![]() |
|||||||||
|
|||||||||
|
Sielsjampanje
In Galásiërs 5:18 bring Paulus ook die werk van die Heilige Gees met wyn in verband. Moenie dronk word van wyn nie – daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. Dit is ’n kragtige vergelyking. Iemand wat onder die invloed van drank is, word heeltemal deur die alkohol in sy bloedstroom beheer: sy spraak, sy motoriese bewegings en selfs sy morele bewussyn. Paulus gee egter aan hierdie negatiewe beeld ’n positiewe betekenis wanneer hy die Gees as plaasvervanger vir drank beskou. Iemand wat waarlik onder die Heilige Gees se beheer is, se woorde, denke, optrede en morele bewussyn word deur die Gees oorgeneem. In so iemand se lewe is daar inderdaad nuwe wyn uitgestort – sielsjampanje! |
|||||||||
![]() |
|||||||||
Besoeke gedurende Mei |
|||||||||
Meimaand was by Lig in Duisternis ‘n bedrywige maand en ons het by verskeie geleenthede heerlik saamgekuier. Op 3 Mei het ons by die Kairos Netwerk se Koinonia Sinode gekuier.
Op 6 Mei het die jong manne by Lig in Duisternis Uitgewers weer ‘n lekker geleentheid vir indiensopleiding by die AP Kerk Trans-Magalies en AP Kerk Moot-Sentraal gehad.
Lig in Duisternis Uitgewers het op 11 Mei die BCVO se winterspele op Groblersdal bygewoon.
Die kykNET-span van die program Met ’n Huppel in Die Stap het op 17 Mei ‘n bietjie in Pretoria by Lig in Duisternis Uitgewers en Pieta Oosthuizen gekuier. Die span het lekker gesels oor Pieta Oosthuizen se boek, Deur die oë van 'n man.
|
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
|
Die Buiter ry snags (boek 5) In die spore van Jesus (Joel Beeke), in Afrikaans vertaal deur ds. Henning Dafel. Wil jy weet hoe ’n Christen moet dink en praat en leef om in Jesus se spore te volg? Dan is hierdie boek vir jou. Aan die hand van vier temas wys dr. Beeke jou hoe om ’n Bybelgetroue navolger van Christus te wees. Om die kroon van kindskap te beërwe, moet Christene by kruisdra begin, wat soms baie moeilik is. Jesus se aardse spore was van begin tot einde deur kruisdra gekenmerk. As Hý dit moes deurstaan, waarom nie ons nie? In die spore van Jesus – van kruis tot kroon wys Christene om, in die krag van die Heilige Gees, na die beeld van Jesus omvorm te word (vgl. Rom. 8:29). Mag hierdie boekie jou motiveer en inspireer om met groter oorgawe en gewilligheid ons Kruisdraer en Koning, Jesus Christus, na te volg. Hierdie boeke is ook op Kindle beskikbaar. |
|||||||||
|
|||||||||
|
Hier is foto’s van ons wennertjies wat elk ’n prys van Lig in Duisternis Uitgewers ontvang het.
|
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
|
|||||||||
![]() |
|||||||||
|
|||||||||