![]() |
||||
|
||||
|
In Lukas 10:38-42 lees ons die verhaal van twee susters, Maria en Martha, en Jesus se besoek by hulle aan huis. Martha het vreeslik rondgeskarrel om alles reg te kry vir Jesus se besoek, terwyl Maria gekies het om stil by Jesus se voete te sit en na Hom te luister en by Hom te leer. In ons besige lewens is dit vandag so maklik om soos Martha vasgevang te raak in ons daaglikse take en verantwoordelikhede. Ons jaag van die een afspraak na die volgende, en dan verloor ons perspektief op wat regtig belangrik is, naamlik om stil te raak en tyd in sy teenwoordigheid te spandeer. Ek wil jou vandag aanmoedig om vir ʼn oomblik stil te raak. Lees weer die verhaal van Maria en Martha, en vra jouself af: Is jy meer soos Martha of soos Maria? Maak jy tyd om by God stil te raak en sy vrede in jou lewe toe te laat, of raak jy verlore in die gejaag van die dag? Dit is juis in daardie stil oomblikke, wanneer ons ons gedagtes en harte op die Here rig, dat ons versterk word vir alles wat voorlê. |
||||
![]() |
||||
|
||||
Lig in Duisternis Uitgewers het drie boekpryse geskenk aan die finaliste van TLU SA se Jongboer van die Jaar-kompetisie. Die boeke is op 4 September 2024, tydens TLU SA se jaarlikse kongres, aan die wenners oorhandig. Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers, het ook tydens die glansgeleentheid ʼn boek oorhandig aan Henry Geldenhuys, die pas verkose president van TLU SA, as ʼn simboliese geskenk om hom op sy leierskapspad te inspireer.
Verbondsjeug maak GROOT skenking aan Lig in Duisternis Uitgewers. Ons het met opregte dank ʼn skenking van R5 000 vanaf die AP Kerk Windhoek ontvang. Dit alles te danke aan ʼn inspirerende fondsinsamelingsaksie deur die verbondsjeug van die gemeente. In die gees van samewerking en ondersteuning, daag ons ander gemeentes uit om hierdie skenking te verdubbel deur enige vorm van fondsinsameling. Lees meer hier.
|
||||
|
||||
BELA-wetsontwerp: Die behoud van moedertaalonderrig en Christelike waardes is ononderhandelbaar!
|
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
Jy is verkies tot kerkraadslid, maar nou begin die vrae opduik: Wat nou? Wat beteken dit om ʼn kerkraadslid te wees? Wat word van my verwag, en sal ek dit kan hanteer? In sy nuwe publikasie, Oriëntasie vir Kerkraadslede, gee prof. Koos Adendorff antwoorde op al hierdie vrae en bied hy waardevolle leiding. Hierdie boekie is ʼn onmisbare gids vir enige persoon wat geroep word om as ouderling of diaken in die kerk van Jesus Christus te dien. Dit bied ʼn Bybelse perspektief op die belangrike rol van ampsdraers, en help u om met insig en toewyding aan die vereistes van hierdie dienswerk te voldoen. Met spesifieke teksgedeeltes uit die Skrif, sal hierdie boekie jou voorberei om jou amp met geloof en integriteit te vervul. Dit wys hoe ʼn ordelike en betroubare kerk onder leiding van gekose manne floreer en hoe dit help om eenheid en eendrag in die gemeente te bevorder. Die boek kan ook op ons webblad by www.liginduisternis.co.za bestel word. |
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
Het jy geweet dat ’n hele paar van Lig in Duisternis Uitgewers se boeke ook as e-boeke beskikbaar is?
Om hierdie boeke op Kindle te kry, doen die volgende:
|
||||
|
||||
![]() | ||||
![]() |
||||
|