Registreer as handelaar van Lig in Duisternis Uitgewers
Kyk hoër. Delf dieper. Sien meer. Dít is nie net ons leuse nie, maar die motivering vir ons missie om mense werklik meer te laat sien.
Ons publikasies bring daardie dieper waarhede na vore. Nou soek ons jóú om ons te help om ons lewensveranderende publikasies in soveel as moontlik hande te kry: Word ’n geregistreerde handelaar van Lig in Duisternis Uitgewers!
Wat beteken handelaarsregistrasie?
- Jy help ons om ons publikasies te versprei.
- Jy verdien tussen 15% en 30% afslag op elke boek wat jy verkoop.
- Jy hoef nie voorraad aan te hou nie. Bestel soos nodig, wanneer nodig.
- Jy registreer aanlyn as kommersiële handelaar, eenmansaak of kolporteur.
Ons maak dit maklik, of jy nou ’n pensioenaris of skolier is.
Wat doen jy?
- Bestel jou keuse van boeke.
- Ontvang jou faktuur (afslag ingesluit).
- Verkoop wat jy kan.
- Stuur onbeskadigde voorraad terug.
