![]() |
||||
|
||||
|
Soos wat ons die einde van 2024 nader, dalk ʼn bietjie moeg en moedeloos, kan ons met dankbare harte terugkyk en weet dat al was ons soms verdruk, was ons nie teneergedruk nie, of al was ons verleë, was ons nooit radeloos nie, want die Here was met ons (vgl. 2 Kor. 4:8-9). Hierdie tyd van die jaar is ons harte tot oorlopens toe gevul met die wonder van Kersfees – ʼn vreugdestyd van hoop en liefde. Ons word opnuut herinner aan die blye boodskap van Kersfees, Jesus se koms na die aarde, waarin ons die diepste bewys van God se liefde en genade sien. Mag hierdie Kersseisoen jou inspireer om anders na die wêreld om jou te kyk. Gee geskenke, maar reik ook uit met vriendelikheid en deernis. Vier hartlik fees, maar leef ook met doelgerigte dankbaarheid. Geseënde Kersfees aan jou en jou geliefdes. Reis veilig en geniet die wonder van God se liefde in hierdie feestyd. |
||||
![]() |
||||
|
||||
Lig in Duisternis Uitgewers het op 9 November by Meander Kleuterskool se sportdag by die NG Kerk Valleisig uitgestal.
Lig in Duisternis Uitgewers help hoop skep vir honderde graad 1-leerlinge. Ons is trots om vanjaar deel te kon wees van Solidariteit Helpende Hand se Skooltassie-projek! Wat ʼn spesiale voorreg om hierdie groentjies toe te rus vir hul akademiese reis. Indien jy ook by die besonderse projek betrokke wil raak en ʼn verskil in ʼn graad 1-leerling se skoolloopbaan wil maak, klik hier. https://helpendehand.co.za/skenk-n-tassie/
Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers, het op 22 November die voorreg gehad om Solidariteit Helpende Hand se personeelvergadering met ʼn spesiale boodskap te open. Tydens die geleentheid is ʼn kopie van die inspirerende boek, Ewige beginsels om suksesvolle kinders groot te maak aan Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, oorhandig.
Bekendstelling: Ewige beginsels om suksesvolle kinders groot te maak Ewige beginsels om suksesvolle kinders groot te maak is op 25 November 2024 tydens ʼn insiggewende aanlyn bekendstellingsgeleentheid bekendgestel. Hierdie publikasie is die Afrikaanse vertaling van die bekroonde Timeless Principles for Raising Successful Children, geskryf deur Yavor Rusinov. Volgens Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers en vertaler van Ewige Beginsels, bied die publikasie tydlose wysheid en praktiese raad, wat daarop gemik is om sterk, veerkragtige en verantwoordelike kinders groot te maak. Dit bied ʼn holistiese en geloofsgebaseerde benadering tot ouerskap. Om die volle verklaring te lees, klik hier. Om die volledige onderhoud te kyk, klik hier.
Redakteursforum Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers en redakteur van die Afrikaanse Protestantse Kerk se kerkblad Die Boodskapper, het op 8 Desember op PretoriaFM se Redakteursforum met Esmarie Yssel gesels oor Desember/Januarie se uitgawe, wat op die koms van Jesus Christus fokus. Luister na die volledige onderhoud hier.
Die Boodskapper maak sy digitale voetspoor Die wêreld beweeg vinnig en digitale vooruitgang maak ons lewens nie net makliker nie, maar ook meer toeganklik. Dit is dus met groot opwinding dat ons aankondig dat Die Boodskapper sy eie toepassing het! Nou is jou gunstelingleesstof maklik bekombaar, binne die palm van jou hand. Om die volledige artikel te lees, klik hier.
| ||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
Tussen doop en nagmaal (VBO Gr. 10 – 11) is soveel meer as net ʼn boek. Dit is ʼn reis na geloofsekerheid! Lig in Duisternis Uitgewers se nuwe verbondsonderrigboek, Tussen doop en nagmaal (VBO Gr. 10 – 11) is ʼn kategesehandleiding aan die hand van die Heidelbergse Kategismus. Die publikasie is bedoel vir finalejaarkatkisante (gr. 10-11), maar is ook ʼn uitstaande hulpmiddel vir alle gelowiges wat die fondasie van hul geloof wil versterk. Die kern van die boek lê in die verhouding tussen kennis en liefde: Om God lief te hê, moet ʼn mens Hom leer ken, en hierdie kennis moet dieper as blote intellektuele begrip wees. Dit moet die hart en lewe van die verbondskind transformeer. Deur middel van verbondsonderrig, word jongmense begelei om nie net die leerstellings van die geloof te verstaan nie, maar dit ook prakties toe te pas in hul daaglikse lewens. Die riglyne aan die hand van die Heidelbergse Kategismus help jongmense om diepgewortel te wees in Bybelse waarhede en dit stel hulle in staat om as volwaardige lidmate in die kerk van Jesus Christus te arbei en te leef. Tussen doop en nagmaal is nou op Lig in Duisternis se webblad beskikbaar. Klik hier om jou kopie te bestel. |
||||
|
||||
Kyk uit vir Met ʼn Huppeldans langs ʼn klaagmuur - Die lewensverhaal van Dawid, wat binnekort vrygestel word. Koning Dawid was ʼn “man na God se hart”, maar tog was sy lewe gevul met hartseer en struikelblokke, soos die lewens van talle ander gelowiges. Hierdie inspirerende publikasie delf diep in Dawid se geskiedenis, sy verhouding met God, en die groter prentjie van God se raadsplan om die sondaarmens te red. Moenie hierdie merkwaardige boek misloop nie! Raak deel van ons WhatsApp-groep om eerste in kennis gestel te word, sodra Met ʼn Huppeldans langs ʼn klaagmuur - Die lewensverhaal van Dawid, beskikbaar is! |
||||
|
||||
|
||||
|
||||
|
Di. Schalk Strauss en Johan Schütte vertrek DV op 19 Januarie 2025 na Indië om Lig in Duisternis Uitgewers seHindi- vertaling van die Drie Formuliere van Eenheid (Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis en Dordtse Leerreëls) gedurende ʼn konferensie bekend te stel. Tydens die konferenise gaan die Heidelbergse Kategismus met 20 plaaslike Christenpredikante behandel word. “Hierdie konferensie is daarop gemik om die fundamentele leerstellings van die Christelike geloof te versterk en predikante toe te rus met die nodige kennis en kerklike belydenisse om hul gemeentes met die waarheid van die evangelie te bedien,” aldus ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers. Om hierdie reuseprojek suksesvol te volvoer, benodig Lig in Duisternis Uitgewers sowat R100 000 om die publikasie, bekendstelling, konferensie en die opleiding van die plaaslike Christenpredikante te finansier. Ons nooi elkeen uit om betrokke te raak by hierdie grootse inisiatief. Om die projek te ondersteun, klik hier. |
||||
|
||||
|
||||
|
||||
![]() |
||||
![]() |
||||
|