- Beskrywing
- Resensies (0)
Beskrywing
In my element: Leer die periodieke tabel speel-speel ken Hoe goed ken jy die elemente van die periodieke tabel? Watter elemente is na ‘n kabouter vernoem? Hoekom het yster die simbool Fe? Watter metale is sag genoeg om met ‘n mes te sny? Die periodieke tabel is een van die handigste uitvindsels van moderne wetenskap. Elke aspek van ons lewe word deur chemie aangeraak. Die doel van hierdie kaartjies is om die periodieke tabel speel-speel te leer ken. In my element is ’n innoverende troefkaartspeletjie wat die 118 elemente van die periodieke tabel op ’n prettige, toeganklike en geïntegreerde manier onderrig. Elke kaart bevat nie net basiese inligting soos die naam, simbool en atoomgetal nie, maar ook interessante feite wat historiese agtergrond en toepassings insluit. Of jy nou onderwyser is wat jou leerinhoud wil verryk, ouer wat tuisondersteuning wil bied of leerling wat op ’n makliker manier die periodieke tabel wil baasraak – hierdie kompakte en kleurvolle flitskaartpak sal jou help om chemie op ’n prettige wyse te bemeester! Die ontwikkelaar is Elisna Myburgh









![Soeker na waarheid [K] P](https://www.liginduisternis.co.za/wp-content/uploads/2025/03/augustinus-300x426.jpg)














Resensies
Daar is nog geen resensies nie.