![]() |
||||||||||
|
||||||||||
|
Bid sonder ophou Gedurende Maart het ons Wêreldpoësiedag herdenk. NP van Wyk Louw het gebed as “een van die skoonste vorms van poësie” beskryf. Dalk is dit omdat gebed so ’n eerlike vorm van poësie is. Dit is die genre waarin gelowiges onbevange die diepste emosies, vrese, vreugdes en vrae van die hart in die intieme omgewing en op die heilige grond van ’n persoonlike gesprek met die Almagtige kan uiter. Deur die Heilige Gees wat ons gebede na die Vader neem, verander stotterende woorde in meesterstukke. Gebed is nie verniet al beskryf as “die asemhaling van die siel” nie. Net soos wat daar nie sprake van enige persoonlike verhouding kan wees sonder goeie en gereelde kommunikasie nie, net so kan daar nie sprake wees van ’n verhouding met God sonder goeie en gereelde kommunikasie nie. In die publikasie Bid Jy? wat deur Lig in Duisternis Uitgewers uitgegee word, spreek JC Ryle ’n tydlose versugting uit: “Ek wil graag hê dat die tyd waarin ons lewe, ’n biddende tyd sal wees. Ek begeer dat die Christene van ons tyd, biddende Christene sal wees. My hartsbegeerte en gebed met die uitstuur van hierdie publikasie is om ’n biddende gesindheid onder ons mense te bevorder. Ek wil sien dat dié wat nooit gebid het nie, opstaan en tot die Here roep; en ek wil sien dat dié wat wel bid, nie verkeerd bid nie.” Hoe lyk ons gebedslewe? Hoe klink ons hartspoësie? Mag ons elke dag genoeg rede hê om te bid sonder ophou, soos Paulus ons aanmoedig (1 Thes. 5:17). |
||||||||||
![]() |
||||||||||
|
||||||||||
|
Besoeke Ds. Schalk Strauss het vanaf 25 Februarie tot 5 Maart verskillende AP kerke in die Kaap besoek om Lig in Duisternis Uitgewers bekend te stel.
Bedrywighede Lig in Duisternis Uitgewers het hand bygesit om die Boekeboks volledig te maak. Hierdie boks vorm deel van Club 21-skool vir kinders met downsindroom se boekrak. Die skool poog om die opvatting, dat kinders met downsindroom nie kan lees nie, hok te slaan. Lees die volledige artikel hier.
|
||||||||||
|
||||||||||
|
Hierdie is die vierde boek in Gerrie Radlof se Buiter-reeks waarby tieners aanklank vind. Die Buiter is ’n man wat ’n merkwaardige dubbele lewe lei. Hy word as 'n skatryk edelman van die Kaap gereken; oënskynlik ledig en verveeld, of is hy? As jy wil uitvind of pistole, swaarde, vlamme en kettings die Buiter se einde gaan beteken, koop die boek hier of op Amazon. Klik hier om meer te lees oor die boek. |
||||||||||
|
||||||||||
|
Luister na die eerste storie in Die avonture van Appelkie die muis, teken die hoofkarakter met vetkryt, skryf “Appelkie die muis” onderaan die prentjie en stuur jou inskrywing na publikasies@liginduisternis.co.za.
|
||||||||||
|
||||||||||
|
||||||||||
|
||||||||||
|
||||||||||
![]() |
||||||||||
|
||||||||||