Plaas media@liginduisternis.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

04 - 2023

Bring lig in ander se duisternis


Op Maandag 24 April, het ek die voorreg gehad om namens Lig in Duisternis Uitgewers die sooispitgeleentheid van Club 21 se beplande Boekebos-leessentrum in Centurion by te woon. Met hierdie projek word ’n droom bewaarheid om vir kinders met downsindroom ’n biblioteek op die been te bring waar hulle kan ontsnap in die wonderwêreld wat boeke bied.

Dit was ’n wonderlike voorreg om van Lig en Duisternis Uitgewers af ook ’n bydrae tot hierdie projek te kon lewer. Wat my opnuut getref het, is hoe groot die wêreld se behoefte is aan die barmhartigheid van die groot Barmhartige. Ons leef in ’n wêreld wat in die wurggreep van die duisternis vasgevang is. Dit word elke dag oor en oor bevestig. Die hartseer werklikheid is dat selfs afwykings soos downsindroom, ’n afskuwelike gevolg van die sondeval is.

Die vorm waarin hierdie duisternis ons omvou, verskil van mens tot mens. Kinders met downsindroom se duisternis lyk anders as die van normale kinders. Hulle duisternis is soms baie meer intens as ons s’n. Daarom is dit vir ons heerlik om deur ons betrokkenheid by hierdie projek, ’n klein stukkie lig in hulle duisternis te bring. Mag ander se duisternis jou ook aangryp en aanspoor om vir hulle lig te bring – in besonder dié Lig.

Besoeke gedurende April

Dagboek vir Mei

Ds. Schalk Strauss  en Jaco Duvenhage het Maandag 24 April die sooispit van Club21 se leessentrum vir kinders met downsindroom bygewoon. Lees hier meer oor die heuglike gebeurtenis.

 

1 Werkersdag
3 Wêrelddag vir Persvryheid
3 - 4 Mei: Uitstalling by Kairos Netwerk se sinode
6 Boekuitstalling: APK Trans-Magalies
12 Moedersdag
18 Hemelvaartdag
21 Wêrelddag vir Kulturele Diversiteit vir Dialoog en Ontwikkeling
25 Boekuitstalling: Helpende Handkongres
28 Pinksterfees
26 Die Boodskapper verskyn
31 Republiekdag

 

Boekfokus

Die avonture van Appelkie die muis (voldoen aan die KABV-verwagtinge)

Melaney Langeveldt, grafiese ontwerper by Lig in Duisternis Uitgewers, sê: “Hierdie boekie werk lekker vir junior primêre fase (graad 1 tot 4). Vir die graad 1’s sal hierdie boekie voorgelees moet word. Hulle sal waarskynlik eers aan die einde van die jaar dit self kan lees. Die skriftipe is spesiaal gekies met die kleintjies in gedagte, omdat die letters se tipografie reg is.”

Appelkie beleef saam met die Bybelkarakters die handelinge van die Here en leer daaruit wie God is, wat Hy doen en wat Hy van almal verwag. Skuif gerus nader om na ʼn voorlesing van hierdie besonderse kinderboek deur die skrywer, ds. Jannie Bisschoff, te luister. Jy kan ook jou kopie teen R170 op ons webwerf aanskaf.

Lees die resensie hier.

WENNERS VAN DIE APPELKIE-TEKENKOMPETISIE

  • Melanie Jooste
  • Ian Grobler
  • Wehan Pieterse

Baie geluk aan die volgende wenners wat elk ’n boek van Lig in Duisternis Uitgewers per koerier sal ontvang.

AANLYN WINSKOPIES

Loer gerus op ons webwerf om jou kopie van die volgende spesiale aanbiedinge aan te skaf.

Taalwenk van die Maand

Oorweeg só 'n geskenk

 

 

Het jy geweet jy kan ʼn Lig in Duisternis-
geskenkbewys vir iesmand per e-pos stuur?

Koop jou geskenkbewys hier en bederf
iemand op ʼn spesiale manier.