Plaas media@liginduisternis.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

01 - 2023

Hoop wat nie beskaam nie

Tydens koning Charles III van Engeland se eerste Kersboodskap aan sy onderdane het hy nogal sterk op die tema van hoop gefokus. Wat teleurstellend was, is die rede wat hy voorgehou het waarom ons hoopvol kan wees. Hy moedig sy onderdane aan om hoop te put uit die inherente goedheid wat hy glo daar in elke mens is en wat ons in daaglikse dade van welwillendheid teenoor mekaar beleef. Ongeag iemand se godsdienstige agtergrond, sê hy, is dit hierdie soort goedheid waaruit ons moed kan skep. As hoof van die Anglikaanse Kerk het hy ’n gulde geleentheid deur sy vingers laat glip om Jesus Christus, die oorwinnaar oor die Bose en oor die dood, as die enigste hoop van die wêreld voor te hou.

Wanneer ons die nuwe jaar ingaan, is daar in baie mense se harte groot bekommernis oor wat voorlê. Hoeveel verval gaan ons hierdie jaar beleef? Hoeveel korrupsie gaan daar nog wees? Wat gaan die impak op ons sakke wees met ’n krimpende en steierende ekonomie? Vir hierdie soort bekommernis het ’n mens meer nodig as ander mense se sporadiese welwillendheid. Jy het ’n hoop nodig wat nie beskaam nie – ’n hoop wat nie bepaal of beïnvloed word deur die hier en die nou nie, maar wat die ewigheid in strek. Daardie hoop vind ons in Jesus Christus alleen. Dit is gevestig in sy heerskappy en die feit dat alle mag in die hemel en op aarde aan Hóm behoort (vgl. Matthéüs 28:18).

Hier by Lig in Duisternis Uitgewers is ons met blydskap uitdelers van hierdie hoop. Ons is deur die Koning van die kerk geroep en daarom sal ons ook gehoorsaam wees om hierdie boodskap van hoop onder elke volk en taal en nasie te verkondig.

ONTMOET DIE LIG IN DUISTERNIS-SPAN

Omdat dit altyd lekker is om ʼn gesig aan ʼn stem of ʼn e-posgeselsie te koppel, stel ons aan die begin van die nuwe jaar die Lig in Duisternis-span aan ons lesers bekend. Lees gerus op ons webwerf wat elkeen se gunsteling- Bybelvers is.

Schalk Strauss
Ds. Schalk Strauss is publikasiehoof en sorg dat die balle in die lug bly.
Charlotte  Möller
Charlotte Möller is ons subredakteur wat help om balle te vang én dat taal keurig en versorg is.
Melaney Langeveldt
Melaney Langeveldt is beslis een van ons “ligte” en hanteer die grafiese ontwerp.
Marius Gouws
Marius Gouws hanteer die multimedia-afdeling en maak lag-lag ʼn video!
 
Marli van Schalkwyk
Marli van Schalkwyk is een van Lig in Duisternis Uitgewers se nuwelinge wat ʼn groot deel van die administrasie sal oorneem.
Jaco Duvenhage
Jaco Duvenhage is pas aangestel as bestuurder van ons boekwinkel.
Albert Bierman
Albert Bierman is betrokke by die boekwinkel en kan jou presies vertel wat in elkeen van ons publikasies aangaan.
Rikus Grobler
Rikus Grobler sorg met die een hand dat bestellings in die boekwinkel noukeurig en betyds uitgevoer word. Met die ander hand help hy met grafiese ontwerpe.
 

Die vriendelike Lig in Duisternis-span sien daarna uit om in 2023 met ou en nuwe kliënte paaie te kruis! Kontak ons gerus.

 

UITSTALLINGS EN BEDRYWIGHEDE
GEDURENDE JANUARIE

Uitstallings

Op Maandag 23 Januarie sal Lig in Duisternis Uitgewers ’n stalletjie by die AP Akademie se jaarlikse teologiese dag hê. Dit vind plaas by die AP Kerk Pretoria-Oos, Glenwoodlaan 48, Lynnwood Glen. Kom maak gerus ’n draai en kyk wat op ons rakke is.

Bedrywighede

Lig in Duisternis Uitgewers vat hande met Solidariteit Helpende Hand

Op Woensdag 11 Januarie het ds. Schalk Strauss en Albert Bierman Lig in Duisternis verteenwoordig by die bekendstelling van Solidariteit Helpende Hand se skooltassieprojek by Laerskool Mayville in Pretoria. Dit is vir Lig in Duisternis Uitgewers ’n groot voorreg om vir so baie kinders hul eerste leesboek in die tassie te help sit.

HH_tassies

OORWEEG SÓ ‘N GESKENK

Het jy geweet jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys vir iemand per e-pos stuur?

Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.

AANLYN WINSKOPIES

Winskopies vir Januarie