![]() |
||||||
|
||||||
|
Die einde van ’n jaar bring altyd ’n mengsel van gejaagheid en dankbaarheid. Lysies moet voltooi word, take afgehandel word, maar dit is ook ’n kosbare tyd om stil te staan en terug te kyk na wat bereik is. Nog belangriker: Om te besef hoe die Here se teenwoordigheid jou deur elke stap gelei het en wat jy vir sy koninkryk kon doen. In sy liefde herinner God ons dat rus net so noodsaaklik soos werk is. Mag jy hierdie feesseisoen ingaan met die bewuste keuse om in sy rus te leef. Neem tyd om saam met Hom te reflekteer oor die jaar wat verby is, en om jou planne vir die nuwe jaar in sy hand te plaas. Wat ook al swaar op jou hart lê, bring dit na sy voete. Vertrou Hom met alles deur vurige gebed. Ons wens jou ’n geseënde Kersseisoen toe. Mag God se genade jou dra en versterk sodat jy die laaste deel van die jaar met vrede en vreugde kan voltooi. |
||||||
![]() |
||||||
|
||||||
KATTEKLETS WENNERS AANGEKONDIG Lig in Duisternis Uitgewers is verheug om die wenners van Katteklets: Die katte van Kathu-skryfkompetisie aan te kondig. Kinders tussen die ouderdom van 5 en 18 jaar het die geleentheid gehad om groot kontantpryse met hul skryfwerk te wen. Hulle kon in vier kategorieë deelneem. Die deelnemers moes ’n katkarakter uit Die katte van Kathu sit hul dorp oppie mêp deur Adriaan Swanepoel kies en dit die hoofkarakter in hul eie verhaal of video-vertelling maak. Die wenners is soos volg: Afriforum was die borg van die kontantpryse. Die wenners het onderskeidelik R1 000, R2 000, R4 000 en R5 000 per kategorie in die sak gesteek. Die jongste ouderdomsgroep kon ’n video-vertelling inskryf terwyl die ander ouderdomsgroepe geskrewe verhale wat aan ’n streng woordtelling onderwerp was, kon inskryf. Volgens ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers, het hierdie kompetisie die lees-en skryfvaardighede van kinders bevorder. “Ons wou ook ’n projek ter viering van Afrikaans se amptelike 100ste verjaarsdag loods. Kinders is die toekoms van die land en hulle kon ’n inspirerende kinderboek in hul eie taal lees, en daaroor skryf,” het hy gesê. Die beoordelaars was onder meer die skrywer van die kinderboek, Adriaan Swanepoel, en Alana Bailey van AfriForum. “Ek het die verhale en video’s ongelooflik baie geniet. Die deelnemers was uiters kreatief,” het Bailey gesê. “Die deelnemers wat nie gewen het nie, het ons ook beïndruk en moet asseblief aanhou skryf,” het Swanepoel afgesluit. Lees en kyk na die wenners se verhale hier. | ||||||
|
||||||
|
KINDERBOEKE WEER DEEL VAN SKOOLTASSIE-PROJEK Lig in Duisternis Uitgewers is dankbaar om deel te kan wees van Solidariteit Helpende Hand se Skooltassie-projek. Hierdie projek voorsien sedert 2007 landswyd goed toegeruste skooltassies aan behoeftige graad 1-leerlinge. Die projek help nie net kinders nie, maar bevorder ook gemeenskapsbetrokkenheid. Deur die ruim bydrae van ’n goedhartige donateur kon Lig in Duisternis Uitgewers 2 000 eksemplare van Die wit rokkie deur Annamarie du Toit skenk. Die verhaal beeld die kern van die evangelieboodskap uit en help kinders om Christus se plaasbekledende offer te verstaan. “Ons glo dat boeke nie net kennis bring nie, maar ook hoop. Vanjaar kry 2 000 kinders wat ’n skooltassie ontvang, ook ’n boodskap van geloof en hoop,” aldus ds. Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers. Elke tassie het ook ’n skêr, ’n liniaal, gom, uitdraaikryte, HB- en kleurpotlode en ’n pennesakkie. Lig in Duisternis Uitgewers bly getrou aan sy visie om publikasies uit te gee wat sy lesers se geloofsgroei ondersteun om die waarheid van God se Woord beter te verstaan sodat hulle dit prakties kan uitleef. Instansies en organiasies word aangemoedig om ook by die projek betrokke te raak. Besoek gerus Solidariteit Helpende Hand se webblad indien u ’n bydrae tot die Skooltassie-projek wil maak.
NUWE PUBLIKASIES | ||||||
| ||||||
Redakteursforum Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers en redakteur van die AP Kerk se kerkblad, Die Boodskapper, gesels van Liezil van der Schyff van PretoriaFM op Redakteursforum oor die November-uitgawe van Die Boodskapper. Luister hier. Die Boodskapper Lees hier om te sien wat die toepassing jou alles bied. Laai gerus die toepassing by Google Play Store of Apple App store af.
| ||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
![]() |
||||||
|