Plaas media@liginduisternis.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn weergawe.

07 - 2026

Geplant in die winter

Daar is gewasse wat net in die winter geplant kan word. Hulle het die koue nodig om saadontwikkelking te stimuleer. Sonder die winterkoue, kan daar nie ’n oes wees nie.

So is dit ook met ons.

Die winter in jou lewe, tye wanneer jou hart kaal en koud voel, is nie ’n verlore seisoen nie. Dit is die plantseisoen.

Dit is waar ontkieming plaasvind, diep onder die oppervlak waar niemand dit sien nie, maar waar alles voorberei word vir wat kom.

Moenie stagneer nie. Bly by die Woord, want dit is die broodnodige koue, soos by sommige graansoorte, wat jou laat groei om uiteindelik vrug te dra .

Hy sal wees soos ’n boom wat by waterstrome geplant is, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. (Ps. 1:3)

Bly geplant en gewortel. Jou somer kom.

Algemeen

Nuwe publikasies

Apie is terug! Hierdie keer kan sy wel mooi stilsit, maar sy kou langtand aan groente. Ná die eerste ATIESJOE! leer sy egter dat haar lyfie die vitamiensoldaatjies nodig het om haar gesond te hou.

Die apie wat nie groente wou eet nie, geskryf deur Marjan van der Kamp,is die tweede boek in die Apie-reeks. Dit sal die jongspan aanspoor om vinnig-vinnig die groente op hul borde te eet.
Koop die boek teen slegs R150.

Maak reg vir ure se genot met Volg die voetspore van die Bybel, saamgestel deur Daleen Pienaar.Hierdie aktiwiteitsboek neem lesers op ’n ontdekkingsreis saam met karakters uit die Skrif. Die raaisels sluit onder andere in: soekwoorde, voetspoorblokke, kodeblokke, woordblokke, blitsblokke en pasmaakts, asook inkleurpret met die psalms. Trek jou Bybel nader en maak jou potlode skerp! Koop die boek teen slegs R150.


Ontmoet die skrywer van Paulus se groot brief

U het die geleentheid om na die onderhoud met John Aaron White, die skrywer van Paulus se groot brief, te kyk. Die boek is deur Lig in Duisternis Uitgewers in Afrikaans vertaal en gepubliseer. White vertel onder meer in die onderhoud oor die volledige reeks, en sy verwagtinge oor wat hierdie publikasie vir die Afrikaanse lesersmark sal beteken.

Paulus se groot brief is ’n prettige, boeiende en maklik verstaanbare reis deur die boek Romeine vir kinders van 8 tot 12 jaar. Koop die publikasie hier.

Kyk die volledige onderhoud hier.


Bybelmaand in Augustus

Die eerste Afrikaanse Bybel het op 26 Augustus 1933 verskyn. Dit beteken dat ons vanjaar 93 jaar van die Afrikaanse Bybel vier! Augustus is dus Bybelmaand en Lig in Duisternis Uitgewers gee graag 10%-afslag op geselekteerde Bybels. Besoek ons webblad of boekwinkel om te sien of jou gunsteling-Bybel beskikbaar is.


Redakteursforum

Ds. Schalk Strauss, Publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers en Redakteur van die AP Kerkverband se kerkblad, Die Boodskapper, gesels met Liezil van der Schyff van Pretoria FM op Redakteursforum oor die jongste uitgawe van Die Boodskapper.

Luister hier.

Luister hier ▶


Die Boodskapper

Lees hier om te sien wat die toepassing jou alles bied.

Laai gerus die toepassing by Google Play Store of Apple App store af.

Winskopies

Die volgende aangename winskopies wag vir Augustus.

Dagboek

9 Augustus: Nasionale Vrouedag
14 Augustus: Die Genootskap van Regte Afrikaners is op hierdie dag in 1875 gestig. Dit word beskou as die beginpunt van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging.
23 Augustus: St. Bartholomeusnag het op hierdie nag in 1572 ’n aanvang geneem en tot die volgende dag geduur. Dit was die begin van ’n grootskaalse uitwissing van Franse Hugenote.
26 Agustus: Die eerste volledige Afrikaanse Bybel verskyn op hierdie dag in 1933.

Skrywer van die maand

Jannie Bisschoff is in Polokwane gebore en het in 2004 sy BTh studies aan die AP Akademie voltooi. Sedert daardie tyd was hy bevoorreg om as predikant van vier gemeentes te dien. Hy woon tans saam met sy vrou en twee dogters in Upington, waar hy ’n wye gebied bedien. Dit is sy begeerte om die Woord van die Here op só ’n wyse oor te dra, dat groot en klein dit kan verstaan en die Woord mense lewendig en kragtig in hul verhouding met God kan begelei.

Koop Het jy My waarlik lief?, ’n Bybelstudie uit die boek Maleági wat die deurdringende vraag na ons liefde vir God aan die orde stel.

Uittreksel van die maand

Die volgende aand, ’n Saterdagaand, besluit die katte om by die dorp se hotel te gaan rap. Maar ook daar was hulle nie welkom nie. Kattemaai en Katskiet het blykbaar die vorige week skandes gemaak ... En die Sondagoggend, toe hulle gestewel en gespoor by die kerk opdaag om te rap, word hulle sommer weer in hul katspore gestop. “Die buurdorp se kerkkoor sing vanoggend hier,” sê die koster ewe vroom.

“Hoe gaan ons die dorp oppi mêp sit as niemand ons ’n kans wil gee nie?” sug Katastrofe moedeloos.

“Ons moet uit die boks dink,” antwoord Kattebak.

“Ja,” sê Katkiseer, “ons moet ‘nuut’ dink. Ons moet nuwe, slimmer planne maak.”

Koop jou eksemplaar hier.

Borg ’n Boek by Lig in Duisternis Uitgewers

Lig in Duisternis Uitgewers bied besighede, organisasies, maatskappye en individue ’n unieke geleentheid om deel te wees van iets blywends. Wanneer u ’n boek borg, word die boodskap van hand tot hand en van geslag tot geslag gedra.

As borgvennoot ontvang u erkenning in die gepubliseerde boek, blootstelling op ons webtuiste, ruimte in ons nuusbrief, erkenning tydens die boekbekendstelling en ’n toegewyde plasing op ons sosialemediakanale. Dit is ’n vennootskap wat geloofwaardigheid bou, want die gemeenskap sien wie ons hande sterk en onthou dit.

Sommige beleggings lewer wins. Hierdie belegging lewer betekenis en vorm die toekoms.

Besoek ons webblad indien u belangstel of stuur ’n boodskap aan hoof@liginduisernis.co.za.

Handelaarsregistrasie

Verdien ʼn ekstra geldjie met Lig in Duisternis Uitgewers se handelaarsregistrasie.

Registreer as ʼn handelaar op ons webwerf en kry 15%-30% afslag op ons publikasies. Jy kan die publikasies teen die winkelprys verkoop en die handelaarsafslag as wins in jou sak steek.

Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie. Klik hier.

Lees … enige plek, enige tyd!

Ons het ʼn verskeidenheid publikasies wat as e-boeke op Amazon beskikbaar is.

Laai gerus die Kindle-toep op jou selfoon, rekenaar of tablet af om ons verskeidenheid e-boeke te lees.

Klik hier om jou e-boekversameling aan te vul.

Taalwenk van die Maand

Die afkappingsteken of apostroof word elektronies soos 'n "9" of met 'n reguit streep geskryf. Indien dit soos 'n "6" geskryf word, word dit as 'n punktuasiefout geag.

Bron: AWS

Skryf ʼn resensie

Ons waardeer elke stem en elke stukkie terugvoer wat ons van ons lesers ontvang. Ons moedig jou graag aan om jou ervaring met ons te deel. Terugvoer dien as inspirasie en bemoediging vir ons hele span. Ons wil graag van jou hoor. Laat gerus vir ons ʼn resensie op ons webblad.

Jy kan ʼn Lig in Duisternis-geskenkbewys per e-pos vir iemand stuur! Koop jou geskenkbewys hier en bederf iemand op ʼn spesiale manier.