Die Nuwe Testament met die kanttekeninge 1933/53

Die Nuwe Testament met die kanttekeninge 1933/53
R185

Die Afrikaanse vertaling van die verklarende aantekeninge by die Nederlandse Statebybel by die Nuwe Testament (1933/53-vertaling). Vrystelling: 16 Desember 2025 Versending ná 5 Januarie 2026

In stock (can be backordered)

Die Nuwe Testamen...

Loading...

SKU: BYB104
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)

Beskrywing

Die Nederlandse Statebybel met verklarende aantekeninge verskyn in die jaar van onse Here, 1637. Alreeds in 1638 plaas die Deputati ad res Indicas van die klassis Amsterdam die Statebybel op die boekelys vir sieketroosters van die VOC. So raak die epogmakende Statebybel met verklarende aantekeninge reeds vir Suidelike Afrika en in die besonder vir die Afrikaanse taalgemeenskap belangrik. Trouens, Kaap die Goeie Hoop (Cabo da Boa Esperança) begin in 1652 met die Statebybel as ’t ware in die hand. Die Staatsargief te Kaapstad het dan ook vir baie jare ’n Statebybel van 1672 bewaar, in oktavo-formaat, spesiaal gedruk vir die VOC – saam ingebind met De CL Psalmen Davids, uyt den Francoyschen in Nederlandschen. Ruim 300 jaar, vanaf 1652 tot ongeveer 1957, was die Statebybel met verklarende aantekeninge hier in Suidelike Afrika, vir die Nederlands-Afrikaanse Christen ʼn klassiek-gereformeerde Studiebybel. Dit is waar Afrikaanssprekende Christene vandaan kom. Ingeligte mense kan nou in die Afrikaanse taal skouers skuur met ons voorgeslagte se Christelike nalatenskap. Elke “nuut” van ons dag kan geplaas word naas die vertroude “oud” van ons erfenis, met die vraag: “Wat is getrou aan God se Woord?” Die Afrikaanse weergawe van die Bybel met Kanttekeninge kan boonop vergelyk word met die Nederlandse weergawe, asook die Engelse (Haak) vertaling daarvan. So kan eerlike afweging bepaal waarmee om saam te stem en te verskil.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan