- Beskrywing
- Resensies (0)
- Amazon E-boek
Beskrywing
Dek die tafel is ’n versameling keurresepte van Ons Tuis se inwoners. Dit is nie net ’n viering van ’n koserfenis nie, maar ook ’n rykdom van kosbare herinneringe oorgedra van geslag tot geslag. Hierdie resepteboek bied ’n skatkis van resepte vir elke fynproewer en maak die smaaksensasies en verhale agter vanmelewe se disse, ’n werklikheid. Van ou gunstelinge soos pannekoek en dadelvingers tot dekadente terte, heerlike beskuit en eenvoudige visgeregte – almal deurleefde smake om nuwe gunstelinge te word. Tradisionele soet- en southappies sal daardie onverwagte gaste vir nóg laat vra – om nie eens van die lekkerbekkige kleinkinders te praat nie! Pragtige volkleurfoto’s en stap-vir-stap-instruksies maak dié resepteboek bakkersgenot vir oud én jonk. Dek die tafel sal lesers op ’n nostalgiereis neem waar “smaakvollle maaltye” ’n heel nuwe betekenis kry. Kom reis saam met Ons Tuis se inwoners – van tafel tot tafel!
Amazon E-boek
Amazon skakel: https://amzn.to/3Ff5btK















Resensies
Daar is nog geen resensies nie.