Plaas media@liginduisternis.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Oktober 2022

Movember vir Bybelse manlikheid

Oor die afgelope klompie jare het ons al gewoond geraak aan ’n klompie vreemde veldtogte, soos byvoorbeeld die Movember-veldtog. Hierdie veldtog moedig mans aan om hul snorre en baarde gedurende Novembermaand te laat groei om sodoende bewustheid te skep en fondse in te samel vir navorsing oor gesondheidstoestande wat manne raak.

Die groei van snorre en baarde beklemtoon natuurlik manlikheid en word ook in die Bybel baie sterk met manlikheid geassosieer. November is dus ’n maand waarin manlikheid en sake wat mans raak, op hierdie speelse manier op die voorgrond geplaas word.

Hier by Lig in Duisternis Uitgewers is die kweek en bevordering van Bybelse manlikheid waardeur Christus verheerlik word, natuurlik vir ons baie belangrik. Daarom publiseer ons nie uitsluitlik geestelike boeke nie, maar ook fiksie, soos die onlangse heruitgawe van Die Buiter-reeks. In hierdie reeks deur Gerrie Radlof (waarvan die eerste drie reeds herdruk en die res op pad is), word manlikheid op ’n wyse uitgedruk wat iets weerspieël van dit waaroor Bybelse manlikheid gaan: Diensbaarheid, onselfsugtige selfopoffering, eerlikheid, beginselvastheid, integriteit wat nie skroom om vir die waarheid te staan nie, maar wat ook vroue met waardigheid en respek hanteer.

Ons samelewing het sulke manne nodig!

Wees op die uitkyk vir ons spesiale aanbiedinge vir die Feestyd waar jy hierdie en ander hoogstaande publikasies teen sakpaspryse kan aankoop.

NUWE PUBLIKASIES

Lank lewe die Buiter en Die Buiter en sy bende
R175 elk

In Lank lewe die Buiter, die tweede boek in die Buiter-reeks, reken almal in die Kaap die Buiter is dood, maar skielik verskyn hy weer in sy volle glorie. Dié keer kom hy voor die genadelose wreedheid en vlymskerp vernuf van ’n bobaas skurk uit Europa, Percival Philip, te staan.

In Die Buiter en sy bende, die derde boek in die reeks, is dit nie moeilik om te raai hoekom die Buiter in die donker strate van Kaapstad gewaar word nie. Die burgers is ontevrede omdat die goewerneur die plunderende stamhoofde met geskenke wil paai. As ʼn man wat ʼn eervolle lewe lei, kies die Buiter téén die goewerneur en beland in die Kasteel se donker gat om sy getroue bediende van die pynbank te red. Of gaan hy?

Koop al drie boeke in die Buiter-reeks as deel van die Feestyd-aanbiedinge vir slegs R460 terwyl voorrade hou.

 

Joël en Obadja

Wanneer die profete bestudeer word, word die stryd wat op aarde weens die sondeval teen die Bose gevoer word, opnuut ʼn werklikheid. Wat ook tydens hierdie studie opvallend is, is hoe die Here met die mens bemoeienis maak. Ons sien ook hoe God se belofte van vergifnis en aanvaarding, selfs in tye van oordeel en tugtiging, altyd bly staan. Ons het die troos dat God ons selfs in tye van sonde en ellende nóóit uit sy Vaderhand laat val nie.

Koop jou kopie aanlyn teen R75.

GEBEURE GEDURENDE OKTOBER

10 Oktober is Krugerdag herdenk. Albert Bierman het namens Lig in Duisternis Uitgewers ʼn krans by Paul Kruger se graf tydens die Krugerdagvieringe in Pretoria gelê.

 

Louise Viljoen, boekresensent, het op Saterdag 22 Oktober Die Woord in die hart (Deel 3) aan Radio Kaapse Kansel-luisteraars voorgehou. Die boek is ideaal vir huisgodsdiens, verbondsonderrig en selfstudie. Luister gerus hier as jy die voorlesing misgeloop het. Dit is ook op ons webwerf teen R160 beskikbaar.

SPESIALE FEESTYD WINSKOPIES

Ons het die oplossing vir jou Kersinkopies! Geen gesoek na parkering of ʼn gestaan in lang toue nie! Koop sommer vanjaar boeke aanlyn; ons het iets vir jonk tot oud. Winskopies is geldig tot 9 Desember terwyl voorrade hou.

KOMPETISIETYD

Lig in Duisternis Uitgewers bied tans ʼn kompetisie in samewerking met Maroela Media aan. Skryf ʼn opstel van 150 woorde waarin jy soveel as moontlik idiome gebruik.

Die wenner sal met ʼn Idiomepret-bordspeletjie wegstap asook die boek, Met een voet in die Bybel, wat oor idiome en spreekwoorde in die Bybel handel. Die opstel in die tweede plek sal ook ʼn Idiomepret-speletjie ontvang.

Kry al jou kalwers op hok en skryf hier in voor of op 11 November.

OORWEEG SÓ ‘N GESKENK

Het jy geweet jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys vir iemand per e-pos stuur?

Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.

UITSTALLINGS

UITSTALLINGS GEDURENDE DESEMBER

Ons is Saterdag 3 Desember by AP Kerk Moot-Sentraal (h/v Ben Swartstraat en Japonicalaan, Môregloed, Pretoria).

Kom maak gerus ʼn draai as jy in die omgewing is!