- Beskrywing
- Resensies (0)
- Amazon E-boek
Beskrywing
Vrywilligerseenhede was ’n algemene verskynsel tydens die Anglo-Boereoorlog en Steinaecker’s Horse was een hiervan. Die eenheid word as ’n onkonvensionele militêre eenheid beskryf en daar word ook aangedui dat die eenheid, in teenstelling met ander eenhede, hom nie aan die streng militêre dissipline gesteur het nie. Hoe het hierdie gebrek aan dissipline hul daaglikse lewenswyse beïnvloed en wat kan ons hieruit aflei? Steinaecker’s Horse: ’n Histories-Argeologiese rekonstruksie gee ’n kykie in die bestaan van hierdie vrywilligerseenheid. Historiese navorsing en argeologiese opgrawings van terreine in die Nasionale Krugerwildtuin wat deur Steinaecker’s Horse as kampe gebruik is, gee waardevolle inligting omtrent die eenheid se doen en late. Daarbenewens word die invloed wat die eenheid op die ontstaan van die wildtuin uitgeoefen het, ook bespreek. Hoewel historiese navorsing al oor verskeie vrywilligerseenhede gedoen is, word argeologiese data in hierdie werk aangewend om die storielyn aan te vul. Argeologiese artefakte en deeglike terreinopmetings verskaf ’n unieke blik op die vryetydsbesteding en daaglikse aktiwiteite van die soldate en bied ’n akkurate rekonstruksie van die eenheid se lewenswyse. Maak jou reg vir ’n geskiedkundige reis deur een van die merkwaardigste vrywilligerseenhede van sy tyd. Beleef die oorlogservaring van Steinaecker’s Horse deur die afbeeldings van die voorwerpe wat by hierdie terreine ontdek is.
Amazon E-boek
Amazon skakel: https://www.amazon.com/dp/B0FS7GZ19L



















Resensies
Daar is nog geen resensies nie.