Vriende en bemindes

Vriende en bemindes
R190

Die huwelik is meer as ‘n seksuele verhouding. Dit is gebou op vriendskap. Joel Beeke gee Skrifgetroue beginsels vir ‘n gesonde huwelik.

Bladsye: 94

In voorraad

Vriende en bemindes

Loading...

SKU: VRI001
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)

Beskrywing

’n Huwelik behoort meer te wees as twee mense wat bloot dieselfde huis, verantwoordelikhede en bed deel. God het man en vrou geskape om mekaar se vriende én bemindes te wees – om saam te leef, saam te groei, mekaar te dien en in ’n innige eenheid nader aan Hom én aan mekaar te kom.

In 𝘝𝘳𝘪𝘦𝘯𝘥𝘦 𝘦𝘯 𝘉𝘦𝘮𝘪𝘯𝘥𝘦𝘴 neem Joel Beeke twee onmisbare aspekte van ’n gesonde Christelike huwelik onder die loep: vriendskap en seksuele intimiteit. Met die Skrif as uitgangspunt en met die pastorale wysheid waarvoor hy bekend is, wys Beeke hoe egpare hul vriendskap doelbewus kan koester, beter kan kommunikeer, versoekings en konflik kan hanteer, en mekaar met groter liefde en selfverloëning kan dien.

Sonder om platvloers daaroor te wees, skryf hy ook openhartig en Bybelgetrou oor die seksuele sy van die huwelik en wys hoe seksuele liefde binne die huwelik deel van God se goeie skeppingsgawe is.

Hierdie is nie ’n formule vir ’n volmaakte huwelik nie, maar ’n warm, praktiese oproep om die vuur van liefde weer aan te blaas – tot groter vreugde in mekaar en tot eer van God.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan