 |
|
|
|
God die digter
TT Cloete (1924-2015)
daar is meer poësie in die sneeuvlokkie
as in die letterkunde en baie meer poësie
in die miskruier in die toktokkie
in die meteorologie en entomologie
in die moremis en in die bergpiek
die horison wat in die hemel wegraak
in die rooswolk is daar baie meer liriek
die aarde is deur ’n digter gemaak |
 |
|
|
Kinders kan groot pryse wen met hul storie

Lig in Duisternis Uitgewers nooi jong skrywers landwyd uit om deel te neem aan Katteklets: Die katte van Kathu sit hul dorp oppi mêp-skryfkompetisie.
Hierdie unieke kompetisie bied kinders tussen 5 en 18 jaar die geleentheid om hul kreatiewe vaardighede te ontwikkel én mee te ding vir aantreklike prysgeld, met trots geborg deur AfriForum.
Die kompetisie is geïnspireer deur die gewilde kinderboek Die katte van Kathu sit hul dorp oppi mêp deur Adriaan Swanepoel, wat onder Skryfnet se top 10 jeugverhale van die eeu verskyn het. Kinders word uitgenooi om ’n oorspronklike storie te skryf waarin een van die boek se katkarakters die hoofrol speel.
Belangrike datums:
- Afskopdatum: 15 September 2025
- Sluitingsdatum: 3 November 2025
- Wenners aangekondig: 14 November 2025
Volledige besonderhede en inskrywingsvorm is hier beskikbaar.
|
 |
Ons webblad trek ’n nuwe baadjie aan
Ons is dankbaar en opgewonde om aan te kondig dat Lig in Duisternis Uitgewers se webblad ’n volledige herontwerp ondergaan het. Hierdie nuwe digitale tuiste is met ons lesers en ondersteuners in gedagte geskep Dit is eenvoudiger, vinniger en visueel meer doelgerig. Jy sal nou maklik jou gunstelingpublikasies kan bestel, met ’n gebruikersvriendelike uitleg. Alles is gestruktureer sodat jy vinnig kan vind waarna jy soek. Besoek gerus ons nuwe webblad en ervaar self die verskil. |
|
Boekbekendstelling: Steinaecker’s Horse: ’n Histories-Argeologiese rekonstruksie
Op 23 September het die bekendstelling van Steinaecker’s Horse: ’n Histories-Argeologiese rekonstruksie by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns plaasgevind. Ds. Johan Schütte was in gesprek met die outeur, prof. Anton van Vollenhoven.
Hierdie boeiende publikasie neem jou terug na ’n tyd toe die grond van die huidige Krugerwildtuin nog deur soldate, nie wild nie, betree is. Lank voor die leeus het Steinaecker’s Horse hul spore in die stof van oorlog getrap. Die boek bied ’n unieke blik op die militêre en argeologiese geskiedenis van die gebied, en onthul fasette van die verlede wat dikwels verborge bly.
Dit is beskikbaar teen slegs R430. Kry vandag nog jou kopie.

Boekuistalling: AP Kerk Kemptonpark
Ons was vandeesmaand by die AP Kerk Kemptonpark se basaar. Ons stal graag uit by skole, kerke of net daar waar jy ons wil hê. Indien jy belangstel, stuur gerus ’n e-pos na boekwinkel@liginduisternis.co.za

Saam met die varsheid van die lente, bring ons vir jou splinternuwe publikasies.
|
 |
Dr. Joel Beeke se boek Huisgodsdiens gee waardevolle raad en praktiese hulp aan gesinne wat saam in geloof wil groei. Dit is ’n bemoedigende gids vir elke huis wat ’n plek van gebed en aanbidding wil wees. Of jy pas begin met huisgodsdiens, of dit al deel is van julle roetine, hierdie boek help jou om dit met nuwe oortuiging en vreugde te doen.
Bestel nou jou kopie teen R85 en begin bou aan ’n geloofsgetuienis in jou eie huis. |
 |
Kerkgeskiedenis is belangrik. Hierdie boek wys hoe Christus deur die eeue sy kerk gebou het en mense tot geloof gelei het. Kerkgeskiedenis 101: Twintig eeue se hoogtepunte gee ’n kort oorsig van belangrike gebeure in die kerk se geskiedenis. Dit is geskryf deur drie kenners en is maklik om te lees.
Bestel nou jou kopie teen slegs R90 en leer meer oor hoe God deur die geskiedenis gewerk het. |
|
Redakteursforum
Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers en redakteur van die AP Kerk se kerkblad, Die Boodskapper, gesels van Liezil van der Schyff van PretoriaFM op Redakteursforum oor die September-uitgawe van Die Boodskapper.
Luister hier.

|
|
|
|
|
|
|
4 Oktober: Verkoping by AP Kerk Trans-Magalies (Springbokvlakteweg 141, Montana Landbouhoewes, Pretoria)
10 Oktober: Heldedag
11 Oktober: Die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog in 1899
11 Oktober: Die Switserse Kerkhervormer, Ulrich Zwingli, sterf op hierdie dag in 1531
31 Oktober: Hervormingsdag |
|
|
|
|
|
|
Verdien ʼn ekstra geldjie met Lig in Duisternis Uitgewers se handelaarsregistrasie.
Registreer as ʼn handelaar op ons webwerf en kry 15%-30% afslag op ons publikasies. Jy kan die publikasies teen die winkelprys verkoop en die handelaarsafslag as wins in jou sak steek.
Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie. Klik hier. |
|
|
|
Lees … enige plek, enige tyd!
|
|
|
|
|
Ons het ʼn verskeidenheid publikasies wat as e-boeke op Amazon beskikbaar is.
Laai gerus die Kindle-toep op jou selfoon, rekenaar of tablet af om ons verskeidenheid e-boeke te lees.
Klik hier om jou e-boekversameling aan te vul. |
|
|
|
Taalwenk van die Maand
|
Skryf ‘n resensie
|
|
|

Sommige woorde van vreemde herkoms (leenwoorde) kan volgens die oorspronklike spelling of die Afrikaanse spelwyse gespel word.
Dus is die spelling "belt" of "beld" korrek. |
|
|

Ons waardeer elke stem en elke stukkie terugvoer wat ons van ons lesers ontvang. Ons moedig jou graag aan om jou ervaring met ons te deel. Terugvoer dien as inspirasie en bemoediging vir ons hele span. Ons wil graag van jou hoor. Laat gerus vir ons ʼn resensie op ons webblad. |
|
|
|
|
Jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys per e-pos vir iemand stuur! Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.
|
|
|
Die Boodskapper
Lees hier om te sien wat die toepassing jou alles bied.
Laai gerus die toepassing by Google Play Store of Apple App store af.

|
 |
|
|