Plaas media@liginduisternis.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Augustus 2022

Is dit al lente in jou hart?

Dit is amptelik lente!
Die son kom vroeër op en ons sleep die kortmouklere nader.
Bloeisels kleur die natuur in en maak ʼn mens sommer lus vir tuinmaak en buite wees.

Maar hoe lyk jou hart ná die winter? Lê daar steeds gedagtes wat deur swartryp bygedam is?
Kom ons neem in die negende maand ʼn besluit om met die nege dele waaruit die Gees bestaan te bot: liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.
Kom ons nooi die lente in ons harte in saam met C. Louis Leipoldt met sy Lenteliedjie:

Al die velde's vrolik;
Al die voëltjies sing;
Al die kriekies kriek daar buite;
Elke sprinkaan spring.

Al die koggelmannetjies
Kom om fees te vier;
Hier galop 'n goggatjie,
Daarso dans 'n mier.

Selfs die vissies spartel
Teen die kafferskuil;
In die groot ou eikeboom
Droom 'n oupa-uil.

Rond in ons Karoo-land
Is 'n ruik versprei:
Boegoeblom en appelkoos –
Kan jy beter kry?

NUWE PUBLIKASIES

Deur die oë van ʼn man

Deur die oë van ʼn man is ʼn bundel met jagverhale waar Pieta Oosthuizen dit regkry om die leser die liefde vir jag en die natuur opnuut te laat geniet en waardeer.
Hy bring hulde aan die onderwysberoep in die algemeen en in besonder aan Afrikaansonderwysers wat hard werk om ʼn liefde vir ons moedertaal te bevorder. Deur die oë van ʼn man fokus op die omswerwinge en belewenisse van ʼn doodgewone biltongjagter. 

Lees die mediaverklaring vir verdere agtergrond of kyk na die opname wat tydens die boekbekendstelling gemaak is.
Skaf gerus jou kopie van Deur die oë van ʼn man aan op Lig in Duisternis Uitgewers se webwerf of op Amazon as jy ʼn e-boek verkies.

 

Die Buiter

Die Buiter-reeks beskryf die opwindende avonture van ’n man wat ’n merkwaardige dubbele lewe gelei het; die Buiter.

Hy word gereken as die rykste edelman van die Kaap; die oënskynlik ledige en verveelde Graaf De Moreaux.

Skaf gerus jou kopie van die eerste boek in hierdie reeks hier aan.

 

 

UITSTALLINGS

UITSTALLINGS GEDURENDE AUGUSTUS

Lig in Duisternis Uitgewers neem boeke na die publiek. Hier is ons stalletjie tydens KragDag by Diamantvallei Landgoed.

UITSTALLINGS GEDURENDE SEPTEMBER

Lig in Duisternis Uitgewers sal gedurende September hier te siene wees:

28 September: BCVO-onderwysberaad by Weesgerus buite Nylstroom

Kom maak gerus ʼn draai as ons dalk in jou omgewing is!

OORWEEG SÓ ‘N GESKENK

Het jy geweet jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys vir iemand per e-pos stuur?

Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.

SPESIALE AANBIEDINGE

Winskopies vir September