Plaas media@liginduisternis.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn weergawe.

05 - 2026

Winternag
Eugène Marais

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ‘n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk’ grashalm se vou
blink ‘n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!

Gebeure

Lig in Duisternis Uitgewers stel Borg ’n Boek-veldtog bekend

Lig in Duisternis Uitgewers (LIDU) kondig graag die die bekendstelling van sy Borg 'n Boek-veldtog aan. Besighede, organisasies en maatskappye word uitgenooi om finansieel by te dra tot die daarstelling van nuwe Afrikaanse en Christelike publikasies.

Afrikaanse en Christelike literatuur staan onder toenemende druk. Publikasiekoste styg, die mark is klein en talle waardevolle stemme is stil, nie omdat die boodskap ontbreek nie, maar omdat die middele ontbreek. LIDU se Borg ’n Boek-veldtog is ’n direkte antwoord op hierdie uitdaging.

Borgskap by LIDU is meer as ’n finansiële transaksie. Wanneer ’n organisasie ’n boek borg, word hy ’n deelnemer aan iets blywends. ’n Boek bereik gesinne aan etenstafels, predikante in studeerkamers, jongmense op soek na hul wortels en bejaardes op soek na troos. Dit vorm die denke van leiers. Dit gaan van hand tot hand, van geslag tot geslag.

Vir organisasies wat in die Afrikaanse gemeenskap wortelskiet of daarin handeldryf, bied die vennootskap iets wat advertensies selde kan: geloofwaardigheid. Die gemeenskap sien wie LIDU se hande sterk, en onthou dit.
As borgvennoot ontvang ’n organisasie die volgende voordele:

  1. Naam en handelsmerk prominent in die gepubliseerde boek
  2. Handelsmerk word op www.liginduisternis.co.za vertoon
  3. Toegewyde ruimte in LIDU se nuusbrief
  4. Erkenning tydens die publikasie se bemarkingsveldtog
  5. ’n Toegewyde advertensie op LIDU se sosialemediakanale

Borgopsies is beskikbaar teen R10 000, R30 000, R50 000 en R100 000.

“LIDU het reeds bewys dat kwaliteit, Bybelgetroue Afrikaanse publikasies ’n mark het en ’n verskil maak. Ons nooi organisasies uit om deel van dié verhaal te wees, nie as skenkers nie, maar as vennote met ’n naam op die bladsy en ’n erfenis in die gemeenskap. Sommige beleggings lewer wins. Hierdie belegging lewer betekenis,” aldus ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers.

Besoek die veldtogwebbladsy vir meer inligting.


Geskenkidee vir Vadersdag

Deur die oë van ’n man
In hierdie bundel jagverhale kom die skrywer se liefde vir jag en die natuur duidelik na vore. Behalwe vir sy eie jagervarings, gee hy die leser ook ’n kykie in sy pa se dagboek.

Die belydenisse van Augustinus
Ontdek in hierdie persoonlike reis en eerlike getuienis van die kerkvader Augustinus, hoe God se genade die mees geharde sondaar kan red.

Huisgodsdiens
’n Pastorale gids wat gesinne oproep tot gereelde en passievolle huisgodsdiens, met praktiese antwoorde op besware en uitdagings.


Uitstalling

Lig in Duisternis Uitgewers het op 16 Mei by die Dopperspele uitgestal. Dit het op die terrein van Gereformeerde Skool Dirk Postma plaasgevind.


Kyk: ’n Spesiale Moedersdag

Ter viering van Moedersdag het Lig in Duistersnis Uitgewers se publikasiehoof, ds. Schalk Strauss, by sy ma, Marita Strauss, gaan aanklop. Sy is ma van vyf seuns en ouma van veertien kleinkinders. Hulle het gesels oor die hart, vreugdes en uitdagings van moederskap. Sy het haar lewenswysheid gedeel.

Kyk hier.


Nuwe publikasies
Paulus se groot brief deur J Aaron White is nou in Afrikaans beskikbaar.

Het jy al ooit gewens dat jou kind Romeine regtig kon verstaan? Hierdie boek is die antwoord! Met kindervriendelike taal, pragtige illustrasies en praktiese vrae aan die einde van elke hoofstuk, word Paulus se diepste waarhede nou toeganklik vir kinders tussen 8 en 12 jaar.

Dit is die hulpmiddel waarna ouers, grootouers, predikante en onderwysers al lank uitsien.

Koop jou eksemplaar vandag teen R150.

Die belydenisse van Augustinus, uit Latyn vertaal deur Jan Scholtemeijer, is nou beskikbaar. Augustinus het niks weggesteek nie – nie sy sonde nie, nie sy soeke na vrede nie en ook nie sy uiteindelike bekering nie.

Koop hierdie publikasie teen slegs R350.


Redakteursforum

Ds. Schalk Strauss, publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers en redakteur van die AP Kerk se kerkblad, Die Boodskapper, gesels met Liezil van der Schyff van PretoriaFM op Redakteursforum oor die jongste uitgawe van Die Boodskapper.

Luister hier.

Luister hier ▶


Die Boodskapper

Lees hier om te sien wat die toepassing jou alles bied.

Laai gerus die toepassing by Google Play Store of Apple App store af.

Winskopies

Spaar heerlik met merkwaardige pryse in Junie.

Dagboek

16 Junie: Konsentrasiekampdag
21 Junie: Vadersdag
27 Junie: AP Kerk se 39ste bestaansjaar

Skrywer van die maand

Prof. Anton Carl van Vollenhoven is ’n bedrewe navorser. Hy het verskeie grade in Argeologie, Geskiedenis en Kultuurgeskiedenis cum laude verwerf. Tans is hy ’n erfeniskonsultant en direkteur van Archaetnos Argeoloë. Hy is ook buitengewone professor in Geskiedenis aan die Noordwes-Universiteit. Tussen 2002 en 2007 dien hy as adjunkbestuurder van Museums en Erfenis by die Stad Tshwane. Hy dien ook op die rade van verskeie vakwetenskaplike verenigings en instansies soos museums en erfenisowerhede. Hy is tans onder meer lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Geskiedeniskommissie. Anton het ’n NRF C2-navorsingsgradering en is die skrywer van 47 wetenskaplike en 66 populêre artikels en meer as 1 232 ongepubliseerde navorsingsverslae. Hy is outeur van 14 boeke en het reeds meer as 89 referate by nasionale en internasionale kongresse gelewer.

Koop Steinaecker’s Horse: ’n Histories-Argeologiese rekonstruksie hier.

Handelaarsregistrasie

Verdien ʼn ekstra geldjie met Lig in Duisternis Uitgewers se handelaarsregistrasie.

Registreer as ʼn handelaar op ons webwerf en kry 15%-30% afslag op ons publikasies. Jy kan die publikasies teen die winkelprys verkoop en die handelaarsafslag as wins in jou sak steek.

Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie. Klik hier.

Lees … enige plek, enige tyd!

Ons het ʼn verskeidenheid publikasies wat as e-boeke op Amazon beskikbaar is.

Laai gerus die Kindle-toep op jou selfoon, rekenaar of tablet af om ons verskeidenheid e-boeke te lees.

Klik hier om jou e-boekversameling aan te vul.

Taalwenk van die Maand

"Vrae" is die meervoud van "vraag" en 'n selfstandige naamwoord. Dit verwys na die vrae wat gestel word.

"Vra" is 'n werkwoord en verwys na die aksie om 'n vraag te stel.

Skryf ʼn resensie

Ons waardeer elke stem en elke stukkie terugvoer wat ons van ons lesers ontvang. Ons moedig jou graag aan om jou ervaring met ons te deel. Terugvoer dien as inspirasie en bemoediging vir ons hele span. Ons wil graag van jou hoor. Laat gerus vir ons ʼn resensie op ons webblad.

Jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys per e-pos vir iemand stuur! Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.