![]() |
||||||
|
||||||
|
ʼn Boodskap van hoop en lewe Paasfees is die kern van ons geloof – ʼn tyd van diep nadenke, ontsag en onmeetlike vreugde. Dit herinner ons daaraan dat Jesus Christus die pad van lyding en vernedering gestap het, maar dat dit nie die einde van sy verhaal is nie. Die leë graf verkondig die grootste oorwinning van alle tye. Die dood is oorwin en lewe in oorvloed is gewaarborg vir almal wat in Hom glo. In ʼn wêreld gevul met gebrokenheid, vervolging en uitdagings, bring Paasfees vir ons die sekerheid dat hoop nie net ʼn verlange is nie, maar ʼn lewende werklikheid in Christus. Soos die grafklip weggerol is, word ons harte bevry van wanhoop, vrees en sonde, en uitgenooi om in die lig van sy genade te wandel. Mag hierdie Paasfees vir jou ʼn tyd van vernuwing en dankbaarheid wees. Mag jy die diepte van God se liefde ervaar, die krag van Jesus se opstanding in jou lewe sien, en met nuwe moed die pad vorentoe stap. Die Here leef – en daarom het ons hoop! Geseënde Paasfees! |
||||||
![]() |
||||||
|
||||||
|
Boekuitstallings Lig in Duisternis Uitgewers het op 1 Maart by vanjaar se Majuba Fees en op 14 Maart by BCVO se landswye atletiekbyeenkoms ʼn verskeidenheid boeke uitgestal. Ons stal graag uit by skole, kerke of net daar waar jy ons wil hê. Indien jy belangstel, stuur gerus ʼn e-pos na boekwinkel@liginduisternis.co.za Boekuitstalling by Majuba Fees
Die LIDU-stalletjie by BCVO se landswye atletiekbyeenkoms
Boekbespreking tydens #HelpendeKerke-kongres Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers, het tydens vanjaar se #HelpendeKerke-kongres op 27 Maart wat by die Aros-kampus aangebied is, waardevolle insigte uit die boek van Yavor Rusinov, Ewige beginsels om suksesvolle kinders groot te maak, gedeel. Die fokus van vanjaar se #HelpendeKerke-kongres is die hart van die samelewing, naamlik die gesin – spesifiek die welstand van gesonde gesinne. Die inspirerende ouerskaphandleiding sluit dus mooi aan by die tema en rus ouers toe om kinders nie net vir môre groot te maak nie, maar op te voed en só gereed te maak vir die toekoms.
Die krag van gebed.
Gebed is die vernaamste deel van die dankbaarheid wat God van ons vra. JC Ryle se boek, Bid jy? (Engels: A Call to Prayer), wat deur Lig in Duisternis Uitgewers vertaal is, is ʼn kragtige hulpmiddel om gelowiges te help om in hul gebedslewe te groei en ʼn dieper verhouding met God te hê. In 1 Thessalonicense 5:17 wys Paulus ons daarop dat ons sonder ophou moet bid. Ons moet ʼn voortdurende bewussyn van sy teenwoordigheid hê en Hom by ons gedagtes, dade en besluite betrek. “Om te bid” klink dikwels so maklik: Ons sluit net ons oë en praat met die Here. Maar tog worstel talle gelowiges met gebed. Wat hoort in ons gebede, en wat moet ons bid sodat ons ʼn diepgaande gesprek met die Here kan hê? Die Bybel wys vir ons dat gebed op verskeie maniere plaasvind. Lees die volledige artikel hier.Dis weer kompetisietyd by Lig in Duisternis Uitgewers!
Is daar boekwurms van 8 tot 10 jaar in jou huis? Moedig hulle aan om ter viering van Wêreldboekedag op 23 April, hul liefde vir lees met ons te deel en staan die kans om ʼn Idiomepret-bordspeletjie ter waarde van R450 te wen. So neem jy deel:
| ||||||
|
||||||
|
Bou ʼn sterk fondasie vir jou kind met twee kragtige handleidings! Luister gerus na ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers, se onderhoud op Pretoria FM oor dié twee inspirerende boeke. Moenie hierdie waardevolle geleentheid misloop nie. Bestel jou eksemplare vandag nog en begin die reis na ʼn Christelike gesinslewe wat op vaste beginsels gebou is! Ewige beginsels om suksesvolle kinders groot te maak deur Yavor Rusinov – R240 Bestel jou kopie hier. Herderskap van ʼn kinderhart deur Tedd Tripp – R260 Bestel jou kopie hier. |
||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
|
||||||
| ||||||
![]() |
||||||
|