Plaas media@liginduisternis.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Oktobermaand is Jakarandamaand in Pretoria. Dis ’n maand wat ons herinner dat daar ’n nuwe seisoen aangebreek het. Oral steek die nuwe lewe pers-pers sy kop uit totdat dit soos ’n pers waas oor die stad hang.

Oktobermaand reik na wat voorlê, maar is ook verbind aan wat verby is. Dit is daarom betekenisvol dat dit ook die maand is waarin ons pres. Paul Kruger se verjaarsdag vier en onthou hoe hy ons aangemoedig het om die goeie uit die verlede te neem en daarop voort te bou. Terselfdertyd is Oktobermaand ook Hervormingsmaand wanneer ons die aanbreek van die Hervorming op 31 Oktober, toe Martin Luther sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker het, herdenk.

Hier by Lig in Duisternis Uitgewers vier ons graag die lewe, maar nooit los van die verlede nie. Ons staan immers op die skouers van reuse. Uit hierdie verlede herbevestig ons graag weer die vyf reformatoriese pilare waarop ons boodskap gebou is: Die Woord alleen (Sola Scriptura), Christus alleen (Solus Christus), genade alleen (Sola Gratia), geloof alleen (Sola Fide) en aan God alleen die eer (Soli Deo Gloria).

DIT HET GEBEUR

Lig in Duisternis Uitgewers se aanlyn boekwinkel is al amper ’n maand lewendig en groei van krag tot krag. Maak seker jy loop nie die wye verskeidenheid Bybelsgetroue literatuur mis wat vir oud en jonk op ons rakke beskikbaar is nie.

Gaan besoek gerus die webtuiste by www.liginduisternis.co.za en bestel sommer vandag nog een van ons wonderlike publikasies, wat teen sakpas pryse direk by jou deur afgelewer word.

KYK WAT HET PAS VAN DIE
DRUKKERS BY ONS AANGEKOM

Calvyn se lewenswerk het hoofsaaklik uit Skrifuitleg bestaan. Daaroor sê Theodor Beza, Calvyn se jonger opvolger in die kerk van Genève:

“Calvyn het elke tweede week daagliks en sover as moontlik elke Sondag twee keer gepreek.  Drie keer per week het hy voordragte oor teologie (veral Skrifuitleg) gehou en elke Vrydag omvattende voorlesing oor Skrifuitleg aan die teologiese kollegas wat hy nie een keer gemis het nie. Hy het dit sonder onderbreking tot aan die einde van sy lewe (met die uitsondering van tye van ernstige siekte) volgehou.” (CO 21, 33.)

Lees gerus meer oor Calvyn se kommentaar oor Galasiërs in hierdie publikasie wat deur Professor Stefanus Postma vertaal is.

NUUT OP DIE RAKKE