![]() |
||||||||
|
||||||||
|
Die hoop van die Heilige Gees Gedurende Pinkstertyd het ons met dankbaarheid teruggedink aan die uitstorting van die Heilige Gees (vlg. Hand. 2). Dit is ’n vertroosting dat die Here Jesus Christus ons nie alleen in die wêreld agtergelaat het nie. Die Heilige Gees is ons Trooster en Pleitbesorger. Hy woon in ons, heilig ons en maak ons aan die beeld van Christus gelykvormig. Mag 2 Korinthiërs 13:13 elkeen van ons op ons geloofspad bemoedig: Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. |
||||||||
![]() |
||||||||
|
||||||||
|
Bekendstelling: Die apie wat nie kan stilsit nie Lig in Duisternis Uitgewers het sy nuutste kinderboek, Die apie wat nie kan stilsit nie, op 6 Junie by Kleutergenot Kleuterskool in Pretoria bekendgestel. Die boek is met groot entoesiasme deur die skrywer, Marjan van de Kamp, voorgelees. Haar vrolike vertelstyl het die jong gehoor se harte gewen en hulle was gou saam met klein Apie op haar vroetelkousavonture . Dr. Annelise de Vries, hoof- uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, het ook die geleentheid bygewoon. Die Akademie het bygedra tot die publisering van die boek en ondersteun graag projekte wat die liefde vir Afrikaans en lees onder kinders bevorder. Volgens ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers, is Die apie wat nie kan stilsit nie 'n waardevolle hulpmiddel vir ouers en onderwysers om lewensvaardighede op ʼn prettige en toeganklike manier oor te dra. “Hierdie boekie help kinders om hulself in klein Apie se onrustigheid te herken en wys dat selfs dié wat nie kan stilsit nie, ook groot uitdagings kan baasraak.” Hierdie kinderboekie is 'n uitstekende toevoeging tot enige kind se boekrak en is nou beskikbaar vir slegs R150 op Lig in Duisternis Uitgewers se webblad.
Gesprek op Goeiemôre Good Morning Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers, het op 16 Junie met Pieter Koen op Goeiemôre Good Morning oor waardevolle insigte uit die boek van Yavor Rusinov, Ewige beginsels om suksesvolle kinders groot te maak, gesels. Dit is regstreeks op kykNET&kie (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Klik hier om na ’n opname van die uitsending te kyk.
In my element!: ’n Onderhoud met Elisna Myburgh Ds. Schalk Strauss, hoof van Lig in Duisternis Uitgewers, het met Elisna Myburgh oor die In my element-flitskaarthulpmiddel gesels. Elisna is die samesteller van die elementkaarte, wat beslis die Grieks uit die periodieke tabel neem. Koop nou jou flitskaartpak vir slegs R200.Klik hier om na die onderhoud te kyk.
Resensie: Herderskap van ’n kinderhart Saskia Meijer, hoof van Gereformeerde Skool Dirk Postma en prof. Johan Bosman, dosent aan die AP Akademie, se indrukke van Tedd Tripp se Herderskap van ’n kinderhart het onlangs op Maroela Media verskyn. Lees die resensie hier en koop jou kopie op Lig in Duisternis Uitgewers se webblad. Boekuitstallings AP Kerk Naboomspruit Lig in Duisternis Uitgewers het op 14 Junie by die AP Kerk Naboomspruit se kermis gekuier. ’n Wye verskeidenheid boeke is uitgestal. Kermisgangers het die uitstalling goed ondersteun. Op 21 Junie het ons by AP Kerk Schweizer-Reneke se basaar gekuier waarna ds. Strauss die Woord tydens die Sondagerediens bedien en meer oor Lig in Duisternis Uitgewers se werksaamhede vertel het.
BCVO-Winterspele Lig in Duisternis Uitgewers het op 27 Junie 'n draai gemaak by die BCVO-Winterspele in Groblersdal.
| ||||||||
Redakteursforum Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers en redakteur van die AP Kerk se kerkblad, Die Boodskapper, gesels met Liezil van der Schyff van Pretoria FM op Redakteursforum oor die Junie-uitgawe van Die Boodskapper. Luister na die volledige onderhoud hier. ![]() | ||||||||
|
||||||||
|
||||||||
|
||||||||
|
||||||||
|
||||||||
|
||||||||
|
||||||||
|
||||||||
|
||||||||
|
||||||||
|
||||||||
Die Boodskapper Lees hier om te sien wat die toepassing jou alles bied. Laai gerus die toepassing by Google Play Store of Apple App store af.
| ||||||||
![]() |
||||||||
|