Plaas media@liginduisternis.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn weergawe.

01 - 2026

’n Tyd soos hierdie

Dit lyk deurmekaar as ons om ons rondkyk en die sondige wêreld betrag. Soms lyk dit moeilik om ’n plek te kry waar ons inpas. Maar ons word herinner dat ons nie aan hierdie wêreld gelykvormig moet word nie (vgl. Rom. 12:2).
Ons gemaak vir ’n tyd soos hierdie, net soos Ester vir die tyd waarin sy geleef het ...

Koningin Ester het in ’n heidense ryk geleef waar God se teenwoordigheid nie “sigbaar” was nie. Die magtiges het hul sin gekry en dit het gelyk asof die duisternis sou wen. Tog was God aan die werk – stil, maar getrou aan sy beloftes.

So staan ons ook aan die begin van ’n nuwe jaar. Ons weet nie wat alles voorlê nie. Daar sal vir seker uitdagings wees – dinge wat ons geloof toets, omstandighede wat ons laat twyfel. Die wêreld om ons sal nie verander nie. Dit sal steeds moeilik wees om vas te staan.

Maar hier is die troos: God het ons in hierdie tyd geplaas. Hy het ons voorberei vir hierdie jaar, vir hierdie uitdagings. Ons is nie per toeval hier nie – ons is doelbewus gemaak vir hierdie oomblik in die geskiedenis.
Soos Mórdegai vir Ester gesê het: … en wie weet of jy nie met die oog op ’n tyd soos hierdie tot die koninklike waardigheid geraak het nie? (Est. 4:14).

Hierdie woorde is vir ons ook bedoel. Hierdie jaar, met al sy onsekerhede, is presies waar God ons wil hê.
Mag ons met vertroue die jaar tegemoetgaan, wetende dat Hy wat getrou was in Ester se tyd, vandag steeds getrou is.

Gebeure

Topmatrikulant in Bybelkennis ontvang toekenning

Die jaarlikse Lig in Duisternis Uitgewers-toekenning vir 2025 se topmatrikulant in Bybelkennis is vanjaar aan Eunica van der Baan van CVO Gromar toegeken. Lig in Duisternis Uitgewers het die BCVO se Glansgeleentheid bygewoon en is verheug oor die matrikulante wat tot aan die einde volhard het.


Skryfkursus by die AP Akademie aangebied

Op 27 Januarie was ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers, een van die aanbieders van ’n skryfkursus by die AP Akademie. Sy aanbieding het gehandel oor algemene skyrfwenke en riglyne oor belangrike slaggate wat skrywers behoort te vermy. Die ander aanbieders was dr. Christa Steyn-Bezuidenhout van Maroela Media en mej. Elmarie Lubbe van Aros. Die aanbiedings van die verskillende sessies sal eersdaags op Lig in Duisternis Uitgewers se YouTube-kanaal beskikbaar wees.


NUWE PUBLIKASIES

Gebore vir 'n tyd soos hierdie: ’n Kommentaar op Ester

Hierdie diepgaande kommentaar deur verskeie skrywers ondersoek hoe God se hand altyd aan die werk is, selfs wanneer Hy onsigbaar lyk en is besonders relevant vir vandag se kerk.

Dit leer gelowiges om op God se albeskikking te vertrou, bied akademiese diepte wat toeganklik bly vir lidmate en wys hoe God deur sy voorsienigheid sy volk bewaar. Die publikasie wys dat Ester meer as ’n oorlewingsverhaal is: Ester getuig van God se trou – selfs wanneer Hy stil is.

“’n Vars briesie onder die Afrikason! Akademiese diepte, maar toeganklik vir die gewone lidmaat.” – Dr. Victor E. d’Assonville

Beskikbaar teen R250.

Gee julle vir hulle iets om te eet deur ds. Schalk Strauss

’n Praktiese hulpbron vir ouderlinge, Bybelstudiegroepe en gesinne wat die brood van die lewe, die evangelie van Jesus Christus, wil bedien.
Hierdie veelsydige publikasie bevat 30 tematiese konsepte spesifiek ontwerp vir huisbesoek, Bybelstudiegroepe en huisgodsdiens. Elke konsep sluit in: gespreksdoelwitte, ’n Skrifgedeelte met ’n fokusteks, agtergrondmateriaal uit die Drie Formuliere van Eenheid, aktuele besprekingsvrae, ’n verduideliking van die teks en gebedsvoorstelle. ’n Tematiese Skrifindeks is ook ingesluit.

“Kosbare toerusting vir ampsdraers.” – Prof. Johan Bosman, Afrikaanse Protestantse Akademie

“Dit help ampsdraers om nie bloot gesprekke te voer nie, maar om werklik geestelike versorging te bied.” – Ds. Jaco de Beer, VGK Wesbank

Beskikbaar teen R120.

Kla jou moeder aan deur prof. Johan Janse van Rensburg

Lig in Duisternis Uitgewers se nuutste publikasie bied ’n deurdagte teologiese perspektief op aktuele kerklike gesprekke in Suid-Afrika. Dit is geskryf as reaksie op ds. Jan Lubbe se RSG-onderhoud van 23 Julie 2024.
Prof. Johan gaan in sy betoog veral uit van die siening dat die belydenisskrifte steeds relevant is.

Beskikbaar teen R130.

Die Voortrekkers-trilogie

Kan jy jou voorstel jy is 14 jaar oud ... en moet oornag grootword om jou gesin te beskerm?

Dit is Jopie Fourie se realiteit in 1834 aan die Oosgrens. Sy verhaal, en dié van talle ander Voortrekkers, kom nou tot lewe in GC Fourie se meesleurende trilogie.

Die volledige Voortrekkers-sage:

Deel 1: Die lewe op die Oosgrens – onuithoudbare omstandighede, die geboorte van ’n rewolusionêre gedagte, en die beplanning van 'n trek wat geskiedenis sou maak.

Deel 2: Die lewe op die trekpad – Natal, Bloedrivier, Weenen. Word deel van hierdie groep mense se blydskap en leed.

Deel 3A & 3B: Die lewe daarna – vestiging in die Vrystaat, nuwe vriendskappe, die Basoeto-oorloë, en 'n nuwe begin.

“Hierdie is ’n kosbare stukkie geskiedenis van ons volk se stryd om voortbestaan, hul besondere humor, vasbeslotenheid ... en hul liefde vir die Woord.” – Tissa van Lille

Individuele dele of die volledige trilogie is op ons webblad beskikbaar.

Redakteursforum

Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers en redakteur van die AP Kerk se kerkblad, Die Boodskapper, gesels met Liezil van der Schyff van PretoriaFM op Redakteursforum oor 2025 se uitgawes van Die Boodskapper.

Luister hier.


Die Boodskapper

Lees hier om te sien wat die toepassing jou alles bied.

Laai gerus die toepassing by Google Play Store of Apple App store af.

Winskopies

Gryp die geleentheid aan – Februarie se winskopies bied kwalitieit-publikasies teen spesiale pryse.

Dagboek vir Februarie

14 Februarie: Valentynsdag
21 Februarie: Internasionale Moedertaaldag
27 Februarie: Nasionale Melktertdag
27 Februarie: Slag van Majuba (1881)

Skrywer van die maand

PROF. JAE (KOOS) ADENDORFF

Koos Adendorff het sy tande in die teologie aan die Universiteit van Pretoria gesny, waarna hy vir 25 jaar voltyds in die gemeentebediening gestaan het. Tydens hierdie bedieningstyd het hy sy doktorsgraad in die teologie behaal met die kerklike begeleiding van verbondsouers as tema. Vanaf 2005 is hy hoogleraar aan die Afrikaanse Protestantse Akademie, waar hy tot einde 2025 hoof van die Departement Ou Testament was, met Bybelse Teologie as besondere fokus. Sy uitgangspunt is dat die Bybel, as onfeilbare Woord van God, ’n eenheid vertoon met die geskiedenis van God se ontvouende selfopenbaring wat soos ’n goue draad deur al die Bybelboeke gevleg is. Hy is passievol daaroor om Christene toe te rus om hierdie grootse drama van die Skrif raak te sien sodat hulle hul eie plek in die Bybelse drama kan ontdek.

Bestel van sy publikasies:
Génesis: Die boek van oorspronge
Openbaring: Die boek van voleinding
Oriëntasie vir kerkraadslede

Handelaarsregistrasie

Verdien ʼn ekstra geldjie met Lig in Duisternis Uitgewers se handelaarsregistrasie.

Registreer as ʼn handelaar op ons webwerf en kry 15%-30% afslag op ons publikasies. Jy kan die publikasies teen die winkelprys verkoop en die handelaarsafslag as wins in jou sak steek.

Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie. Klik hier.

Lees … enige plek, enige tyd!

Ons het ʼn verskeidenheid publikasies wat as e-boeke op Amazon beskikbaar is.
Laai gerus die Kindle-toep op jou selfoon, rekenaar of tablet af om ons verskeidenheid e-boeke te lees.

Klik hier om jou e-boekversameling aan te vul.

Taalwenk van die Maand

Skryf ‘n resensie

Ons waardeer elke stem en elke stukkie terugvoer wat ons van ons lesers ontvang. Ons moedig jou graag aan om jou ervaring met ons te deel. Terugvoer dien as inspirasie en bemoediging vir ons hele span. Ons wil graag van jou hoor. Laat gerus vir ons ʼn resensie op ons webblad.

Jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys per e-pos vir iemand stuur! Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.