![]() |
||||||||||
|
||||||||||
|
My hart loop oor van dankbaarheid na afloop van Lig in Duisternis Uitgewers se aksie: Verootmoedigingsondag – 'n veldtog wat ons hierdie maand met groot sukses kon volvoer! Kerke van regoor Suid-Afrika het op 23 Julie deelgeneem aan Verootmoedigingsondag deur die preek "Waar is jou sondes?" van JC Ryle, vertaal deur ds. Henning Dafel, te preek. Ten spyte van die feit dat ek vooraf die preek deurgelees en telkemale teruggegegaan het om weer daarna te kyk as deel van die beplanning, was dit steeds vir my baie spesiaal om op Verootmoedigingsondag in die kerk na die preek te kon luister. Ek is weer opnuut herinner aan die belangrikheid van bekering en die toewyding wat God van ons verwag. Lig in Duisternis Uitgewers is bevoorreg om 'n rol te kon speel in die eensgesindheid onder gelowiges rakende die verspreiding van hierdie lewensnoodsaaklike boodskap. Mag ons elke dag herinner word aan die krag van verootmoediging, bekering en die noodsaaklikheid om ons harte opnuut aan Christus toe te wy. Laat ons saam hierdie boodskap lééf, nie net op Verootmoedigingsondag nie, maar elke dag en op elke terrein van ons lewens. |
||||||||||
![]() |
||||||||||
Gebeure |
||||||||||
Lig in Duisternis Uitgewers het Maandag 24 Julie sy jaarlikse prysuitdelingsfunksie in Pretoria aangebied. Die doel van hierdie geleentheid is om erkenning te gee aan skrywers van regoor die land (vanjaar ook uit Namibië), wat uitmuntende bydraes in verskeie kategorieë gelewer het. Die beoordelaarspaneel was weereens baie beïndruk met die uitsonderlike kwaliteit van publikasies in elke kategorie. Die wenners is Maandagoggend om 10:30 tydens die prysuitdelingfunksie by die AP Kerk Pretoria-Oos aangekondig. Benewens die erkenning van wenners in elk van die vier kategorieë, asook 'n algehele wenner, is spesiale vermeldings toegeken aan ander uitstaande skrywers wat opmerklike talent en toewyding getoon het. Spesiale vermeldings: DESEMBER 2021/JANUARIE 2022-UITGAWE FEBRUARIE 2022-UITGAWE |
||||||||||
|
||||||||||
Kategoriewenners: |
||||||||||
|
||||||||||
|
||||||||||
|
||||||||||
|
||||||||||
|
Oefen jou brein terwyl jy God se woord bestudeer met die splinternuwe publikasie Pitkos tot Nadenke. “Hierdie werk het my soveel nader aan God en sy Woord gebring. Ek bid jou dieselfde toe.” - Daleen Pienaar, skrywer van Pitkos tot Nadenke. Die woordblokke poog op ’n beskeie manier om sommige van hierdie Bybelse hoogtepunte toe te lig. Elke deelnemer sal pitkos kan delf uit hierdie alledaagse tydverdryf. Sommige woordblokke verg meer naslaanwerk, aangesien daar nie altyd maklike, klinkklare antwoorde is nie. Die liefde vir die Woord van God kleur egter ons lewens in verskeie skakerings, wat die soekwerk deurgaans die moeite werd maak. Iemand het geskryf: “We cannot force someone to hear a message they are not ready to receive. But we must never underestimate the power of planting a seed.” Maar belangriker: Elke woord wat gebruik word, moet samehangend met die ander, ’n groter betekenis dra as net “lettergroepe in selle”, omdat die Here deur ’n klein “lampie” sy lig helder kan laat skyn. Die psalmdigter gee ’n gepaste beskrywing hieroor: Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig (Ps. 119:130). |
||||||||||
|
||||||||||
|
||||||||||
|
||||||||||
|
||||||||||
![]() |
||||||||||
|
||||||||||