Plaas media@liginduisternis.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

06 - 2023

Lig in Duisternis Uitgewers is opgewonde oor Verootmoedigingsondag (’n inisiatief wat in 2022 begin is), wat hierdie jaar op Sondag 23 Julie plaasvind.  Verootmoedigingsondag is 'n dag waarop ons as gelowiges verenig om ons harte voor God uit te stort, in nederigheid voor Hom te buig en ons sondes te bely.

In Jakobus 4:10 word ons aangemoedig om onsself voor die Here te verootmoedig en Hy sal ons verhoog. Dit is ’n pragtige belofte wat ons herinner dat ons verootmoediging en berou die pad na geestelike groei en herstel baan.

Mag God ons verhoor as ons Hom met opregte harte nader en mag ons ervaar dat Hy ons vergewe, herstel en op die pad van geregtigheid lei. Laat ons die vreugde en vrede wat uit verootmoediging voortspruit, ten volle omhels en dit uitstraal na die wêreld om ons. cc

Besoeke gedurende Junie

Junie was ’n spesiale maand vir Lig in Duisternis Uitgewers.

Op 1 Junie het ons by Solidariteit Helpende Hand se Helpende Kerke Kongres gekuier. 

Gedurende die eerste week van Junie het ons, in samewerking met AfriForum TV, Turkye (die destydse Klein-Asië) besoek om ’n dokumentêr oor die vroeë Christelike kerk saam te stel. Hou ons sosialemediablad oor die volgende paar weke dop! Ons sal nuus oor hierdie grootse projek daar deel.

Animated thumbnail for video

21 Junie staan as hoogtepunt in hierdie spesiale maand uit. Ons het die voorreg gehad om In die Spore van Jesus, die Afrikaanse vertaling van dr. Joel Beeke se Walking as He Walked(met dr. Beeke teenwoordig), bekend te stel. Die onderhoud en boekbekendstelling sal binnekort op ons YouTube-kanaal beskikbaar wees. 

Spesiale dae

Dagboek vir Julie

  • 23 – Verootmoedigingsondag
  • 24 – Lig in Duisternis Uitgewers se prysuitdeling

Boekfokus

Lig in Duisternis Uitgewers is verheug om In die spore van Jesus, ’n vertaling van dr. Joel R Beeke se boek Walking as He Walked, op ons rakke te hê. Die publikasie is ook as e-boek op Kindle beskikbaar.

Walking As He Walked is ’n versameling van vier lesings (geïnspireer deur 1 Johannes 2:6) wat dr. Beeke gelewer het.

Ds. Henning Dafel, wat die boek vertaal het, sê dat dit in hierdie boek regtig voel asof jy en dr. Beeke met ’n koppie koffie in die hand, saam deur groot, moeilike en seer vrae worstel. 

“Ek was maar nog altyd lief vir boeke en teoloë het altyd baie boeke,” sê hy. “In 2019 het ek die voorreg gehad om onder dr. Beeke te studeer. Daar het ek sy besonderse gawe beleef om groot waarhede aan die sondaar se siel toe te dien.”

Dr. Beeke is ’n gereformeerde Amerikaanse teoloog. Hy is leraar van die Heritage Reformed Congregation in Grand Rapids, Michigan, redakteur van Puritan Reformed Journal en Banner of Sovereign Grace Truth, redaksionele direkteur van Reformation Heritage Books, president van Inheritance Publishers, en visepresident van die Nederduitse Gereformeerde Vertaalgenootskap.

Dr. Beeke is skrywer en medeskrywer van meer as 'n honderd boeke, het 'n verdere honderd boeke geredigeer en sowat 2 500 artikels bygedra tot die skatkis van gereformeerde boeke, joernale, tydskrifte en ensiklopedieë.

In sy boek skryf dr. Beeke diep, maar nie moeilik nie; hy praat reguit, maar nie neerhalend nie. Die gevolg is dat jy groot gedagtes oor God op ’n baie persoonlike manier leer verstaan – veral deur die vier onderwerpe wat aangespreek word: “Jesus se kruis en myne”, “Jesus se amp en myne”, “Jesus se trane en myne”, “Jesus se volharding en myne”.

Dié boek, wat meer in die trant van ’n preek as ’n akademiese verhandeling geskryf is, is maklik om te lees en dit maak vinnig ’n impak. Dit is geestelik opbouend en inspirerend!

“Ek beveel hierdie boek ten sterkste aan vir enigeen wat begeer om die Here Jesus Christus na te volg en Hom in alle opsigte te weerspieël,” sê ds. Dafel. “Dit is ’n belangrike en waardevolle boodskap wat ons moet waardeer en ’n voorbeeld wat ons almal moet probeer navolg. Mag elkeen wat dit lees net soveel seën soos ek daaruit put.”

Boekfokus

Waar is jou sondes? deur JC Ryle, is ’n passievolle beroep op alle lesers om erns te maak met bekering en hul lewens opnuut aan Christus toe te wy. Ryle se woorde is ’n kragtige herinnering dat bekering nie ’n eenmalige besluit is nie, maar ’n lewenslange proses van heiligmaking. 

Hy praat oor die aard van bekering, die noodsaaklikheid daarvan en die motivering wat ons het om ons te bekeer. Ryle herinner ons daaraan dat ons sondes ons van God skei en dat ons slegs deur geloof in Jesus Christus gered kan word. Hy gee ook praktiese raad oor hoe ons ons lewens as Christene kan leef. Ons word opgeroep tot verootmoediging en daaraan herinner dat ons geregtigheid net in Christus gevind kan word.

Hierdie publikasie vorm deel van Lig in Duisternis Uitgewers se inisiatief met die oog op Verootmoedigingsondag 2023. Die Uitgewer beoog om op Sondag 23 Julie weer soveel moontlik Suid-Afrikaners (ongeag kerkverband) op te roep om deur verootmoediging terug te draai na God. Die Uitgewer se hoofdoel is om die Evangelie te verkondig en daarom poog hy om alle Suid-Afrikaanse kerke en alle Christene aan te spoor om op 23 Julie dieselfde preek te gebruik.

Indien u graag hierdie preek in u gemeente wil preek, of op Sondag 23 Julie daarna wil luister, kan u hier klik vir meer inligting.s

Aanlyn winskopies

Loer gerus op ons webwerf om jou kopie van die volgende spesiale aanbiedinge aan te skaf.

Pitkos

Daleen Pienaar se liefde vir ons Skepper en sy Woord, kom duidelik na vore in haar woordblokboek, Pitkos tot nadenke.

Die woordblokke poog om Bybelse hoogtepunte toe te lig. Elke deelnemer sal pitkos kan delf uit hierdie alledaagse tydverdryf.

Sommige woordblokke verg meer naslaanwerk, aangesien daar nie altyd maklike, klinkklare antwoorde is nie. Die liefde vir die Woord van God kleur egter ons lewens in verskeie skakerings, wat die soekwerk deurgaans die moeite werd maak. Iemand het geskryf: “We cannot force someone to hear a message they are not ready to receive. But we must never underestimate the power of planting a seed.”

Elke woord wat gebruik word, moet samehangend met die ander, ’n groter betekenis dra as net “lettergroepe in selle”, omdat die Here deur ’n klein “lampie” sy lig helder kan laat skyn. Die psalmdigter gee ’n gepaste beskrywing hieroor: Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig (Ps. 119:130).

Taalwenk van die Maand

Oorweeg só 'n geskenk

 

 

Jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys per e-pos vir iemand stuur! Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.