Die geleentheid
Dra finansieel tot Afrikaanse literatuur by
Besighede, organisasies en maatskappye het nou die geleentheid om finansieel by te dra tot die daarstelling van Afrikaanse publikasies op eie bodem wat ’n wesenlike invloed op ons samelewing kan hê.
Afrikaanse literatuur, insluitend dié van ’n Christelike aard, staan tans onder druk. Publikasiekoste styg, die mark krimp en talle waardevolle stemme is stil, nie omdat die boodskap ontbreek nie, maar omdat die middele ontbreek.
Wanneer u ’n boek borg, lewer u meer as ’n finansiële bydrae. U word ’n deelnemer aan iets blywends terwyl u help bou aan ’n gesonde samelewing!
Waarom borgskappe saakmaak
’n Belegging in betekenis
’n Boek bereik gesinne aan etenstafels, predikante in studeerkamers, jongmense op soek na hul wortels en bejaardes op soek na troos. Dit vorm die denke van leiers. Dit gaan van hand tot hand, van geslag tot geslag.
Vir organisasies wat in die Afrikaanse gemeenskap wortel skiet of daarin handel dryf, bied hierdie vennootskap iets wat advertensies selde kan: geloofwaardigheid. Die gemeenskap sien wie help om ons hande te sterk en onthou dit.
LIDU het reeds bewys dat kwaliteit Afrikaanse publikasies ’n mark het en ’n verskil maak. Ons nooi u uit om deel van dié suksesverhaal te word, nie as ’n skenker nie, maar as ’n vennoot met ’n naam op die bladsy en ’n nalatenskap in die gemeenskap.
Sommige beleggings lewer wins. Hierdie belegging lewer betekenis en vorm die toekoms.
Borgvennoot voordele
Wat u as borgvennoot ontvang
By Lig in Duisternis Uitgewers glo ons dat ’n vennootskap wedersyds voordelig moet wees. As borg van ’n LIDU-publikasie, ontvang u die volgende:
U organisasie se naam en logo verskyn prominent voor in die gepubliseerde boek, ’n blywende erkenning wat saam met elke eksemplaar van boekrak tot boekrak reis.
U logo word vertoon op www.liginduisternis.co.za, ’n platform wat deur ’n wêreldwye Afrikaanse leserskring besoek word.
U ontvang eenmalig toegewyde ruimte in ons nuusbrief wat direk aan ’n betrokke en lojale leserskring gestuur word. Dit is 'n geleentheid om u boodskap aan mense wat reeds luister, te bring.
Wanneer ’n nuwe boek bekendgestel word, is dit ’n geleentheid vir blootstelling. As borgvennoot word u naam en bydrae erken as deel van dié viering in alle kommunikasie rondom die bekendstelling.
U ontvang een toegewyde advertensiepos op LIDU se sosialemediakanale, ’n gewaardeerde ruimte wat reeds vertroue inboesem, en wat u organisasie direk aan ons ondersteuners bekendstel.
Borgopsies
Kies u vlak van betrokkenheid
Sommige beleggings lewer wins. Hierdie belegging lewer betekenis en vorm die toekoms.
Plan van aksie
Indien u van die geleentheid gebruik wil maak, meer inligting wil hê of ’n afspraak wil reël, stuur ’n e-pos aan ons. Ons kom sien u graag.
Kontak ons
Monumentpark
