bybel wat ons aanmoedig om elke nuwe dag te lééf en ons vertroue in God te stel.

Kom, begin dié jaar met die vaste oortuiging dat God se genade en leiding ons op 'n pad van vernuwing en hoop sal lei. Hierdie nuwe jaar is 'n kans vir 'n nuwe begin, 'n reis van geloof en gehoorsaamheid.

Gebeure

Lig in Duisternis Uitgewers was bevoorreg om op 16 Januarie deel van Helpende Hand se tassieprojek te wees. Die tassie wat by laerskool Danie Malan uitgedeel is, het almal van Die Wit Rokkie bevat.

Helpende Hand sorg sedert 2007 dat behoeftige graad een-leerders ook met ‘n tassie in die hand by die skool opdaag. So word hulle in staat gestel om hul skoolloopbaan op gelyke voet met hul skoolmaats aan te durf.

BCVO GLANSGELEENTHEID 2024

BCVO se toppresteerders van 2023 se matriekeksamen, het in Januarie tydens ‘n glansgeleentheid erkenning vir hulle harde werk gekry. Die Lig in Duisternisprys vir Bybel is aan Kleo Bornman van CVO Skool Pretoria toegeken.

Hier oorhandig ds. Schalk Strauss, Publikasiehoof by Lig in Duisternis Uitgewers, die Lig in Duisternis Bybeltrofee aan Kleo Bornman van die CVO Skool Pretoria.

'n Lig in Duisternisprys vir hoër- en laerskool word ook by deelnemende CVO-skole tydens hul jaarlikse prysuitdelings toegeken. Hiermee die foto’s van die wenners by CVO skool Lichtenburg,  CVO Skool Pretoria, CVO Gromar en Orania CVO-skool.

Bo van links na regs: CVO Lichtenburg: Rita Goosen (hoërskool), Kirsten van der Westhuizen (laerskool); CVO Orania: Christi de Klerk (hoërskool) en Migael Murphy (laerskool)

Onder van links na regs:  CVO Gromar: Michiel Genis (hoërskool) en Izeth Coetzer (laerskool) : , CVO Pretoria: Karlien Hanekom (hoërskool) en Christiaan van der Walt (laerskool).

 

 

Dagboek vir Februarie

  • 16 Virtuele boekbekendstelling - Rigting: Woord of Tydsgees (12:00)
  • 21 Internasionale Moedertaaldag

Boekfokus

Ons is opgewonde om prof. Hendrik van der Wateren, gerespekteerde akademikus en skrywer, se nuutste boek, Rigting: Woord of Tydsgees, bekend te stel.

In hierdie boek word daar indringend na die kompleksiteite en uitdagings van die moderne lewe gekyk. Rigting: Woord of Tydsgees poog om rigting aan denke te gee te midde van die warboel waarin ons tans leef. Die skrywer ontleed die rigtertyd en daaruit vloei beginselriglyne vir ons huidige samelewing.

“Verstaan ons die rigtertyd, verstaan ons ons huidige lewe,” aldus prof. Van der Wateren. “Die rigtertyd is brandend aktueel en verhelderend vir ons hedendaagse lewe. Dit bied vir ons toepaslike beginselriglyne.”
Prof. Van der Wateren wys op die aktuele aard van die rigtertyd wat praktiese lewenskwessies en godsdiensbelewing aanspreek.

Die boek bied ‘n unieke blik op die spanning tussen geloofsgehoorsaamheid aan die Woord en die denke in die moderne tydsgees.

Rigting: Woord of Tydsgees is nuut op Lig in Duisternis Uitgewers se rakke en ook beskikbaar op Amazon.

Lig in Duisternis Uitgewers nooi jou om deel te wees van die virtuele boekbekendstelling op 16 Februarie om 12:00. Ds. Schalk Strauss, Publikasiehoof by Lig in Duisternis Uitgewers, en prof. Van der Wateren sal oor sy boek gesels.

Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur ’n ruim finansiële bydrae van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Klik hier om meer te lees.

E-boeke

Het jy geweet dat ’n hele paar van Lig in Duisternis Uitgewers se boeke ook as e-boeke beskikbaar is?

Om hierdie boeke op Kindle te kry, doen die volgende:

  1. Installeer die Kindle-toep op jou rekenaar, selfoon of tablet
  2. Besoek Amazon se webblad en tik “Lig in Duisternis Uitgewers” (tussen aanhalingstekens) in die soekfunksie vir 'n lys van ons e-boeke.
  3. Of besoek ons webwerf en loer onder die afdeling “Kindle e-boeke” om joune aan te skaf.

Oorweeg só 'n geskenk

 

Jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys per e-pos vir iemand stuur! Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.