Ter viering van Lig in Duisternis Uitgewers se nuutste publikasie, Die avonture van ApPelKie die muis: Exodus tot Deuteronómium (Boek 2), hou ons ‘n opwindende kompetisie wat jou die geleentheid bied om Die Avonture van ApPelKie die muis: Génesis (boek 1) én die splinternuwe boek 2 van hierdie kleurvolle en Bybelgetroue kinderboekies te wen.

Appelkie die muis is ‘n baie nuuskierige klein muisie wat soms dapper, soms bang en soms selfs ‘n bietjie stout kan wees. Appelkie is baie lief vir die Here en volg die verhaal van God dwarsdeur die Bybel. Hy word egter nie duisende jare oud nie, maar in die opeenvolgende muisgeslagte is daar telkens ‘n Appelkie wat saam met die Bybelkarakters die handelinge van die Here beleef en daaruit leer wie God is, wat Hy doen en wat Hy van almal verwag.

Appelkie die muis sal vir 30 dae êrens op Lig in Duisternis Uitgewers se webblad wegkruip. Hy skuil dalk op die tuisblad, agter ‘n boek in die kinderafdeling, of in die hoekie van die Kontak Ons-blad. Klik dadelik op Appelkie as jy hom op die webblad raaksien, vul jou e-posadres in en word outomaties ingeskryf vir die kompetisie om boek 1 én 2 van Die avonture van ApPelKie die muis, te wen.

Die vyf gelukkige persone wat gedurende die verloop van 30 dae die meeste keer op Appelkie die muis geklik het, sal op 30 April as wenners van Lig in Duisternis Uitgewers se kompetisie, “Waar’s Appelkie die muis?” op ons Facebook-blad bekendgemaak word.

Boek 1 en 2 is nou in Lig in Duisternis Uitgewers se boekwinkel in Makoustraat 516, Monument Park, Pretoria, beskikbaar.

Die avonture van ApPelKie die muis (Boek 1 en 2), kan ook op Lig in Duisternis Uitgewers se webwerf gekoop word. Dit is ook as e-boek op Amazon beskikbaar.

Waar’s Appelkie die muis?

Appelkie