Die Apie wat nie groente wou eet nie

Die Apie wat nie groente wou eet nie
R150

Groente is sleg! Apie wil dit nie eet nie, maar vind gou uit waarom dit so belangrik is. Deur Marjan van der Kamp

Bladsye: 16

In voorraad

Die Apie wat nie ...

Loading...

SKU: API002
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)
  • Amazon E-boek

Beskrywing

Wie wil nou pampoensop eet as daar melkkos met stroperige kaneelsuiker in jou bord is? Of wortels, as geel kaaskrulle sommer uit die pak uit “eet ons!” skree? Om nie te praat van siekgroen spinasieblare en bossierige broccoli-schmoccoli nie … Vir klein Apie is groente-eet die verkeerdste ding om te doen! Totdat ’n ATIESJOE! haar plat op die rug het, en ’n KAPLAKS! haar in die hospitaal laat beland. Dan eers besef klein Apie: Groente-eet is nie net vir grootmense nie … Om soldaatjies te hê wat jou ATIESJOE! laat bedaar, en jou KAPLAKS! betyds keer, moet jy jou pampoen en wortels, en spinasieblare en bossierige broccoli-schmoccoli eet. Dan eers kan vlytige vitamien-soldaatjies jou sterk maak om van boom tot boom, en van tak tot tak, te klim en te klouter …

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan

Amazon E-boek

Amazon skakel: https://www.amazon.com/dp/B0H5TC1D58