Die begin van ‘n avontuur: Hudson Taylor

Die begin van 'n avontuur: Hudson Taylor
R95

Die lewensverhaal van Hudson Taylor en sy ontberinge as sendeling in China. Deur Catherine Mackenzie.

In voorraad (Dit is op terugbestelling beskikbaar)

SKU: BEG01
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)

Beskrywing

Hudson Taylor en sy sussies, Amelia en Louisa, was lief vir avonture. Hulle het saam wilde moerasgebiede, afgesonderde woude, droë klipdyke en doringrige heinings verken. Maar ’n mens bly nie vir altyd ’n kind nie. Toe hy 21 jaar oud was, het Taylor sy tuiste en sy land verlaat om halfpad om die wêreld na China te reis. In hierdie biografie sal jy kan uitvind hoe sy gesin gevoel het, watter gevare hy moes trotseer, watter avonture hy beleef het en waarom hy in die eerste plek China toe is. Taylor het geweet dat duisende mense elke dag in China sterf sonder dat hulle ooit van ’n lewende en liefdevolle God gehoor het. Hy het besef dat hy die Here se opdrag om “die hele wêreld in te gaan en die evangelie te verkondig” (vgl. Mk. 16:15), moes gehoorsaam. Ervaar hoedat Taylor Hudson se lewe deur ’n ontsaglike storm bedreig is. Vind uit watter probleme hy in die gesig gestaar het toe hy besluit het om Chinese klere te dra. Beleef ook hoe sy sussies gewag het op briewe wat só lank geneem het om aan te kom.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan