|
|
|
|
Nogtans sal ek jubel
Daar is ’n gedeelte in Hábakuk 3 wat al vir eeue lank mense in donker tye aan hoop laat vashou. Die profeet skryf van ’n tyd wanneer alles skeefloop: Die vyeboom wat nie bot nie, die wingerdstok sonder druiwe, die akkers wat leeg bly en die skaapkraal sonder vee. Met ander woorde, elke rede om moedeloos te wees is teenwoordig. Niks werk uit soos verwag nie, en die mens staan met leë hande.
En tog, midde-in daardie leegheid, kies Hábakuk om te sing. Hy skryf in Hábakuk 3:18 dat hy hom nogtans sal verbly in die HERE, dat hy sal jubel in die God van sy heil. Nie omdat die omstandighede verander het nie, maar omdat sy hoop op iets anders as die omstandighede gerus het.
Ons staan nou op die drumpel van ’n nuwe seisoen. Die winter, met sy kaal takke en koue nagte, lê agter ons. Die lente kom, met dit die belofte van nuwe groei, sagte groen blare en lewe wat weer uit die grond opstaan. Dit is asof die aarde self vir ons vertel wat Hábakuk lank gelede geweet het: Die kaal seisoen is nooit die einde van die storie nie.
Mag hierdie lente vir u ’n herinnering wees dat groei weer kom en dat vreugde nie hoef te wag vir volmaakte omstandighede nie. Soos Hábakuk gekies het om te jubel voor die opbrengs sigbaar was, kan ons ook nou al die hoop omhels wat met die nuwe seisoen saamkom. |
|
|
|
|
Nuwe dokumentêre reeks
Vaste Fondamente is ’n dokumentêr oor die vroeë Christelike kerk in Klein-Asië. Oor elf episodes word Bybelse insig, geskiedkundige konteks en ’n belewenis van Turkye saamgevoeg sodat gelowiges die erfenis van die vroeë kerk opnuut kan waardeer en self met groter sekerheid op die vaste fondamente van die Christelike geloof kan staan.
Die reeks is vanaf 28 Augustus beskikbaar by Lig in Duisternis Produksies en AfriForumTV. Kyk die voorskou hier.

|
|
Vennote
Een van die inisiatiewe as bydrae tot die gemeenskap waarin Lig in Duisternis Uitgewers funksioneer, is sy ondersteuningsinisiatief. Wanneer u op sy webblad aankope doen, kry u die opsie om R10 vir een van die organisasies te skenk. Hierdeur wys die uitgewery sy dankbaarheid aan hulle wat ’n verskil maak.

|
|
Nuwe publikasies |

|
Eva in ballingskap: Die herstel van vroulikheid
Lig in Duisternis Uitgewers vier Vrouemaand met die publikasie van Eva in ballingskap: Die herstel van vroulikheid, die Afrikaanse vertaling van Rebekah Merkle se Eve in Exile. Die boek is teen R220 beskikbaar.
Merkle ondersoek hoe feminisme vroue se verstaan van hulself en hul rolle raak. Die publikasie toon vanuit die Skrif die regte pad aan waar vroue hul roeping in die huis, gesin en samelewing met oortuiging kan omhels.
Ds. Schalk Strauss, Publikasiehoof van die uitgewery, sê die tydsberekening was doelbewus: Die boek bied ’n Skriftuurlike antwoord op vrae oor vroulikheid wat juis deur Vrouemaand na vore gebring word. Die oorspronklike Engelse uitgawe is sedert 2016 wêreldwyd deur duisende lesers gelees. |
|

|
Pietie die “padda”
Lig in Duisternis Uitgewers kondig die publikasie van Pietie die "padda", ’n nuwe kinderboek geskryf deur Pieter van Deventer, met illustrasies deur Ester Koning, aan. Die boek is nou teen R150 beskikbaar. ’n Engelse weergawe, Freddy the "frog", is ook beskikbaar.
Die storie vertel van Pietie, ’n hasie wat glo dat hy eintlik ’n padda is, ten spyte daarvan dat sy maatjie Hettie hom probeer oortuig dat hasies nie paddas kan wees nie. Deur hierdie verhaal word kinders en ouers genooi om saam na te dink oor identiteit, waarheid en God se skeppingsorde.
Van Deventer sê hy wou ’n storie skryf wat kinders help verstaan dat waarheid oor wie ons is nie deur gevoelens bepaal word nie, en dat Pietie en Hettie se avontuur dit vir gesinne moontlik maak om op ’n toeganklike manier hieroor te gesels.
Die boek sluit ook ’n gids vir ouers in. Dit bevat riglyne en gespreksvrae om die gesprek tuis te vergemaklik. |
|
Die apie wat nie groente wou eet nie bekendgestel by Kleutergenot
Die tweede boek in die Apie-reeks, Die apie wat nie groente wou eet nie, deur Marjan van de Kamp is op 26 Augustus by Kleutergenot Kleuterskool bekendgestel.
Die kleuters is vermaak met ’n verskyning van Apie self en hulle het heerlik saamgesing aan die groenteliedjie. Marjan het vir hulle voorgelees waarna hulle krone met groente op ingekleur het. Die meeste het belowe dat hulle van nou af met nuwe oë na groente sal kyk!
Die apie wat nie groente wou eet nie is beskikbaar vir slegs R150.
Redakteursforum
Ds. Schalk Strauss, Publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers en Redakteur van die AP Kerkverband se kerkblad, Die Boodskapper, gesels met Liezil van der Schyff van Pretoria FM op Redakteursforum oor die jongste uitgawe van Die Boodskapper.
Luister hier.
|
|
|
|
Die Boodskapper
Lees hier
om te sien wat die toepassing jou alles bied.
Laai gerus die toepassing by Google Play Store of Apple App store af.
|
|
|
|
September se winskopies is soos ’n vars briesie: |
|
|
|
|
|
|
31 Augustus tot 4 September 2026: Die AP Kerkverband se sinodesitting. Ons boekwinkel verskuif vir die duur van die Sinode na APK Wonderboom te die h/v Daan de Wet Nel-rylaann en 7de-laan, Hesteapark, Akasia, Pretoria.
1 September 2026: Lentedag
2 September 2026: LIDU-prysuitdeling
8 September 2026: Internasionale Dag van Geletterdheid en Letterkunde
17 September 2026: Die voormalige leier van die Switserse Reformasie, Heinrich Bullinger, sterf op hierdie dag in 1575.
24 September 2026: Erfenisdag
|
|
|
|
|
|
|
Marjan van de Kamp het in die Moot, Pretoria grootgeword. Sy matrikuleer aan die Gereformeerde Skool Dirk Postma en verwerf ’n BTh (Teologie) aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus. In 2019 trou sy met Harm en is van toe af ’n voltydse mamma en tuisteskepper. In haar min vry oomblikke probeer sy kwilt, en om af en toe ’n potgooi te luister. |
|
|
|
|
|
|
|
Die trek het teen ’n stywe pas afgesit, al asof die eindbestemming net agter die eerste bult wag. Die een wa het kort op die hakke van die een voor hom gevolg ... asof die trek nog dieselfde dag afgehandel moes word. Die vee is in een groot kudde aangejaag, ongeveer ’n myl agter die waens. Daar was meer as honderd beeste en meer as duisend skape. Die stof wat hulle opgeskop het, het soos ’n rooi kombers agter die trek gehang. Ruiters het ver en wyd om die trek beweeg. Hulle het vooruit verken en die flanke en agterhoede gedek om seker te maak dat daar nie ’n onverwagse aanval op die trekgeselskap geloods word nie, maar ook om te verhoed dat daar van die vee en veewagters agterbly. Die veewagters het hoofsaaklik bestaan uit kinders, waarvan sommige skaars vyf jaar oud was, asook kleurlingmans en -kinders. Dit was werksvolk wat besluit het om die trek mee te maak.
Koop jou eksemplaar hier. |
|
|
|
Borg ’n Boek by Lig in Duisternis Uitgewers
|
|
|
|
|
Lig in Duisternis Uitgewers bied besighede, organisasies, maatskappye en individue ’n unieke geleentheid om deel te wees van iets blywends. Wanneer u ’n boek borg, word die boodskap van hand tot hand en van geslag tot geslag gedra.
As borgvennoot ontvang u erkenning in die gepubliseerde boek, blootstelling op ons webtuiste, ruimte in ons nuusbrief, erkenning tydens die boekbekendstelling en ’n toegewyde plasing op ons sosialemediakanale. Dit is ’n vennootskap wat geloofwaardigheid bou, want die gemeenskap sien wie ons hande sterk en onthou dit.
Sommige beleggings lewer wins. Hierdie belegging lewer betekenis en vorm die toekoms.
Besoek ons webblad indien u belangstel of stuur ’n boodskap aan hoof@liginduisernis.co.za. |
|
|
|
|
|
|
|
Verdien ʼn ekstra geldjie met Lig in Duisternis Uitgewers
se handelaarsregistrasie.
Registreer as ʼn handelaar op ons webwerf en kry 15%-30%
afslag op ons publikasies. Jy kan die publikasies teen
die winkelprys verkoop en die handelaarsafslag as wins
in jou sak steek.
Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie.
Klik hier.
|
|
|
|
Lees … enige plek, enige tyd!
|
|
|
|
|
Ons het ʼn verskeidenheid publikasies wat as e-boeke op
Amazon beskikbaar is.
Laai gerus die Kindle-toep op jou selfoon, rekenaar of
tablet af om ons verskeidenheid e-boeke te lees.
Klik hier
om jou e-boekversameling aan te vul.
|
|
|
|
|
|
|
|
Twee woorde wat maklik verwar word, maar heeltemal verskillende dinge beteken!
Verveeld: Iemand wat níks het om te doen nie.
"Ek is vandag so verveeld, ek weet nie wat om met myself te maak nie."
Vervelig: Iets of iemand wat nié interessant is nie.
"Daardie vergadering was regtig vervelig, ek kon amper aan die slaap raak."
Onthou: 'n Mens raak verveeld, maar iets ís vervelig. |
|
|
|
|
|
|
|
Ons waardeer elke stem en elke stukkie terugvoer wat ons
van ons lesers ontvang. Ons moedig jou graag aan om jou
ervaring met ons te deel. Terugvoer dien as inspirasie
en bemoediging vir ons hele span. Ons wil graag van jou
hoor. Laat gerus vir ons ʼn resensie op ons webblad.
|
|
|
|
|
|
Jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys per e-pos vir
iemand stuur! Koop jou geskenkbewys
hier
en bederf iemand op ʼn spesiale manier.
|
|
|
| |
|
|