Die wêreld beweeg vinnig en digitale vooruitgang maak ons lewens nie net makliker nie, maar ook meer toeganklik. Dit is dus met groot vreugde dat ons aankondig dat Die Boodskapper, kerkblad van die Afrikaanse Protestantse Kerk, sy eie toepassing gekry het! Jou gunstelingleesstof is nou maklik bekombaar, binne die palm van jou hand.
Hierdie innoverende toep beteken dat jy nie meer hoef te wag vir Die Boodskapper om by jou afgelewer te word nie. Daarmee saam hoef jy nie meer ‘n naarstiglike soektog op tou te sit vir die vorige uitgawe wat jy verlê het nie. Met die druk van ʼn knoppie het jy nou, enige tyd of plek, onmiddellike toegang tot Die Boodskapper. Volgens ds. Schalk Strauss, redakteur van Die Boodskapper, is die toep ontwerp met die leser se gemak in gedagte en bied dit jou ‘n leeservaring duisend.
Wat maak hierdie toep so uniek?
Die Boodskapper-toep is nie net nóg ’n digitale weergawe van ’n tydskrif nie. Dit is ’n dinamiese hulpmiddel wat jou toegang gee tot al die nuutste uitgawes en inhoud op ’n georganiseerde en gebruikersvriendelike manier. Hier is wat jy kan verwag:
- Toegang tot alle 2024-uitgawes
Al die 2024-uitgawes van Die Boodskapper is reeds opgelaai en jy kan deur elkeen blaai en lees. - Die Jeugboodskapper in ’n spesiale afdeling
Jong lesers kan nou maklik toegang kry tot Die Jeugboodskapper, om ook in hul behoeftes aan opbouende, Christelike leesstof te voorsien. - Rangskik artikels op jou manier
Hou jy van alles op een slag, of eerder een afdeling per keer? Dit maak nie saak nie, want die toep bied jou die opsie om artikels per uitgawe of per spesifieke afdeling te rangskik, presies soos jy daarvan hou. - Luister na die inhoud
Elke artikel het ’n handige skakel wat jou na die klankopname daarvan neem. Of jy nou in die motor is, inkopies doen, of net wil ontspan – jy kan luister en op hoogte bly. - Kragtige soekfunksie
Met die toep se gevorderde soekfunksie is jy net ’n sleutelwoord ver van enige artikel of onderwerp wat jy wil opspoor.
Hoe kry jy die toep?
Makliker as dit kan dit eenvoudig nie! Die Boodskapper-toep is nou beskikbaar op Google Play Store en Apple iStore. Gaan laai dit gratis af en begin lees (of luister) dadelik!
Waarom is die toep so belangrik?
In ’n tyd waar mense meer tyd op hul slimfone as agter hul rekenaars deurbring, bring die toep Die Boodskapper na jóú toe – enige plek, enige tyd. Dit maak nie saak of jy op die plaas, in die stad, of selfs oorsee is nie – jy het altyd toegang tot jou gunstelingleesstof.
