Beperkte aanspreeklikheid en vrywaring
- Jou toegang tot en gebruik van die Lig in Duisternis Uitgewers webtuiste en toepassing (app) is op jou eie risiko.
- Dit is jou eie plig om die hardeware, sagteware, en telekommunikasielyne wat jy mag gebruik om toegang te verkry, in stand te hou.
- Lig in Duisternis Uitgewers maak geen waarborge met betrekking tot die inhoud van die platform nie. Dit is jou eie verantwoordelikheid om die korrektheid van inligting na te gaan.
- Lig in Duisternis Uitgewers is nie aanspreeklik vir enige verlies of skade as gevolg van foutiewe inligting, ongemagtigde toegang deur derde partye, of die onbeskikbaarheid van die diens nie.
- Jy vrywaar Lig in Duisternis Uitgewers teen enige eise wat voortspruit uit jou gebruik van die platform.
- Ons behou die reg voor om die diens te enige tyd te verander of op te skort.
- Jy is self verantwoordelik vir enige inhoud wat jy op die webtuiste laai; ons is nie verantwoordelik vir die verlies van data nie.
- Opinies op blogs is diƩ van die outeur en word nie noodwendig deur Lig in Duisternis Uitgewers onderskryf nie.
Beskerming van persoonlike inligting (POPIA)
Lig in Duisternis Uitgewers is verbind tot die beskerming van jou persoonlike inligting in ooreenstemming met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA). Ons sal nie jou inligting verkoop of verhuur nie.
Veiligheidsmaatreƫls:
- Administratief: Toegangsbeheer en personeelopleiding.
- Tegnies: Enkripsie van data tydens oordrag, netskans en antivirus-sagteware.
- Fisies: Beheerde toegang tot datasentrums en kluise.
Data-invordering: Hoekom ons jou inligting benodig
Ons gebruik jou inligting slegs vir wettige doeleindes:
- Kennisgewing aan gebruikers: Om jou in te lig oor tegniese opgraderings, veranderinge aan bepalings, of jou inskrywings- en betalingsstatus vir Die Boodskapper-platform.
- Leserprofiele en verbetering: Ons versamel inligting soos jou naam, kontakbesonderhede en ouderdom om inhoud te ontwikkel wat gepas is vir spesifieke ouderdomsgroepe en om markanalise te doen.
Data-verwydering en gebruikersregte (Data Deletion)
In ooreenstemming met die Google Play-beleid en POPIA, het jy die reg om te versoek dat jou persoonlike data verwyder word:
- Jy kan versoek dat jou rekening en alle gepaardgaande data geskrap word deur ‘n e-pos te stuur na boekwinkel@liginduisternis.co.za.
- Ons sal binne ‘n redelike tydperk aan jou versoek voldoen, tensy ons wetlik verplig is om sekere transaksie-data te behou.
Vertroulikheid
Indien inligting met diensverskaffers gedeel word om die app te laat funksioneer (bv. betalingshekke of Google Play-dienste), geskied dit onder streng vertroulikheid en in ooreenstemming met die wet.
Kontakbesonderhede
Vir enige vrae oor jou data of om jou regte uit te oefen, kontak ons:
- Telefoon: 012 362 1390
- E-pos: boekwinkel@liginduisternis.co.za
