- Beskrywing
- Resensies (0)
Beskrywing
John Newton het gestaan en kyk hoe van die grootste golwe wat hy nog ooit gesien het, teen die skip breek. Daar was skaars ’n tree tussen die lewe van die jong kaptein van die slaweskip en die dood en hy het dit wel deeglik besef. Maar sy paniek en vrees het hom net aan homself laat dink – nie ’n enkele gedagte aan die honderde manne, vroue en kinders wat in die buik van die skip vasgeketting was nie. Maar die Here het nog steeds sy gebede gehoor asook dié van die mense wat in hul smart om genade en regverdigheid gepleit het. Dieselfde man wat hulle as slawe verkoop het, sou kort voor lank die een wees wat vir hul vrylating sou veg. Newton was een van die slawehandelaars wat die ergste onreg teen die mense van Afrika gepleeg het. Hy het die oseane deurkruis om geld uit hul ellende te maak, maar uiteindelik is sy eie lewe verander en hulle s’n ook.



















Resensies
Daar is nog geen resensies nie.