Manuskripte

Indien van ’n manuskrip

Wie ons is

Voornemende skrywers word aangemoedig om hulself van Lig in Duisternis Uitgewers se identiteit en karakter te vergewis om seker te maak dat die inhoud van hul werk by die lewens- en wêreldbeskouing van Lig in Duisternis Uitgewers pas. Lees gerus hier.

Ons proses

  1. Manuskripte moet unieke werke wees wat nog nie voorheen gepubliseer is nie.
  2. Dit is die outeur se verantwoordelikheid om seker te maak dat hy homself nie skuldig maak aan enige vorm van plagiaat in sy manuskrip nie.
  3. Manuskripte wat ontvang word en potensiaal toon, word aan ’n voorlopige keurder gestuur vir kommentaar en ’n aanbeveling.
  4. Indien ’n positiewe verslag van die keurder(s) ontvang word, word dit aan Lig in Duisternis Uitgewers se Publikasiekommissie vir oorweging voorgelê.
  5. Sodra die Publikasiekommissie die uitgee van die publikasie goedkeur, word daar met die skrywer onderhandel en ’n kontrak vir die uitgee van die publikasie gesluit.
  6. In so ’n geval is Lig in Duisternis Uitgewers verantwoordelik vir die finansiering van die projek, tensy anders gestipuleer in die kontrak.
  7. Indien die Publikasiekommissie die uitgee van die publikasie afkeur, kan Lig in Duisternis Uitgewers steeds aan u die diens lewer en help met die uitgee van die publikasie, hoewel dit nie onder die vaandel van Lig in Duisternis Uitgewers sal geskied nie.
  8. In só ’n geval vergoed die skrywer Lig in Duisternis Uitgewers vir dienste gelewer (bv: proeflees, bladuitleg, voorbladontwerp, onderhandelings met drukkers, ens.).